Beskuldigde in Eskom-moordsaak moontlik vrygespreek

Yende se gesin buite die Springs-landdroshof. Foto: Lindi Masinga/ ANA.

Daar is glo nuwe bewyse in die saak teen David Ngwenya (43), wat daarvan verdink word dat hy Thembisile (Thembi) Lucia Yende (29), ʼn werknemer van Eskom, vermoor het.

Zola Majavu, vir Ngwenya, het in die Springs-landdroshof laat hoor dat dié bewyse daartoe kan lei dat Ngwenya vrygespreek word. Hy het ook aangedui dat nog ʼn aansoek om borgtog moontlik ingedien kan word.

Die staat het versoek dat die saak uitgestel word vir nadere ondersoek. Die ondersoek kan glo nuwe verdagtes en DNS-toetsresultate insluit. Volgens Majavu kan die DNS-resultate Ngwenya se onskuld bewys.

Nester, Yende se emosionele ma, het gesê sy hoop geregtigheid sal geskied.

“Ek moet elke dag vir haar seun verduidelik wat met sy ma gebeur het. Hy word die 26ste sewe jaar oud en dit is moeilik,” het Nester gesê terwyl daar trane by haar wange afrol.

Maroela Media het vroeër berig Ngwenya het Yende glo vermoor nadat hy vermoed het dat sy ʼn koperkabeldiefstalsindikaat wou oopvlek.

Maroela Media het vroeër berig Yende se ontbinde liggaam is op 29 Mei in ʼn ongebruikte kantoor van Eskom se Pieterboth-substasie in Springs aangetref. Werkers by die stasie het die polisie ontbied nadat hulle bewus geword het van ʼn onaangename reuk in die geslote kantoor.

Yende is op 17 Mei deur haar ma as vermis aangemeld nadat sy dié betrokke dag nie ná werk teruggekeer het huis toe nie.

Die saak is uitgestel tot 15 November.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Onnie ·

Weer n onskuldige mens wat vermoor word omdat hulle die “regte” ding would doen….. Sad! Sies SA Government, skaam julle!

Toppie ·

Eish , moontlik gaan hy vrygespreek word en hy bring nog ‘n aansoek vir borg – hy is nie ‘n gevaar vir niemand nie – duidelik is sy kleur reg en was hy nie betrokke by enige KFC voorval nie.

jaco ·

As sy slagoffer wit was, kon ek nog verstaan dat hy vrygespreek word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.