Beskermingsbevel teen Steve Hofmeyr bekom

steve hofmeyr1

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr het Dinsdag gesê die sogenaamde protes-installasie van die ou Suid-Afrikaanse vlag deur ʼn Stellenbosse aktivis wat ʼn gesprek oor die vorige politieke bedeling se “apartheidsmisdade” wou begin, kom neer op die aanhitsing tot volksuitwissing en crimen injuria.

Hofmeyr het gereageer op ʼn tydelike beskermingsbevel wat deur Johan Pienaar, die aktivis, teen hom bekom is nadat die tonge behoorlik geklap het oor ʼn installasie van die ou Suid-Afrikaanse vlag wat tydens die US Woordfees buite die US Museum aangebring is.

Op die vlag is name geskryf soos dié van Hofmeyr, DF Malan, Connie Mulder, Riaan Cruywagen, Freek Robinson en Totius – mense wat volgens Pienaar ʼn groot rol “onder die ou landsvlag” gespeel het en “deur dié vlag bemagtig is”.

Pienaar, wat mense aangemoedig het om oor die vlag te loop, het gesê die vlag verteenwoordig die misdaad wat “in die naam van wit Suid-Afrika” teen die mensdom gepleeg is. Hy het gesê diegene wat die vlag beskerm in die naam van tradisie of sentimentaliteit betrek hulself by “apartheidspornografie” van die gewelddadigste aard.

Volgens hom was die installasie bedoel om gesprekke oor die besluite en “misdade” van die vorige politieke bedeling uit te lok. Hy het mense genooi om daaroor te loop, maar gesê dit moet nié “in ondersteuning van die vlag, die uitstalling daarvan of apartheid” wees nie.

Dié installasie het wyd omstredenheid tot gevolg gehad en Pienaar is oor die kole gehaal deur sosialemediagebruikers. In ʼn Twitter-inskrywing wat sedertdien verwyder is, het ʼn gebruiker gedreig om hom te “donn*r” en die vlag is in ʼn stadium ook “gesteel”, maar later weer teruggekry. Sosialemediagebruikers het Pienaar van “verdeeldheid” beskuldig.

Die ou landsvlag wat die tonge laat klap het (Foto: Twitter via Johan Pienaar)

Oor die vlag wat gesteel is, het Pienaar gesê: “Regses het die gedekontekstualiseerde vlag probeer steel soos hulle voorvaders die grond gesteel het.”

Hy het daarna gesê hy gaan aanklagte van diefstal, intimidasie en sameswering tot diefstal teen onder meer Hofmeyr en Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, aanhangig maak. Hofmeyr het onder meer geld aangebied vir enigiemand wat Pienaar se installasie kon verwyder en Mulder het aangevoer dat Pienaar waarskynlik sekuriteit moet kry vir sy “aandagsoekery”.

Hofmeyr het Dinsdag aan Maroela Media gesê hy dra kennis van die tydelike beskermingsbevel wat teen hom verkry is. Die sanger moet glo teen einde April aan die hof verduidelik waarom ʼn finale bevel nié uitgereik moet word nie.

Hofmeyr het die beskermingsbevel as belaglik bestempel. “Ek ken niemand wat Pienaar wil kontak nie,” het hy gesê. “Toe ons kla oor die vlag, het hy geskree om beskerming. [Dit is] tipiese marxistiese huigelary.”

Hofmeyr sê die name wat op die sogenaamde “gedekontekstualiseerde” vlag verskyn, is nié die name van persone wat by apartheid – of “onder die ou vlag” soos Pienaar daarna verwys het – gebaat het nie. “Daar is name van liberaliste op [die vlag] wat geensins meer as Pienaar by die ou regime gebaat het nie. Is ek trots omdat ek ʼn tyd wil huldig waar ons kinders en vroue minder verkrag is en ons plaasboere veiliger was? Absoluut,” het hy gesê.

Pienaar het Dinsdag op sosiale media gesê hy gaan steeds voort met gesprekke oor dié vlag en beoog om Dinsdag studente in Stellenbosch toe te spreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Eish ·

Ek het n sterk vermoede dat mnr. Pienaar baie mense krap waar dit nie jeuk nie.
Ongelooflike bekering wat hy ondergaan het om tot die waarheid te kon kom. Dan om dit op so n praktiese wyse uit te leef wat by sy bekering pas.
Waar was hy in die struggle jare?
Hoe het hy tot “bekering” gekom ?

