Beskerm Afrikaanse universiteite terwyl nuwe instellings gebou word

FAK-universiteitswese-toekoms

‘n Skermskoot uit die video.

Sprekers by ʼn konferensie oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse universiteitswese was dit eens dat private hoër onderwysinstellings so gou en goed as moontlik uitgebou word, terwyl geveg word vir die behoud van Suid-Afrika se openbare universiteite.

Die konferensie is Donderdag deur die FAK se NP van Wyk-Louw-sentrum vir gemeenskapstudies by die Voortrekkermonument in Centurion aangebied.

Prof. Danie Goosen, voorsitter van die FAK, het gesê moderne universiteite het van die staat afhanklik geword en hy het daarom voorspraak gemaak vir ʼn terugkeer na die klassieke model van universiteite wat vanuit die gemeenskap ontstaan het vir gemeenskappe.

Hy het verder gesê die staat wil standaardiseer en vereenvoudig en daarom staan hulle die idee van enkelmedium-universiteite voor. “Dit is dalk nie noodwendig die gevolge van die een of ander bose agent wat in die agtergrond toutjies trek ten gunste van Engels nie, maar dit is ʼn gevolgtrekking van die logika van die staat wat wil vereenvoudig, standaardiseer en funksionaliseer en ons sit vandag met die gevolge hiervan, ook in universiteite.”

“Ons moet die bestaande strukture beskerm met al die instrumente tot ons beskikking, wat die grondwet insluit, maar ons weet dat die werklikheid besig is om onder ons uit te loop en dat ons alternatiewe instellings moet daarstel,” het Goosen gesê.

Prof. Pieter Duvenage, hoof van die departement filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), is ook ʼn voorstander van ʼn tweeledige strategie tot die toekoms van universiteite. “Stry die goeie stryd by die bestaande universiteite, maar bou nuwe universiteite so sterk, goed en gou as moontlik.”

Volgens Duvenage is die hofsake teen die taalbeleide van die voormalige Afrikaanse universiteite van uiterste belang. “Dit gaan na die grein, na die diepste weefsel van wat in 1994 gebeur het, asook die Grondwet van 1996. As hierdie saak teen Afrikaans by die universiteit gaan uitkom, gaan dit ʼn verskriklike sein in die Suid-Afrikaanse samelewing instuur.”

Duvenage glo indien Afrikaans by universiteite afgeskaf word, sal dit ʼn krisis vir die bevordering en uitbou van ander inheemse tale in Suid-Afrika beteken. Hy het ook gewaarsku dat wat tans met Afrikaans by universiteite gebeur, kan oorspoel na Afrikaanse skole.

“Ons sal ʼn strategie moet bedink oor die skole, want die ou model-C skool is die volgende wat in die slag gaan bly as ons hierdie vier sake by die universiteite verloor. Dan sal ons privaatskole moet oprig dat dit klap, want ek gaan nie toelaat dat ʼn staat vir my voorskryf oor hoe ek my moedertaal gebruik nie.”

Willie Spies, prokureur van AfriForum en ʼn lid van die raad van die Universiteit van Pretoria (UP), wat ook ʼn spreker by die konferensie was, meen die boustene vir die onafhanklike universiteite van wêreldgehalte is tot Afrikaners se beskikking en die antwoord vir die Afrikaanse universiteitswese lê in selfstandige instellings wat die vermoë het om hul eie inkomstestrome te beheer.

Hy meen Afrikaners het daarin geslaag om universiteite soos die UP op te rig. “Kom ons begin weer om soos in 1908 te bou, want die boustene is klaar daar. Kyk wat in ʼn 100 jaar gedoen is. Ons rol is om te organiseer, litigeer en selfstandigheid te bou.”

  • eNuus het ook ‘n insetsel oor die konferensie vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Basson ·

“Ek gaan nie toelaat dat ‘n staat vir my voorskryf hoe ek my moedertaal moet gebruik nie”

BRAVO, EERSTEKLAS!!!

