Beskuldigdes in ‘sataniese ritueel’-saak kry borgtog

Argieffoto

Argieffoto

WAARSKUWING: Die inligting in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Die grootouers en oom van ʼn negejarige seun en ʼn pastoor is Dinsdag borgtog in die Germiston-landdroshof toegestaan ná ʼn beweerde sataniese ritueel waartydens die seun glo gesodomiseer is.

The Star het Woensdag berig die oupa en ouma, sy 29-jarige oom en die 54-jarige pastoor is elke op borgtog van R4 000 vrygelaat.

Landdros Sharlotte Sithole het tydens haar uitspraak gesê ʼn mediese verslag van 2013, toe die seun sewe jaar oud was, het geen aanduiding gegee van seksuele misbruik of penetrasie nie.

Lt.kol. Hendrik de Jager, ondersoekbeampte, het Maandag die seun se nagmerrie beskryf en gesê die seun is glo oor ʼn tydperk, moontlik ʼn paar jaar, na bewering verskeie kere deur dié groep verkrag en gemolesteer.

De Jager het ook gesê dat die seun en sy ma dreigemente ontvang het, maar Sithole het Dinsdag gesê daar is geen bewyse van dié dreigemente nie.

Daar is vroeër berig dat die seun se oom en grootouers hom glo een keer na die pastoor se kerk geneem het. Die volwassenes het glo maskers en rooi mantels aangetrek en ʼn sirkel met rooi stene gemaak.

Hulle het die seun omring, “in vreemde tale gebid” en die kind aangesê om aan hul geslagsdele te raak. Sy oom het hom glo ook gesodomiseer.

Klik hier vir alle berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

snip ·

Ek kan nie glo dat borg aan die klomp toegestaan is nie. Hoop die seun is op n veilige plek.

Theresa ·

Dit wys jou nou net waar lê die prioriteite van diè wat veronderstel is om ons mense te beskerm . . . . . .
Hoop julle kry die borgtoggangers weer te sien!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.