Beskuldigde sterf in hof, mes in die hand

(Argieffoto)

’n 25-jarige gevangene is Dinsdag in die landdroshof in Oos-Londen doodgeskiet toe hy tydens kruisondervraging opgespring en ’n mes te voorskyn gebring het.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die Oos-Kaapse polisie, sê die gevangene het vanoggend in die hof verskyn in verband ’n beweerde ontsnappingspoging in 2018.

Die gevangene is tydens die hofverskyning onder kruisverhoor geneem. Dit is toe dat hy na bewering met ʼn mes in sy hand uit die getuiebank opgespring het.

Kinana sê ’n geweerskoot kon tydens die voorval in die hof gehoor word. Dit is egter nie in dié stadium duidelik wie die skoot afgevuur het nie.

Die gevangene is later deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Volgens Kinana is dit nog nie duidelik hoe die gevangene daarin kon slaag om die hof binne te gaan met ’n mes in sy besit nie.

“Die omstandighede rondom die voorval sal deel uitmaak van die ondersoek. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kabouse

Hier in Suid Afrika is enige iets moontlik so dit verbaas my glad nie.

Porseleintjie

Jy hoef nie 007 te wees om die een te ontrafel nie.

Moedeloos

Hmmm was die persoon wat hom geskiet het se lewe in gevaar. Waar is sy mense regte nou? Wonder maar net…..

Desiré

Hoe lekker lag ek nou Porseleintjie, jip jy slaan die spyker oo sy kop……

Misky

Baie snaakse en verdagte wapens wat deesdae opduik en of deur bewaarders by gevangenis al gegee word of beamptes by die howe. Selfs die Dros verkragter nou die dag met selfoon ook betrap. En daar is duisende van die gevalle