Beskuldigde in ‘Angel’-moordsaak baie ernstig siek

Deon Harmse (Foto: Raahil Sain/ANA)

Die saak teen twee mans wat beskuldig word van die moord op die 12-jarige Aliya “Angel” Tee, is Dinsdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth uitgestel.

Tee is in Junie 2016 vermoor toe gewapende mans, wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, op die agterdeur van haar huis in Barberrystraat in Bethelsdorp losgebrand het.

Nealon Redhouse (18) en Deon Harmse (24) is in verband met haar moord en poging tot moord op haar ouers in hegtenis geneem. Die twee mans staan ook tereg op aanklag van huisbraak met die doel om moord te pleeg en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Die saak kon egter nie Dinsdag hervat nie, omdat Harmse ernstig siek is. Hy het baie gewig verloor en ʼn mediese toestel is aan hom verbind. “Hy is in baie pyn en nie in staat om voort te gaan nie,” het sy prokureur, James Riley, gesê.

Tee was ʼn graad 7-leerling en prefek aan die Strelitzia Primary School in Port Elizabeth.

Haar pa, Edmund, is geskiet toe hy die aanvallers wou afweer. Nadat die aanvallers hom geskiet het, het hulle glo na ander gesinslede in die huis begin soek. Tee en haar ma, Candice, was in die badkamer toe die aanvallers op hulle afgekom het. Hulle het by die aanvallers gepleit om hulle nie te skiet nie, maar die meisie is in die kop geskiet.

Haar ma het die aanval oorleef. Sy het haar bewussyn verloor tydens die skietery. Sy het later bygekom en haar dogter se lewelose liggaam gesien.

Die saak is tot 26 Maart uitgestel om Harmse se mediese toestand te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

marous ·

Die wet maak duidelik voorsiening om in sy afwesigheid aan te gaan .

Ben ·

Ongelooflik dat die regbank met n dader, n sogenoemde polisiebeampte, wat n onskuldig meissie deur die kop skiet, simpatiseer. Is dit die nuwe S.A? Daarin wil ek nie wees nie. Dit is nou hier toe en niet verder nie!

A ·

Ek dink dis tyd dat kriminele nie meer regte het nie. Hy verdien nie mediese sorg nie. Hy moet boet vir sy onmenslike dade.

Frik ·

Stem saam. Hy behoort geen mediese behandeling te kry en harde arbeid te doen. Hy het geen genade betoon so hoekkom moet hy nou begenadig word.

pop ·

jip hy verdien nie medies ni en geen voorregte nie hy kan bly wees ek nie n regter nie

Tammy ·

Snaaks hoe baie misdadigers deesdae siek word wanneer hulle voor die hof moet kom. Dis ook opvallend dat wanneer die misdadigers dwelms gebruik dit as n verskoning gebruik word wanneeer die straf uitgedeel word. Lyk my dwels het n verskoning geword om nie lewenslank tronk toe te gaan nie, maar dis n fout want DWELMS IS N KEUSE, NIKS ANDERS NIE.

Ada ·

Hy was nie siek toe hy gemoor het nie!!
Vanwaar die skielike siekte nou

Hanna ·

Bokka sy dag kom gouer as wat hy verwag het. Met daai siekte staan hy een voet op n piesangskil.

Nossob ·

Hoekom moet ons omgee oor hoe hy voel? het hy omgegee toe hy geskiet het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.