Besetters sak toe op grond in Pta-Oos

Foto: Facebook via Ernst Botha.

ʼn Groep mense het glo Sondagmiddag probeer om ʼn munisipale padreserwe in Faerie Glen in Pretoria-Oos te beset.

Ernst Botha, wyksraadslid, het gesê die voorval het in Plastonstraat plaasgevind. Gemeenskapslede het volgens hom by die toneel opgedaag om die mense wat beweer dat hulle die eienaars van die grond is te ontmoet nadat die besetters begin bou en glo ʼn onwettige waterverbinding op die stuk grond aangebring het.

“Dit was waarskynlik om die bouwerk meer eg te laat lyk,” het Botha op Facebook laat hoor.

Botha het die burgemeesterskomiteelid én die voorsitter van paaie en vervoer genader en hulle het aan hom bevestig dat geen munisipale grond aan dié “eienaars” verkoop is nie.

“Ek het die vergadering onderbreek en gesê ons kan nie met skelms wat grond gryp, redeneer nie en indien hulle nie die teendeel kan bewys nie, moet hulle van die grond af padgee. Die grondgrypers, wat in daardie stadium nog baie diplomaties was, het toe hul ware kleure en bedoelings gewys,” het Botha gesê.

Volgens Botha is die gemeenskap gedreig dat hul huise afgebrand en hulle vermoor sal word. “Daar was ʼn paar onderonsies tussen die grondgrypers en die gemeenskap wat lede van die Tshwane-metropolisie (TMPD) en die polisie moes ontlont.”

ʼn Onderhandelaar het daarna glo vir Botha gevra om die gemeenskap sover te kry om in te stem tot ʼn vergadering later vandeesweek anders sou hulle nie die grond verlaat nie.

“Ek het vir hom [die onderhandelaar] gesê as hulle nie loop nie, kan ek nie verantwoordelik gehou word vir enige moontlike optrede van die gemeenskap af nie.”

Luidens Botha is die besetters sowat 15 minute later van die toneel weg, sommige volgens hom in ʼn Mercedes-Benz en ʼn Range Rover, en het hulle geskree dat hulle die grond met mag sal afvat.

Volgens Botha sou die TMPD se grondbetredingseenheid die omgewing skoongemaak het en die polisiëringsforum ook die omgewing patrolleer om die veiligheid van die inwoners te verseker.

Botha het gemeenskapslede gemaan om by hul plaaslike GPF aan te sluit, by ʼn gemeenskap-WhatsApp-groep in te skakel en ʼn persoonlike verhouding met hul plaaslike veiligheidsmaatskappye te bou.

ʼn Plaaslike polisiewoordvoerder het navrae na die TMPD of provinsiale polisie verwys. Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die TMPD, het onderneem om kommentaar te lewer, maar het ten tyde van publikasie steeds geen inligting verskaf nie.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder van die polisie, was ook nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie. Kommentaar sal sodra dit ontvang word by die berig bygewerk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Moord en Roof ·

Nou daar het jy dit nou – dit gaan nie oor enige boerdery nie – dit gaan oor moord en roof en gryp.

Gerhard ·

Hier kom nog oorlog oor hierdie grond kwessie!
“Watch this Space”

Penellope Jones ·

Ontbied die ANC en die EFF wat hierdie hele gemors begin het.

Ander Annie ·

Mooi man , Mercedes Benz en Jeeps. Die grondgrypers is mos spoggerig. Klink mos vir my dit is sommer net moeiliheid soek.

De Villiers ·

Ek wens iemand doen die regte ding en kla vir Ramaphosa aan by so ‘n onwettige grondbesetting, want dis hy wat hierdie uitsprake gemaak en verwagtinge geskep het onder sy mense. Maak met hom soos wat hulle met die ANC-raadslid op Virginia in die Vrystaat gemaak het. Dit help nie die grondeienaars en organisasies praat met die besetters nie.

Lerato ·

Die groot fout wat inwoners maak is om self in te gryp.
Die eienaar moet n saak van betreding by die polisie aanhangig maak en dadelike optrede eis

Johannes ·

O nê? En as die polisie later nie meer kan byhou met al die grond diefstal en besettings nie? Kan ek dan maar my eiendom beskerm soos benodig?

sweiz ·

Die polisie kan nie eers gevangenes in die polisie selle veilig hou nie,ons kan nie meer op hulle vertrou om grond diewe te beheer nie . Die gemeenskap het reg opgetree en ons moet die voorbeeld volg.

Kantlyn ·

Hier is nie wet en orde nie. Eienaars het die reg om hul privaat eiendom te beskerm, die SAP doen dit nie. Dink voor jy sulke twak kwytraak.

