Beskerm Zuma teen vernedering, vra ANC

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het glo versoek dat President Jacob Zuma en adjunkpresident Cyril Ramaphosa deur die parlement moet beskerm moet word teen “vernedering en verleentheid” deur opposisiepartye, berig die Sunday Times.

ʼn Verklaring hieroor is Saterdag na afloop van die NUK uitgereik.

“Die NUK waarsku teen die voortsetting van die tendens om die staatshoof op ʼn negatiewe manier bloot te stel aan disrespek en doelbewuste vernedering deur ʼn splintergroep wat verbind is daartoe om demokrasie te kelder,” aldus sekretaris-generaal Gwede Mantashe.

Die koerant berig hoewel die ANC nie verduidelik het hoe dié beskerming verskaf sal word nie, het hulle wel genoem dit beteken nie Zuma en Ramaphosa sal nie aanspreeklik gehou word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kitta ·

Dis ‘n mensereg van alle lede van die samelewing om met respek behandel te word en nie aan vernedering en verleentheid blootgestel te word nie, maar ons samelewing is nou een maal nie so ingerig nie. Die een wat die meeste teëpraat en ander die slegste kan maak deur juis vernederend op te tree en ander as swape en sotte uit te wys, is meestal die “held” van die samelewing. Kopskuif verandering is nodig vir alle burgers van die land en “RESPEK” word verdien deur dade en woorde.

Chris van Heerden ·

Zuma is dan n verleentheid vir ons land. Dan moet die ANC iets daaraan doen.

Paul ·

Zuma verdien al die kritiek en vernederende kommentaar wat ‘n mens kan uitdink. Absoluut die swakste leier denkbaar en die ANC verdien so leier.

craig ·

As hy nie so onduikend is oor al die korrupsie klagtes teen hom nie, sal die besluit om hom te beskerm nooit geopper geword het nie. Waar daar rook is is daar n vuurtjie..lyk my baie ANC politisie se toekoms hang af van zuma wat in die saal moet bly

alet ·

Agtog het ou haasdas ook n eiertjie te le want hy. Dink ook vie Zuma net soos ou mackie

martie ·

VERSKOON MY!!!!!!! Wat jy saai sal jy maai, dankie Here dat ons nie hoef te oordeel nie maar U alleen. Ons kan niks wegsteek vir God nie en ons sal rekenskap moet gee.

Babs ·

Vee die vloer met hulle. Hulle is hand op die blaas met moordenaars, verkragters, skelms en staan self aan die voorpunt as dit kom by misbruik van staatsgeld. Daarom verdien hulle geen respek.

Chrisjolus ·

Sy verdiende loon .Ek hoop die EFF gee hom al sy hel oor die OB se verslag en die bedrag deur hom verskuldig.

Amanda ·

Zuma is ‘n verleentheid vir die land en beskerm almal wat vir hom sorg soos die Gupta’s. Respek moet hulle dalk leer spel.

Santjie ·

As die liewe president se optrede en handhawing van die grondwet enigsins respek afgedwing het, kon die man waarskynlik verwag het om met respek behandel te word. Hy is eintlik ‘n verleentheid vir ons land, en ‘n man met baie min integriteit, wat soveel van die belasting betaler se bydrae steel as wat hy moontlik kan. Elke keer as Zuma se optrede of gebrek daaraan die nuus haal, hardloop hulle dat dit bars vir die media om die stemgeregtigdes aan te kla van gebrek aan respek. Lagwekkend, definitief ‘n redenasie wat by sekere ontwikkelings peil pas. Is dit nie ‘n manier om ons aandag af te trek van dit waarmee hulle regtig besig is nie? Vra maar net….

william ·

Solank as wat die ANC aan bewind is , is daar nie hoop vir die land nie. Die ekonomie staan stil, daar word nie werk geskep nie en die diefstal en korrupsie gaan onverpoosd voort.Z uma het geen leierskap eienskappe nie. Hy is n agterlike skepsel met geen morele beginsels nie. Hy hort in die tronk saam met sy trawante wat hom beskerm en help steel.

Griet ·

As hulle nie verneder wil word nie, of in enige “verleentheid” gestel wil word nie, moet hulle optrede van so ‘n aard wees dat daar nooit gronde is vir sulke geleendhede nie…….

Respek word verdien, ALTYD, maak nie saak wat jou rang, titel of posissie is nie.

Suzette ·

Nes jy daar se. As jy jouself vir ‘n toffie wil uitgee, moet jy verwag om gekou te word. Respek word verdien nie gekoop of gedwing nie. Moet asb dan ook nie vernederende of verleenthheids wekkende dinge doen nie.

Fanie Oberholzer ·

DIe geagde President het nie opposisie nodig nie ,hy is van uit eie krag ‘n verleentheid!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.