Rika ·

En dit mense is ook hkm ons sit waar ons sit want ons ou volkie kan nie saamstem oor niks nie en dan moet ons mekaar ook nog vervolg.

Rduplessis ·

Kan ni glo n volwasse persoon kan so te kere gaan ni. Ek is regtig geskok in hierdie meneer se ootrede. Gaan net weer n vlam opsteek. Tyd geword dat Suid Afrikaners mut aanstap vir julle kinders se toekoms

peanut ·

hmmmmm, Pienaar lyk en klink my na n man wat sy 15 sekondes van ‘celebrity’ status wil kry en geniet.

Siestog, wonder net wat sal die Zulu koning doen as ek sou waag om op sy skild en vlag te skryf en loop.

Wonder maar net . . . .

ArmeOuFreek ·

Haai shame, wat het Freek Robinson gedoen om die mense so kwaad te maak?

ne ·

Nie eers die moeite werd om kommentaar te lewer op Pienaar nie. Bly by jou standpunt Steve. Ons is TROTSE Suid Afrikaanse burgers, of die Oranje, Blanje Blou nou vertrap word of nie on is trots op ons verlede….. Of ons nou arm blankes is of nie, ons staan nie net bakhand en wag om te kry nie. Ons WERK vir dit wat ons het!

adriana ·

Hierdie Pienaar is so desperaat vir aandag dat hy nie wee twat om met homself aan te vang nie. Hy sit so die pot mis.
My naam moet ook op die vlag wees want ek glo nog steeds aan die Oranje Blanje Blou.
Ek glo ook aan Die Stem. Nou wat nou? Waarom is my naam nie op die vlag nie? Ek voel offended.
Sit asb my hele voorgeslag se name op die vlag!!
Voorsien asb jou e-pos adres sodat ek ons name vir jou kan stuur. Jy gaan nog ‘n paar vlae moet kry want al die name gaan die inpas nie.!!
Ek is trots op wie ek is en waar ek vandaan kom – so sit asb my naam ook op die vlag!!

Casper Labuschagne ·

@Adriana, netso! Asseblief, sit my naam ook op daardie vlag. Ek is bereid om verneder te word juis sodat ek aan daardie simbool van my herkoms die nodige respek kan betoon.

Miskien moet ons ‘n petisie begin en vra dat ons name ook op die vlag verskyn. Ons beledig niemand deur die vlag steeds in die openbaar te gebruik en te vertoon nie, maar die vlag is ‘n simbool vir ons gemeenskap wat respek en waardigheid verdien.

Lysa ·

Ek sien ook nie my naam nie! Hoekom is my naam nie daarop nie??? – Sit asb my naam op die vlag!

Leana ·

Baie belangriker en ernstiger dinge aan gang waaraan aandag gegee moet word as om te tjank oor n vlag.

Oranje Blanje Blou ·

Foeitog kry Johan Pienaar baie jammer. Wat ‘n desperate poging vir aandag.

Henneman ·

Ai mense,dis so kleinlik,dit was n mooi vlag,maar tog moet ons besef om klein goedjies en gebare te laat staan,wat sulke emosies ontlok,dis asof ons uit ons pad gaan om mekaar te toets en reaksies uit te lok,eerder as om positief te wees.Ek was ook n oudsoldaat wat onder dieselfde vlag my grensdiens moes doen,maar haat nie die dinge van die verlede nie,eerder meer positief verryk deur die laaste 25 jaar,kom ons vat hande,ter wille van die groen koring.

Eish ·

Ek het nog altyd gewonder hoekom het Afriforum net 200 000 lede uit n genepoel van minstens 3 miljoen. Nou weet ek.

Reti ·

Huh? Nee gits jong, nou verloor jy my. Wat het Afriforum nou verkeerd gedoen?

Andre ·

Onthou dit is gewoonlik maar die hoof van die gesin wat aan Afriforum behoort. Hulle verteenwoordig baie meer.

Malherbe ·

Waar is my naam!
Ek sien dit nie!!!!!!
Skryf dit dadelik op!!!