Thinus Erasmus ·

Al die onteiening blindes en dowes: kan julle sien hoe gaan grond (en ander eiendom) onteiening geskied. Nie deur die hof of grondwet nie maar deur die massas op grond!
Voor die einde van hierdie jaar sal die eerste plaas van sy eienaar af-gemoor word, die eerste risidensiele eiendom van wie ookal, deur plakkers oorgeneem word – en die SAP gaan hul nie meer keer nie. Ek sal volg. jaar ANC stem as dit nie gebeur nie.

danie * ·

S.H.T.F. Lyk my die geleende geld van china word gemors op boumeteriaal? En het geskree dat hulle die grond met mag sal afvat klink soos [nag van die lang messe] ons moet bid

Jaco ·

Hulle toets die water… amper warm genoeg padda dan kom vat ons alles in massas!!

IK ·

Vuurhoutjie, vuurhoutjie in my hand;
Wie is die magtigste in die land?

Rianza ·

Laat my baie dink aan Winne met haar buitebande en haar vuurhoutjies.

Hannes ·

Die moeilikheid kom elke dag nader. Een van die dae gaan hulle die verkeerde ou se grond gryp en dan gaan die 1ste skote afgaan

LHS ·

Kon ek nie help om kliphard te lag toe die segsman van AGRI SA op die nuus weer te vertelle het dit is nie sommer grond vat nie, daar is prosesse en wette en allerande tegniese sake wat eers gevolg moet word en so aan en rade en teepartye waar van hulle bekwame mense op sit en wat sal sorg dat alles mooi verloop. Het ek dit al lang tyd terug gehoor, hoe die teenwiggies in plek is om al die wiggies te neutraliseer. Ou pellie daar wag n moewiese verrassing vir jou en almal wat dink dat daar op enige polisiemag, regstelsel, politieke party, buitelandse hulp of logika gesteun sal kan word. Die gepeupel word aangehits en steur hulle verseker aan geen mag of wette nie. So los nou maar al die storietjies van regstelsels en howe, dit beteken in Afrika minder as slang bollie.

Hendrik ·

Frans Cronje, van die IRR, het reguit vir AgriSA gese dat hulle ongelooflik naief is. Gister het @AfriSAOffical getweet dat die grond nog beskerm word deur die grondwet en dat Afriforum nie sommer lyste moet openbaar nie. Zimbabwe Farmers Union was net so naief en het nie gedink dat Robert sal al daardie lelike dinge doen nie.

Callie ·

Rhamaphosa praat nooit. Onthou, as die eerste skote val is die land n Angola. Niks gaan oorbly. Probeer iemand dit vir die mense verduidelik. Mense kom ons staan op, saam en in menigtes

John Samuel ·

Ons mag maar Uiters Dankbaar wees daar is mense soos ‘Councillor’ Ernst Botha wat – op n Sondag (!!) bereid is om alles te staak, sy Familie te verlaat – en ‘n saak vir die Grotere goed te gasn aanpak…!! Ek weet van biitteerr min blanke Afrikaners wat so iets sal doen… Kla ja dit kan meeste goed doen, maar die Aksie deel makeer…

DANKIE Ernst – mense soos Jy maak daadwerklik ‘n verskil!!

Kobus ·

En Ernst, tipiese politikus, maak seker dat ons kennis neem van sy helderol in die drama. Dankie Ernst, ten minste het iemand iets gedoen!

NEE KOBUS ·

Weet jy tensy jy NIE in die AREA woon nie HOU JOU MOND OOR ERNST BOTHA. Toe die hele SUBSTASIE opgeblaas het het hy dag en nag daar gewaak, hy het ELKE DAG ‘n paar keer vir ons terugvoer gegee oor die gebeure daar en wanneer ons krag moontlik herstel kan word. Noem hom maar ‘n politikus en NEE ek stem nie eers DA Nie, maar sonder daardie man sou ons VERLORE gewees het in die tyd toe Faerie Glen en Equestria tussen 8 – 10 dae sonder krag gesit het. HY het selfs nagte om daar aan monitor so asseblief .. gaan praat strooi oor die ANC politici en mense wat NIKS omgee nie .. ERNST mag ‘n politikus wees maar hy gee BAIE om vir die mense in sy wyk en gee HEELDAG terugvoer, jy weet heeltyd wat aangaan .. SO hy is INDERDAAD ‘n HELD< as dit 'n ander party se verteenwoordiger was het hy seker erens gaan wegkruip of saam huise gebou!!

