’n Groot hoeveelheid persoonlike beskermingstoerusting (PPE) wat vir skole in Umlazi, in die Pinetown- en Zululand-distrik in KwaZulu-Natal bestem was, het weggeraak. Dié toerusting is miljoene rande werd en het glo onderweg na die kantore en skole in die distrik verdwyn.
Die toerusting is bedoel om skole in staat te stel om die nodige veiligheid- en gesondheidsmaatreëls te implementeer om die verspreiding van Covid-19 te verhoed wanneer skole weer oopmaak.
Kwazi Mshengu, die LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, sê die verdwyning van die toerusting kniehalter die planne om skole in die distrik voor te berei vir wanneer hulle eerskomende Maandag weer moet heropen.
“Om hierdie toerusting te vervang, gaan die departement miljoene rande kos. Dit is geld wat die departement nie het nie,” sê Mshengu.
Mshengu het die provinsiale hoof van die onderwysdepartement versoek om dringend ondersoek in te stel na die verdwyning van die toerusting.
Nog geen verdere inligting is bekend oor wat presies met die toerusting gebeur het nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Gewetenlose skelms. Net as ek gedink hetniks kan my meer skok nie.
Glo nie n woord nie dis beplan sal wel uitkom teen n prys. Die klomp is skelm
Goed verdwyn nie sommer net nie. Daar is seker voor betaal maar nooit gelewer nie
“Verdwyn” beteken dit bestaan nie meer nie, wat ‘n mooi woord vir DIEFSTAL.
ja die kaders het inside information gekry……. want wie het geweet waar word dit geberg ……… die skelm werk vir department