Beslissing oor Hlophe verwelkom

Die Wes-Kaapse regter-president, John Hlophe. (Foto: judgesmatter.co.za)

Die DA het Sondag die regterlike gedragstribunaal se besluit dat regter John Hlophe aan growwe wangedrag skuldig is, verwelkom.

Maroela Media het vroeër berig die tribunaal, bestaande uit afgetrede regter Joop Labuschagne, regter Tati Makgoka, ʼn appèlhofregter, asook Nishani Pather, ʼn prokureur, het die verslag saamgestel na aanleiding van ʼn klagte wat regters van die Konstitusionele Hof teen Hlophe aanhangig gemaak het.

In sy verslag het die tribunaal bevind Hlophe se gedrag is ʼn oortreding van gedeeltes van die Grondwet deurdat hy probeer het om regters van die Konstitusionele Hof onbehoorlik te beïnvloed, dat sy gedrag die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van die Konstitusionele Hof ernstig bedreig en daarmee ingemeng het, en dat sy gedrag openbare vertroue in die regstelsel bedreig het.

Die ondersoek spruit uit bewerings dat Hlophe glo probeer het om regters in ʼn saak oor oudpres. Jacob Zuma onbehoorlik te beïnvloed.

Adv. Glynnis Breytenbach, die DA se woordvoerder oor justisie en korrektiewe dienste, sê Hlophe se gedrag oor die jare het die goeie naam van die Wes-Kaapse afdeling van die hooggeregshof groot skade berokken.

“Hy is ʼn klad op die naam van die regstelsel en dit is hoog tyd dat hy die ernstigste gevolge van sy optrede dra,” sê Breytenbach.

Sy sê die parlement moet nou oor Hlophe se moontlike verwydering uit die amp beraadslaag. Ingevolge die Grondwet kan ʼn regter net uit sy pos verwyder word as die regterlike dienskommissie (RDK) bevind dat die regter nie meer sy werk kan voortsit nie, grof onbevoeg is, of aan growwe wangedrag skuldig bevind word.

Die DA het weer ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om ʼn afgetrede regter aan te stel om alle bewerings of onbehoorlike invloed en moontlike omkopery van lede van die regbank as deel van die sogenaamde Project Justice te ondersoek. Die projek was glo deel van beweerde onderduimshede wat by die Staatsveiligheidsagentskap gepleeg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Persheks Adri ·

Hy’s dan klaar skuldig bevind so jaag hom weg punt hoe moeilik kan dit nou wees?

Cyril gaan hom seker bevorder pffft klomp onbevoegde kaders net waar ons kyk!

jzjz05 ·

Dit eie aan die ANC,vergeet van dadwerklik optreede alle kaders se stories word so uitgerek om te sien of dit nie miskien maar kan verdwyn nie.

Mariana ·

Dank hom met onmiddelike effek af, hy is skuldig, waarom nog so skarrel en wag vir parlement. Cyril en sy kaders sal hom nooit laat gaan nie.

pieterweskaap ·

Dit sal nie help om haastig te raak nie, hierdie is maar net nog ‘n vyfjaarprojek.

Alet ·

Kyk die anc het belowe hulle gaan werkloosheid aanspreek. En wraggies hulle doen dit. Dis komitee op komitee en ondersoek op ondersoek. Net jammer dis die top bra’s wat elke keer baatvind en nie die man in die straat nie.

Hennie J ·

Hy (en sy gade) is die grootste skande wat ons regstelsel nog ooit beleef het. Smyt hom nou uit!

Jakes ·

Die geloofwaardigheid van ons regstelsel word nog verder vertroebel deur mense soos Hlope wat uiteraard n meeloper van Zuma is.

Tiptol ·

‘afgetrede regter aanstel om moontlike omkopery te verhoed’. Vreeslik dat daar vooruit moet beplan word om korrupsie teen te werk. As almal wat voor 1994 gewerk het, net weer aangestel kon word, was daar weer hoop.

Misky ·

Daai gesig spreek boekdele…… Urghhhh, laat hom net gaan en hy lyk afgemat en nie lus om daar te wees nie. Gee hom die trekpas, asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.