Bouplan ·

As ek n afdak wil opsit moet ek bou planne indien. Die mense begin net bou soos dit hulle pas links en regs. Ons word groot boetes gegee vir klein goed. Dus snert ek raak eintlik rooi. Kry julle blerrie mense in orde. Hulle breuk die land af. Gatvol

Derf ·

Massas tree op onder anonimiteit, maar ‘n Merc en jeep het ‘ n nommerplaat, lisensie en dus posadres. Daar kan ‘n kriminele klag spesiek gelê word vir hierdie poging van diefstal.

Her ·

Ja die watertoets is hier. Water loop vry daar waar die minste weerstand is. Nou is dit net n kwessie van tyd….wees maar paraat volkie

Trudie ·

Dankie Ernst. Ek kan nie glo wat ek sien nie. Wie is die ‘Hoofman’ agter die goedkeuring van die bouery en besetting. Het hulle nou geglo dit ‘wettig’ wat hulle doen. …??? Daar staan deesdae geweldig baie verdagte motors met een of twee persone vir lang periodes op die sypaaie van strate in Garsfontein en Olympus wat huise dop hou. Polisie Patrolies moet gereeld deur die dag en nag meer sigbaar op ons omgewing se strate wees. Mens voel regtig onveilig. Maar ons sal sterk staan.

jakes ·

CR en Malema is die oorsaak vir grondgrype. Die massas mense wat huise en grond soek wag net vir die geringste aanmoediging en dan vat hulle besit van die grond. Nogal eronies dat die grondgrypers met luukse motors daar aankom. Dit is n kwessie van tyd voor grondgrypers op grootskaal anargie gaan veroorsaak en die eidresultaat gaan bloedvergieting tot gevolg he.

Jerry ·

Terwyl raadslede en wetstoepassers optree teen grondgrypers moet gemeenskaplede nie in konflik betrokke raak nie en liefs net die situasie monitor en video opnames maak wat later as bewyse teen grondgrypers in hofsake kan dien. Neem kennis dat hierdie grondgrypaksies deel is van n georkestreerde politieke agenda en uitlokking tot konflik en intimidasie dit ten doel het en dat die grondgrypers ook video opnames maak.
Gemeenskappe moet net sorg dat hulle georganiseerd is en ingeoefen is om weerstand te kan bied teen n grondgryp konflik situasie wanneer alle pogings deur raadslede en wetstoepassers misluk het. Wanneer so n dag aanbreek sal gemeenskapslede steeds eers die minimum vorm van geweld moet gebruik om die grondgrypers te verjaag. Indien dit nie slaag nie en alle vorme van redelikheid nie meer bestaan nie en die situasie dit vereis sal die gemeenskap met maksimum geweld moet optree soos wat jy teen persone sal optree asof hulle reeds jou huis afgebrand het en jou geliefdes vermoor het. Jy moet ten alle tye jou optrede kan regverdig dat jy uit noodweer optree en indien maksimum geweld geregverdig is sal gemeenskappe die grondgrypers reeds met die eerste maksimum geweld botsing met mag en mening die nekslag moet toedien. Ons moet maar intussentyd bid en glo dat dit nie tot sover sal gaan nie terwyl ons onsself daarop voorberei.

Blommie ·

Ja nee Mnr die President, jy het werklikwaar n pesident geskep.
Sterkte daar, veral om al jou komerade onderbeheer te hou.
Kan niks beskaavlik hanteer nie.
Hierdie is net die begin van n NARE toekoms……
As ek n skrale “GAP” kry is ek land uit
Moeg laat mens WERK en alles word GEVAT deur mense wat sit en NIKS doen nie.

Anoniem ·

Sal met liefde iemand se hius opas wat leeg staan. Aangesien Pretoria se huur huise onbekostigbaar is…en daar mense is wat net kan vat en maak soos hul wil,

En nou? ·

Ek besit nie ‘n kar of enige grond nie…
Ek wonder maar net, gaan hulle plek maak vir hierdie blanke man in Sandton of sal ek in ‘n minder aanloklike plek ‘n stukkie moet VAT?

Stuiwer ·

Ons polisiediens lewer geen diens nie. Dis jammer dat hul werk nou deur privaat sekuriteitsfirmas gedoen moet word. Wat die besetters met hulle luukse voertuie aanbetref: ‘n klomp moeilikheidmakers!

Sarel ·

Ons polisie sal nie optree nie, privaat sekuriteit is groot besigheid en ons liewe regering skep miljoene aan BTW. Dit tel heel in hul guns om die rampokkers uit te los….

KLIE KO KA! ·

Wie gaan my bank eiendom lening verder betaal/aflos sou my grond gevat word?
Nie ek nie! ek bly mos nie meer daar nie!
So ek gaan n lekker groot stuk grond nou koop, mense opsteek om my grond te beset, ek hulle n paar rand gee.. en ek dan lekker verder daar bly… VERNIET!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.