JC ·

Bravo!!Ja en amen!!
Jaco, ek wens jy wil jou kommentaar nou vir jouself los.
Die kommentators het dit nou al by herhaling (want jy het by verskeie artikels met soortgelyke temas dieselfde onsin gepraat) duidelik gemaak hul waardeer dit nie.
Ons almal is trots Afrikaans en Afrikaners!!

Geen keer ·

Die bestaande universiteite bars nou uit hul nate. So gee hulle nou maar af aan die bevolking wat so wil oorneem. Die probleem is net, by die tyd wat die nuwe privaat universiteite opgerig is, sal die bevolking so gegroeie het dat Afrikaans weer uitgewerk en verdruk sal word. Dit sal my ook nie verbaas as die regering n stokkie sal wil steek voor die oprigting van die privaat skole en universiteite. Hulle gaan rassisme skree dat die wereld wil vergaan.

jaco ·

Wees dankbaar die onderrigtaal word Engels en nie Zulu of Tswana nie. En lag in julle mou dat diegene wat Afrikaans verguis omdat hulle dink dit was n sogenaamde taal van onderdrukking, dit vervang net n taal waarin daar veel meer onderdrukking was dwarsoor die ou Britse Empire. Hou ook asseblief op met kla. Dit gee wit Afrikaanse mense net n slegte naam. Uiteindelik word ons almal radikaal en onnodig onderdruk weens al die gekla deur slegs n deel van die wit mense. Ek sien nerens dat Afrikaanssprekende kleurlinge kla nie. Ek sien ook nie swart mense kla oor die miskenning van hulle tale nie. Laastens, onthou wat het met die wittes in Zimbabwe gebeur: dit het vir 20 jaar goed gegaan met hulle, want hulle het hulleself uit die politiek gehouden. Toe begin hulle die MDC steun en binne 1 jaar was hulle almal wegejaag. Moenie dink dit kan nie hier gebeur nie. SA is ook Afrika. Hou net aan kla oor goed wat ons almal weet hier is om te bly. Leef eerder saam met dit as wat jy letterlik ALLES wat jy het verloor.

Dup du Plessis ·

Ek verstaan nie mooi wat jy probeer se nie Jaco, ek betaal ten duurste vir my kind se universiteitsgelde, ons is Afrikaans, en wil ‘n Afrikaanse universiteit he. Verstaan mooi….ek betaal vir die Afrikaanse onderrig, en nie jy of die staat gaan vir my se ek moet my kinders in ‘n ander taal skool nie, en dan nog verwag ek moet daarvoor betaal en bly wees want anders VERLOOR ONS DALK ALLES . As alles 100% gratis was kon jy dalk vra dat ons dit moet doen. As jy vir ‘n biefstuk betaal wat verwag jy in jou bord? Afrikaners is al so gebreinspoel hulle het al vergeet wat hulle al verloor het om vandag hier te wees……..was in die ou Valskermbataljon in 82/83 en jy het geen idee wat toe al opgeoffer was nie……….dan praat ek nie eers van al die ou boere- oorloe en konsentrasiekampe nie……dis nie kla nie…….dis ‘n doodeenvoudige reg…….

Santie ·

Die wat niks doen nie is meer skuldig. Ek is trots op my taal.

Maria van Dieweeck ·

Jaco, hou asseblief op om self so te kla..jy klink soos n anti-Afrikaner.

Alwyn ·

Ek stem. Hy weet duidelik nie wat is besig om te gebeur nie.

Leonard van der Dussen ·

Dis goed om vanuit verskeie forums soos hierdie FAK-byeenkoms die besef te hoor dat die parallelle ontwikkeling moet plaasvind om van staatsafhanklikheid, wat uitlewering aan die staat geword het, na selfstandigheid te beweeg. Uiteindelik word dit nou van die verhoog af erken. Nou moet die dade kom en die moeilikste van daardie dade, is dat die beursies moet opggaan. Die beleggers moet toetree om momentum te gee. Die raamwerke is reeds daar, die kapitaal moet inkom en dit kan ‘n selfgedrewe onderwysbeweging op al sy vlakke word.

