‘Besetting van Luthuli Huis sal nooit gebeur’

Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad. Foto: Google Earth

Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad. Foto: Google Earth

Die ANC Jeugliga (ANCYL) het Vrydag gesê sy lede en ander individue wat mense probeer mobiliseer om Luthuli Huis te beset, moet hul optrede staak, aangesien hulle hulself voordoen as besorgde ANC-lede, wat hulle nie werklik is nie.

Mlondi Mkhize, die ANCYL se woordvoerder, het gesê die mobilisering om Luthuli Huis te beset word gedryf deur “oorywerige mense” wat bloot probeer om onenigheid in die organisasie te veroorsaak.

Die ANCYL se kommentaar volg op ʼn groep, wat hulself “besorgde ANC-lede” noem, wat ʼn beroep gedoen het op mense en groepe om Maandag deel te neem aan ʼn massa-besetting van die ANC se hoofkantoor in sentraal-Johannesburg. Die groep sluit voormalige Wits SR-president, Mcebo Dlamini, Johannesburgse ANC-lid, Sasa Manganye en voormalige lid van die ANCYL se nasionale uitvoerende komitee, Ntibi Modise, in.

Hulle wil Luthuli Huis beset om te eis dat pres. Jacob Zuma en die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee bedank na verlede maand se munisipale verkiesing waartydens die party steun verloor het.

Mkhize het gesê die ANCYL kan nie toelaat dat die ANC leierloos gelaat word deur die optrede van mense wat voorgee hulle is besrog oor die party nie. “Ons is veral teleurgesteld met die vlak van desperaatheid van hierdie handlangers, wat gestuur is om wanorde in die organisasie te veroorsaak,” het hy gesê.

Volgens Mkhize kan mense hul bekommernisse deel en oor kwessies betoog, maar die besetting van Luthuli Huis “gaan nooit gebeur nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Grap ·

Ek dink na die volgende verkiesing kan hulle die plek ‘n museum maak want daar gaan nie meer ‘n party wees soos die anc nie…..hulle tyd het gekom met baie hulp van nr 1 met sy gr 2.

christine ·

Haai hoe skrik ons nou vir die skaduwee van die ou ANCYL. Moet ook maar se ons bestaan nog. Flou verby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.