Besige paaie oor langnaweek verwag

(Argieffoto)

Die N3-tolkonsessie (N3TC) het diegene wat die langpad die langnaweek aanpak, gewaarsku om hul reis met ekstra omsigtigheid te beplan omdat baie druk verkeer die naweek op die N3 verwag word. Afgesien van verkeersopeenhopings in spitstye kan padwerk verdere vertragings op die pad veroorsaak.

Spitsverkeertye op die N3-roete word Vrydag tussen 12:00 en 18:00, asook Maandag tussen 09:00 en 15:00 verwag. Druk verkeer word Vrydag veral in ʼn suidelike rigting en Maandag in ʼn noordelike rigting verwag.

Tydens spitstye kan verkeer met tot meer as 2 000 voertuie per uur toeneem.

“Indien dit enigsins moontlik is, word motoriste aangeraai om hul reise buite spitstye te beplan,” sê Thania Dhoogra, bedryfsbestuurder van N3TC.

Dhoogra waarsku motoriste dat padwerk moontlike opeenhopings en vertragings op die N3-tolroete kan veroorsaak. Bane bly by konstruksieterreine gesluit omdat die N3TC en sy kontrakteurs padwerkprojekte voortsit om dit teen die Paasnaweek te probeer afhandel.

Dhoogra vra motoriste ook om streng by die spoedbeperkings by konstruksiegedeeltes te hou.

“Ons doen ’n ernstige beroep op reisigers om deeglik vooruit te beplan en geduldig te wees wanneer hul reise vertraag word.”

Motoriste kan verwag dat albei noordelike bane op die tolroete teen Maandag vir verkeer oopgestel sal wees.

Verder word motoriste gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle vroegoggend in mistige gebiede op die N3-tolroete, soos by die Van Reenenspas, ry.

Dhoogra sê omdat die meeste ongelukke plaasvind weens menslike foute of roekelose bestuur, moet motoriste te alle tye die nodige voorsorgmaatreëls gehoorsaam om veilig by hul bestemmings aan te kom.

“Hou altyd by die spoedbeperkings en handhaaf ’n veilige volgafstand.”

Enige probleme op die N3 kan by die 24-uur-hulplyn aangemeld word by 0800 63 4357. Volg ook die N3-tolkonsessie op Twitter (@N3Route) vir die jongste verkeersinligting op dié roete.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

Wat van die derde golf corona? Ek vermoed dit gaan ‘n herhaling van die begin van die Desember vakansie wees, NET VOOR die langnaweek: skielik uit niks uit styg Corona gevalle hemelhoog en word alle strande gesluit. So WEG is wit mense se tradisionele vakansie by die see en word wit toeristebesighede seergemaak. Net 10% van SA se anti-wit regering se maatreëls teen Corona het regtig met Corona te doen. Die ander 90% is net om wit mense by te kom en vir ewig te straf vir apartheid.

Baardman ·

……en toe besluit die ANC die 3e golf is hier………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.