JC ·

Leonard, indien almal wat kan. saamstaan. kan elkeen met ‘n klein maandelikse bydrae ‘n GROOT verskil teweegbring. Ek verdien nie ‘n groot salaris nie maar maak elke maand bykomend tot my lidmaatskap aan Afriforum en Afrisake ‘n klein bydrae aan Akademia se fonds.
Dink net daaraan as al die +-200,000 lede van Afriforum elke maand bv. ook R100 ekstra vir AKADEMIA sal bewillig.
AKADEMIA SAL FLOREER! KOM ONS DOEN DIT, ONS KAN! ONS VOORVADERS EN MOEDERS HET DIT BEWYS! Vir Afrikaners en vir Afrikaans!! AL MOET ONS DIT NOU OOK BEREIK DEUR “N GOEIE SKOOT NASIONALISME. DIS HOOGTYD DAARVOOR!
BRAVO AFRIKANERS! BRAVO AFRIKAANS!!

JC ·

Kyk net na wat Afrikaners kan vermag, as voorbeeld na Kallie Kriel, Dirk Hermann en Ernst Roets, ons Helde, asook Alana Bailey ons heldin!!
Indien “hul” dink hul gaan ons taal onderduk moet hul wragtig weer dink.
Bogenoemde ouens is tekomstige helde en heldinne van die Afrikaners wat op hul beurt NOG nuwe leiers gaan skep en skaaf deur organisasies soos Afriforum Jeug!! BRAVO!

jaco ·

Die FAK is laaste om nou skielik so baie rooi ligte oor die bedreigings teen Afrikaans te sien. In die 1980’s en vroeg 90’s het dit, as frontorganisasie en openbare vleuel v.d. Broederbond, allerhande voorsprake gemaak vir “hervorming”. In alliansie met die NP-regering is alles oorgegee. Diegene wat toe al gese het totale oorgawe gaan beteken ons gaan ons taal (en werk en plasje ens. ens.) verloor, is gebrandmerk as regsgesind en rassisties… Hoekom gaan die oë dan na 22 jaar eerste oop? Wat nou aan ons wit mense gedoen word is al in die 1980’s voorspel…

John ·

Ons Afrikaners veg nie aan teenoorgestelde kante nie. Die eintlike kwessie, wat nie aangespreek word nie, is, om die swartes se denke te deurgrond. Wat wil hulle he? By die skole wat hulle so graag wou betree, spring hulle om en eis swart-geregtigheid/-kultuur. Dit beteken hulle wou net die skoolgeboue he, selfs nie eers die biblioteke nie. Dis duidelik. Dalk ook nie eens die sale of geboue nie… So waaroor gaan dit? Onvergenoegdheid. Ons redeneer met witbreine en probeer wit antwoorde kry. Ons het witdrome en bou nuwe onderrigfasiliteite vir Afrikaanses en gooi sodoende olie op die vuur van onvergenoegdheid… Selfwaarde en selfgenoegsaamheid is die antwoord op die probleem, maar dit moet die swartmense uiteindelik self uitvind… of selfvernietig wag.

sarie van heerden ·

Dis duidelik dat studente van verskillende agtergronde en kulture NIE saam kan studeer sonder konflik nie. Terwyl regte studente klasse bywoon toy toy ander vir alles onder die son behalwe om hul te beperk tot hul studies. Soveel absurde besluite is die laaste tyd geneem dat dit dalk ‘n oplossing is as een groot universiteit vir die ontevredenes gegee word sodat hul hul kultuur en wat ookal daar kan uitleef. Gee bv Wits vir hul maar verwyder dan alle lektore waarteen hul gekant is, verwyder alle lektuur wat “rassisties” is en van rassiste kom. O ja, hul hoef ook nie klasgeld te betaal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.