Beskuldigde in Poppie-saak probeer selfmoord pleeg

Kobus Koekemoer tydens 'n vorige verskyning in die Brits-landdroshof. Foto: Maroela Media

Kobus Koekemoer tydens ‘n vorige verskyning in die Brits-landdroshof. Foto: Maroela Media

Kobus Koekemoer (43) wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op sy stiefdogter, Poppie van der Merwe, het probeer selfmoord pleeg.

Cobus Ludick, van die ondersteuningsgroep Justice for Poppie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Koekemoer het hom vanoggend uit sy hospitaalkamer gebel. Volgens Ludick deel Koekemoer ʼn hospitaalkamer met iemand wat ʼn selfoon het en hy kon toe só met Ludick kontak maak.

Koekemoer het verlede Donderdagaand reeds probeer selfmoord pleeg. “Hy het vanoggend net gesê hy het sy polse probeer sny,” het Ludick verduidelik.

Koekemoer en Poppie se ma, Louisa Koekemoer (45), moet Woensdag weer in die Brits-landdroshof verskyn in verband met haar dood. Ludick het bevestig Koekemoer sal wel die hofverrigtinge bywoon. “Hy het gesê hy sal ná die hofverrigtinge weer moet teruggaan na die hospitaal toe.”

Die polisiewoordvoerder was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Maroela Media het vroeër berig Poppie is die aand van 25 Oktober na ʼn hospitaal in Brits gehaas, nadat sy vermoedelik aangerand is. Sy is kort ná haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Kobus is kort daarna vir haar moord in hegtenis geneem. Die patoloog het tydens Koekemoer se borgtogaansoek in November gesê die hoofoorsaak van Poppie se dood was ʼn harde hou teen haar kop.

Louisa is op 15 Desember omstreeks 15:00 by haar huis in Mamogaleskraal in Noordwes in hegtenis geneem.

Albei staan tereg op aanklag van moord en hul borgtogaansoeke was onsuksesvol.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sarel Strydom ·

Hoekom kamer deel, moet in afsondering gehou word al is hy in Hospitaal. Belastingbetaler se rekening.

ada ·

Kan nie minder omgee nie. Hy probeer seker in Weskoppies beland om sy straf vry te spring. Wat n looser! Ek dink nie jy kry slegter as hy nie.

Veronica ·

Hy moes dit gedoen het voor hy ‘n onskuldige kind doodgemaak het. Moontlik het sy dan nog gelewe. Rus sag kleinding.

Poplap ·

Poppie kon nie selfmoord pleeg om uit haar verskriklike omstandighede te ontsnap nie. Sy was aan jou wreedheid uitgelewer totdat jy haar dood veroorsaak het. Jy dink dalk dis die maklike uitweg om selfmoord te pleeg, maar anderkant die dood sal jy voor die Here moet staan vir wat jy gedoen het. Het jy al daaraan gedink?

Genoeg ·

Stem saam hy soek aandag. Ek sal jou ook kom help as jy sukkel hoor. Vra net ek sal google vir jou hoe en waar om te sny. Geniet die tronk.

Jane ·

Gee regtig nie om nie, dalk begin sy gewete hom nou pla, of is hy bang vir wat in die tronk vir hom wag .. solank hy net skuldig bevind word en TOEGESLUIT word is ek tevrede .. hy saam met sy vroulief .. hulle kan altwee sit vir so lank as wat hulle leef .. wil daarna niks eers meer van hulle hoor nie.

Annie ·

Stem saam met jou Jubba en as jy dit wil doen doen dit reg die eerste keer. Hoop nie iemand kry hom jammer nie, Skuldige gewete dis hoekom hy dit wil doen,.

Jone ·

Hy wou nie selfmoord pleeg nie. Hy wou net uit die selle kom. Dis tog baie lekkerder in die hospitaal as die selle.

Martie ·

SKULDIGE GEWEETE???
Sluit hulle altwee toe en gooi die sleutel weg!!!!

Alida ·

Hy moet maar selfmoord pleeg niemand gee om nie. Onthou net daardie Louisa is ook in die tronk met baie goeie rede. Glo my. Ek hoop alles kom in die hof uit.

Rudel du Preez ·

Alida stem saam,die Louisa weet van alles,hoop sy kry ook lewenslank

muis ·

Probeer… Ag seblief.. Jy gan kole in die he’ll aandra! Jy moes jouself lankal van die mensdom AF verwyder het Dan was daai Engel kind nou nog hier! Geregtigheid GAAN seevier!

Alida ·

Arme ou poplappie is op ‘n baie beter plek as waar sy was met daardie twee gemors ouers. As hulle nie uitgevang was nie sou dit net aangegaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.