Beskuldigde terug in hof ná 3-jarige se moord

hof-hamer

Argieffoto.

Die man wat aangekla word van die verkragting van en moord op die driejarige Courtney Pieters sal Donderdag weer in die Goodwood-landdroshof in Kaapstad verskyn.

Die 40-jarige beskuldigde van Elsiesrivier het op 17 Mei vanjaar sy eerste hofverskyning gemaak. Die hof het tydens dié verskyning gehoor hy werk by ʼn inbelsentrum.

Hy is op 15 Mei vasgetrek ná Pieters se liggaam in ʼn vlak graf in Epping aangetref is. In daardie stadium het die hof beveel hy moet vir veiligheidsdoeleindes in die hospitaalafdeling van die gevangenis in Goodwood aangehou word. Hy het glo doodsdreigemente ontvang in die verhoorafwagtende afdeling van die tronk.

Pieters is op 4 Mei as vermis aangemeld nadat sy die laaste keer gesien is toe sy glo buite gespeel het.

Die beskuldigde is glo bekend aan Pieters se ouers en het blykbaar ʼn kamer by hulle gehuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Dus het hy toegang tot duisende mense se nommers en kry seker ook hul ander detail. Daar sal baie beter keurings op alle personeel gedoen moet word.

Lourens Kritzinger ·

Ek kan nie so iets wreed en sinneloos vergewe of vergeet nie. Hy sal sterf. As dit van my familie was,hy sou nooit die tronk van binne sien nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.