McArthur ·

Hi Pienaar gaan jy jou huis of jou grond skenk?
Sal graag vir hoor!
Nooi die massas uit om by jou in te kom trek- of beter nog – ruil jou woning uit vir ‘n plakkershut – sal graag vir jou daar wil kom kuier. Ek sal so ‘n 100 saambring om saam te kuier.
Is jy ok daarmee?

Thinus ·

“Part of my talk will focus on how the #plaasmoorde myth was used to capture and monetise Afrikaner-identity” . ja Johan…..natuurlik is plaas moorde ‘n mite. Hoop jy sal eendag nie deurgaan wat die arme mense( wit/swart boere) moet deurgaan nie

Luke ·

Wie is die kerel? Wys asb sy foto. Ek soek my en my voorgeslagte ook op asb.

hendrik ·

Het siener nie gepraat van n sifting nie. Hier is nou n duidelike voorbeeld daarvan.

Casper Labuschagne ·

@Ella, kyk na die bostaande skakel op Twitter en spesifiek na die video insetsel, dan besluit jy self of dit goed of sleg is. Persoonlik kook my bloed letterlik. Miskien moet Pienaar liefs teen my ook ‘n beskermingsbevel bekom want…

Katryn ·

“die misdaad wat in die naam van wit Suid Afrika” teen die mensdom gepleeg is?!
Wat van al hierdie misdade wat teen wittes gepleeg word???

Flippit ·

Hierdie is mos die ou wat op twitter pos onder # boersaretrash. Google bietjie

christa ·

Kan nie glo die Pienaar is ook ‘n Suid Afrikaner nie. Hy moes seker iets doen om in die nuus te wees. Lyk my hy voel soveel vir SA Vlag soos daar oor ANC vlag gevoel word. Gelukkig is Steve nie op sy bek geval nie.

christa ·

Niks verkeerd met die ou vlag nie, was nooit iets verkeerd nie. Is mense so kleingevoelig oor nonsense, plaas hulle iets positiefs doen vir die land wat ten gronde gaan

christa ·

dalk moet iemand vir Pienaar ‘n taxi kry om hom na die student te vervoer en sommer ‘n eetdingetjie ook verskaf, foeitog hy prober so hard indruk maak

Christopher ·

Dit is maar net te duidelik dat Pienaar nie regtig veel kennis het oor Apartheid nie. En dat hy graag in die kollig wil kom.

Klein Maggie ·

Ek soek my naam en al my voorgeslagte ook op die vlag asb. Dankie Steve dat jy vir ons opstaan teen so ‘n persoon…ek weet nie wat om hom te noem nie.

Anli ·

Ek is trots om n wit Suid – Afrikaner te wees! Ek skaam my vir iemand soos j pienaar! Go Steve!!!

Helena Sloane ·

Ek het n nuwe ou vlag en pas dit op soos goud. Trots daarop.

Kabous ·

Ek ook, Helena – myne gekoop in 1995 toe ek die skrif aan die muur vir die “nuwe” Suid-Afrika gesien het. Kort daarna was die Oranje Blanje Blou feitlik onverkrygbaar. Ek pas myne ook soos goud op. Indien dié vlag ooit verbied word SAL ek dit trots in my privaat-woning vertoon.

JSG ·

Het nog onlangs een uit Duitsland en een uit Brittanje bestel op EBay. Niks in SA beskikbaar.

Zachrys ·

Daar is net twee belangrike vlae op daai vlag en die engelse een is nie een van hulle nie.
Ps. Ek moes spesiaal die die hoofletter uit ‘engelse’ haal. Wat ‘n gesukkel met vandag se tegnologie…

Johan Swart ·

Johan Pienaar was my kamermast in Harmonie Jeugtuiste in 1988. Ons was beide regstudente by Tukkies. Ek en hy het stemme vir die Konserwatiewe Pary se kandidaat, prof Jozef Henning, in wyk 10 Sunnyside gewerf. Nou het die politieke verkleurmannetjie so links geword dat dat dit ‘n mens se verstand tebowe gaan! Ek wonder dan ook hoekom hy nie sy eie naam op die ou landsvlag skryf nie? Hy het dan altemit Doktor Andries Treurnicht, die man wie hy toe ondersteun het, se naam dasrop geskryf. Ek kan maar net wonder of hy nie dalk een of ander duistere agenda gryf nie… Die regering is nog altyd lief daarvoor om informante of agents provocateur te plant om mense en organisasies te diskrediteer.

