Beslag gelê op duisende kreefsterte

(Foto: SAPD)

Twee verdagtes sal na verwagting Maandag in die Moorreesburg-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn nadat die polisie oor die naweek op duisende kreefsterte beslag gelê het.

Die verdagtes, 54 en 55 jaar oud, is laat Saterdagaand in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes ʼn verdagte voertuig op die N7 tussen Moorreesburg en Koringberg opgemerk en van die pad af getrek het.

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, is die motor deursoek waarna op 4 476 kreefsterte asook 33 ondermaat kreefsterte beslag gelê is. Die waarde van die vonds is meer as R450 000, aldus Van Wyk.

Die verdagtes sal teregstaan op aanklagte wat verband hou met die Wet op Mariene Hulpbronne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Blikke ·

As hulle maar net so ywerig is om verdagte voertuie van moordenaars ook te kan aftrek…..

Friedrich ·

Dis die wes kaap. Daar werk die polisie, nie soos hier bo in Gauteng nie.

Tanniepetoors ·

Kan iemand vir my sê wat word van die kreef en perlemoen wat gekonfiskeer word?

Rudolph ·

So roei ons diere uit terwille van ‘n smaak! Kyk Seaspiracy op Netflix en kry die feite oor wat aan die gang is met die oseane. Ons kan ‘n baie gesonder bestaan voer sonder om land of seediere te mishandel of dood te maak. Hoe kan ons ooit die slagting wat plaasvind regverdig? Is ons smaak so belangrik?

sopbeen ·

Nadat ek Seaspiracy gekyk het sal ek in my lewe nooit weer my lippe aan enige vis sit nie.

Roedolf Johannes ·

Waar gaan nou word van al daai kreef sterte,in wie se sakke gaan dit nou beland.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.