Beslag gelê op dwelms by lughawe

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het gesê daar is die naweek op dwelms met ʼn straatwaarde van R16 miljoen by die OR Tambo Internasionale Lughawe beslag gelê.

Marika Muller, woordvoerder van die SAID, het gesê ʼn man wat van Sao Paulo in Brasilië na Lagos in Nigerië via Suid-Afrika gereis het, is met 6,7 kg kokaïen met ʼn straatwaarde van R1,7 miljoen in sy besit gevind.

ʼn Vrou wat na Kinshasa in die DRK sou reis, is met 16,8 kg kokaïen in haar handsak betrap. Die dwelms het ʼn straatwaarde van R4,8 miljoen.

Volgens Muller is ʼn man wat Vrydagaand van Benin in Wes-Afrika die land ingekom het in hegtenis geneem nadat daar 30l vloeibare kokaïen in sy besit gevind is. Die dwelms het ʼn straatwaarde van R9 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jeanetta Taljaard ·

Nog goeie nuus. Knak gedaan, SAID. Mag daar nog vele sulke berigte wees.

ladybug ·

Goeie werk! Sorg nou net dat die gemors nie borg kry nie!

CHRISTA ·

Ek hoop hulle vind die grootkoppe wat agter die smokkelary sit. Hierdie mense is net meule, maar hulle moet ook hulle straf dra. So sal hulle leer om nie namens ander misdaad te pleeg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.