Oom Kalahari ·

Die ou Pienaar knapie het voorheen op twitter na “boersaretrash” verwys. Asb moenie so inhalig wess nie Pienaar, plaas ook my en familie asook alle voorgeslagte op daardie vlag. Jy het nog nooit jou land en al sy mense (Swart/Wit/Indier/Kleurling) ooit militer bedien of beskerm nie, maar het die vrugte van veiligheid gepluk. Shame is Mnre Mulder en Hofmeyer so ‘n groot doring in jou vlees. Ons is trotse Afrikaners op die Stem en Landsvlag wat ons altyd sal bybly. Mnr Pienaar gebruik liewer jou paar minute van “fame” op konstruktiewe wyse deur positiewe en opbouende bydraes as met aanhitsing en opstoking onder sagte teikens soos studente. Word asb groot Mnr Pienaar en dra liewer ‘n Christelike beeld uit na alle volke en gemeenskappe. Ons bid vir jou.

N Lourens Reitz ·

Johan Pienaar jy kan nie Eugene Terre Blanche en FW de Klerk se naam op dieselfde vlag skryf nie
Dankie Steve staan sterk

Adriana ·

Dankie Johan Swart vir jou inligting.Soos jy se dalk duistere agenda? Dalk net desperaat vir aandag.

Asmain ·

Die man weet nie self wat hy wil he nie. Die een oomblik wil hy gesprekvoering he oor die vlag en sodra mense met hom gesprek voer kry hy n interdik teen hulle…

Fran ·

Nee, nee, Oranje Blanje Blou, jy het die kat aan die stert beet :)

Jax ·

Ai tog! Hoe op dees aarde gaan Ons ooit groei en voorentoe gaan, as Ons die heeltyd in die verlede in dinges! Ons het flinke groei nodig; nie makeer die pas of omkeer nie!
Ek wens mense wil ophou krap waar dit nie jeuk nie!

Pierre ·

Trots Afrikaner boer is in ons, dit word nie deur n vlag bepaal nie!

samajoor ·

Ai, ek sien nerens my naam op die vlag nie en is bitter teleurgesteld daaroor.
Miskien is my naam op die agterkant geskryf?

Anoniem ·

Ek het na die ding geluister op RSG en hulle is so on ingelig die arme Rudolph meisietjie het nie eens geweet waaroor gaan die name op die vlag toe sy gevra word oor dit toe klink sy soos iemand met n warm aartappel in die mond. Nee wat hulle is soos aambeie net n pyn wat kom en weer sal gaan. Soek net aandag. Al wat my onstoke maak dit is mense wat al hierdie dinge skree wat nie eens weet wat regtig gebeur het in die apartheids jare. Hulle is nou die dag gebore en nou maak hulle lawaai.

Swanna ·

PIENAAR MY NAAM IS OOK NIE OP DIE VLAG NIE. JY VAT AAN MY MENS WEES. EK WIL MY NAAM OOK OP DAARDIE VLAG SIEN.!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

CG ·

In my hart is my naam ook op daardie vlag. Wees maar versigtig wanneer jy daarop trap…

Henk Brand ·

Lekker die ander dag geglimlag toe ek in ‘n kerk in Australia inloop. Teen die een muur was daar vlae van verskillende lande o.a. die nuwe EN ou SA vlag, by verre die uitstaande van almal.

Sê maar net ·

Ek stel voor ons gebruik die huidige vlag, skryf slagoffers van geweld soos moord en verkragting op die vlag. Dan plaas ons dit ook in die straat en kyk wat gebeur… Ek is nie trots op die huidige vlag nie, wat het dit bereik vir my? Ek ondersteun vir Steve!

Dorita ·

Dis betreurenswaardig dat ‘ persoon so op ons geskiedenis, erfenis en respek kan trap. Elkeen is geregtig op sy opinie, maar dis onnodig om ons kosbare erfenis te besoedel. Miskien is dit ‘n reuse minderwaardigheids kompleks.

Boerseun ·

Dit word beweer dat Pienaar destyds vir Nasionale Intelligensie gewerk het toe hy as “KP-lid” ‘n vergadering van Mandela by TUKS ontwrig het (deur Rapport onthul) en die ANC-vlag verbrand het. Dis baie duidelik dat hy steeds vir NI werk om die Boere te verguis en swart te smeer ten einde die swart massas aan te hits tot volksmoord teen die Boere. Kyk maar net wie betaal elke maand sy geld in sy bankrekening, en die prentjie sal duidelik word.

Danie Van Den Berg ·

Dit is baie duidelik dat mense soos Pienaar deels verantwoordelik is vir die gemors wat in ons land aangaan.

ek sê maar ook ·

Sê maar net: nee ons skryf nie slagoffers op die nuwe vlag maar die moordenaars en soos ZUma en Malema se name daarop

Christopher ·

Boerseun hierbo is korrek. Pienaar is ‘n NI agent (akteur) en provokateur – vanaf die dae van die valse-vlag KP tot nou. Pienaar glo seker ook dat wanneer hy sy wit haat so wyd adverteer dat die bloeddorstige hordes sy wit vel eendag sal uitlos wanneer die burgeroorlog uitbreek.

Mrs.B ·

Trots Afrikaans en trots Suid Afrikaner. Niemand sal dit kan verander nie. Ons geskiedenis sal altyd in ons harte wees, en geen politieke gekerm sal dit kan verwyder nie. Voel jammer vir die wat oor die draad geklim het om aandag te soek.

VanAfrika ·

Ons ou landsvlag staan trots vir: Geen moord , geen verkragting, geen diefstal, geen bedrog.

Ons ou landsvlag staan trots vir: Eer jou God, Leer hard, bekwaam jou, werk hard, bou en hou respek, wees nederig maar doelgerig, hou fokus, bou en hou geloof

As mens eintlik so na die ou landsvlag staan en kyk, dan toon daardie vlag eer en respek en reinheid uit, sit daardie vlag tussen enige ander vlag en hy staan by verre kop bo skouers by die ander vlae uit.

Potts ·

En daar bemagtig aandagsoeker Johan Pienaar homself met die vlag

Casper Labuschagne ·

Wat het van die invoegsel in bostaande berig vanuit Johan Pienaar se Twitterstroom geword wat gistermiddag nog sigbaar was? Het Johan Pienaar vir Maroelamedia geblok of het hy dit op Twitter uitgevee? Daardie invoegsel het kritiese insig en agtergrond verleen tot hierdie berig. Maroelamedia behoort ten minste Johan Pienaar se Twitter @ benaming in te voeg sodat lesers dit self op Twitter kan gaan opsoek want dit verleen ‘n totale nuwe dimensie aan hoe walglik Pienaar se optrede vir ‘n beduidende groep Afrikaners is.

Gesiggie ·

Ou Steve laat daai vlag wapper my maat….Jy is n Suid- Afrikaaner duisend… jy moet ons President word…. Viva Suid- Afrika Viva…. Trots op jou”’soos wat jy Trots is op jou Land Suid-Afrika… Well Done…

Jeanette ·

Wat kan enige landsvlag doen om jou saligheid te laat be-erwe? Dis net ‘n simbool van die tyd waarin ek groot geword het, nie bang om buite te speel of van die skool af te loop sonder om aangeval te word nie. Wat doen die nuwe “vlag” vir enige persoon in Suid-Afrika, gee dit vir ons kos, werk, sielevrede of enige iets anders? My siening is dat dit duidelik niks beteken om ‘n vlag te aanbid nie. Ruk julle reg Suid-Afrikaners. Steve jy is my hero!!! En oom Pienaar hoop dit het jou beter laat voel, lyk my nie daar is nie eintlik iets anders in jou lewe wat die moeite werd is om voor te veg nie, behalwe ‘n vlag wat in elk geval verban is. Dit beteken nie rassisme nie, dit beteken ons het geveg vir ons vryheid?

ChrisE ·

Ai tog. Wat my die meeste van die huidige situasie verbaas is die ontgogeling van sekere wittes. Mnr Pienaar is duidelik nie baie ernstig oor sy beroep of situasie nie. a. Erkenning van enige aard is aanvaarbaar,maar die totale miskenning van ‘n persoon veroorsaak dat jy jou bestaansreg bevraagteken. Ek lag maar vir die sulkes. Was almal seker bottelbabas gewees.

mp ·

wonder wat word die meneertjie betaal….. theres nothing like a free lunch!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.