Beslissing oor ou SA vlag: ‘Die Stem is volgende …’

Die Suid-Afrikaanse vlag. (Foto: Wikimedia Commons)

Die besluit van die gelykheidshof dat die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag in ʼn sekere konteks op haatspraak neerkom, het hewige reaksie ontlok.

Die beslissing is uit verskeie oorde verwelkom, terwyl talle ander die beslissing betreur.

Adjunk-regter-president Phineas Mojapela het Woensdag bevind die ongegronde vertoon van die ou vlag word nie beskerm onder vryheid van uitdrukking nie. Mojapelo sê die swaai van die vlag is verdelend, pynvol en gaan verder as haatspraak: dit is teistering.

Dít beteken dat die ongegronde tentoonstelling van die vlag, byvoorbeeld by ʼn sportbyeenkoms, verbied word. Die vertoon daarvan word steeds in byvoorbeeld museums en akademiese konteks toegelaat.

Die Nelson Mandela-stigting (NMS) het die aansoek by die gelykheidshof ingedien en die Menseregtekommissie (MRK) was die tweede aansoeker in die saak.

Die EFF het die beslissing oor die “bose vlag” verwelkom. “Ons sê al lankal dat die apartheidsvlag, asook ander apartheidsimbole, moet val. Ons verwelkom die beslissing as ʼn mylpaal en oorwinning vir diegene wat vra dat apartheid- en koloniale simbole in die samelewing verwyder moet word,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

“Die apartheid- nasionale volkslied moet in sy vlag se voetspore volg. Die apartheidvlag en sy volkslied behoort aan dieselfde spesie. Dit is twee kante van dieselfde muntstuk. Wanneer wit heerssugtiges die vlag swaai, salueer hulle dit deur ‘Die Stem’ te sing, omdat hulle saamhoort in anti-swart, rassistiese gedrag.”

Die EFF sê ander apartheidstandbeelde, straatname en simbole moet ook tot haatspraak verklaar word.

Die VF Plus het gesê die uitspraak skep ʼn gevaarlike presedent. “Suid-Afrika se howe moet hulle by die reg hou en nie ingetrek word in die moeras van morele oordele nie,” het dr. Corné Mulder, die VF Plus se hoofsweep, gesê.

“Nasiebou is nie om een se wil op ʼn ander af te dwing nie. Dit versoen nie, dit skeur in twee. Dit is al wat hierdie uitspraak gaan bereik.”

Die ANC het die beslissing verwelkom. “Ons stem saam met die hof dat die vertoon van die ou vlag die waardigheid van swart mense beskadig en dat diegene wat dit vertoon doelbewus onderdrukking oor bevryding kies,” het Pule Mabe, ANC-woordvoerder, gesê.

“Die uitspraak is ʼn bevestiging van die ANC se standpunt dat die ou apartheidsvlag en ander apartheidsparafernalia verdelend is en ʼn hunkering na die lelike verlede verteenwoordig. Ons glo enige getrouheid aan apartheidsimbole ondermyn pogings om ʼn nuwe, demokratiese samelewing te bou, gegrond op die waardes van geregtigheid, gelykheid en vryheid.”

Die DA het gesê die demokratiese vlag verteenwoordig alle Suid-Afrikaners en omvat die waardes van eenheid in diversiteit.

“Die apartheidsvlag vorm deel van ons pynlike geskiedenis en moet gebruik word om op te voed en in te lig. ʼn Algehele verbod op die vlag sou toekomstige geslagte ontneem van die land se volle geskiedenis – ʼn geskiedenis wat ons nooit moet vergeet of herhaal nie. Dus is ʼn beperking op sy gebruik vir akademiese navorsing en joernalistieke doeleindes ʼn belangrike deel van die uitspraak,” het Annelie Lotriet, voorsitter van die DA se parlementêre koukus, gesê.

Sy het gesê daar ís diegene wat die ou vlag wil misbruik en terugtrek na ʼn laer van rasse- en kulturele identiteit. “Dit verhinder maatskaplike samehorigheid en ondermyn die demokrasie.”

Die parlementêre portefeuljekomitee oor sport, kuns en kultuur het gesê geen groep behoort meer apartheid en sy simbole te mis nie. “Die verdelende neigings van ʼn handjievol moenie gelykgestel word aan en met Afrikaners nie. Dit is uitsonderings,” het Beauty Dlulane, komiteevoorsitter, gesê.

“Die beslissing versterk die komitee se siening dat ʼn groot aantal Suid-Afrikaners, Afrikaners ingesluit, die waardes van ʼn nuwe Suid-Afrika verwelkom en bereid is om te help.”

Dlulane het gesê Suid-Afrikaners moet ʼn erfenis wat vrede en samehorigheid bevorder, verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

102 Kommentare

Cherokee ·

En julle wat DA stem ondersteun die wegdoen daarvan. Julle sal ook die wegdoen van die Stem ondersteun.

MJ ·

Pieter is heeltemal reg. Die ANC en DA se beleid en sentiment is dieselfde. Die een is net blou en die ander groen.

Kallie ·

Lyk my julle haat die DA meer as die ANC? En die DA is nie eers aan bewind nie.

Kobus ·

Moet sê, die Wes-Kaap funksioneer baie goed onder die DA. Selfs die NGV sal hier werk. Die kommentators hierbo moet maar net gaan kyk voordat hulle vergelykings maak. Maar nou ja, die ANC smokkel maar met die mense se koppe.

Tiaan ·

Ok so kom ons verbied die Britse vlag ook aangesien ons Afrikaners dood gemaak is deer hulle.
Dit wys jou ons Afrikaners gaan al hoe minder sê in die land hê.
Hulle speel die jammer kry spel. Kom oor dit want ons Afrikaners het.

Piet pompies ·

Moenie verbaas staan nie! Die JA stem was die fondament vir dit wat nou gebeur. Op watter model Afrika staat was jul JA stem gebasseer?

SOS ·

Hierdie mense ly selektiewe denke. Solank dit hulle pas en dit terwyl moord en doodslag ‘n alledaagse geword het in hierdie land. Snaaks hoe ons blanke belastingbetalers se geld alles moet probeer reg hou.

Robert ·

Almal wat hier lees , verander jul selfoon se profile foto na die ou landsvlag in protes

Eben ·

Ek is 100% ten gunste van die verwydering van die Stem-gedeelte uit die landslied (let wel, nie die volkslied nie). Dit was nog altyd vir my ‘n steen des aanstoots dat ‘n gedeelte van die pragtige Stem saam met ‘n verwerplike proteslied gesing word. Ek het ieder geval nog nooit die landslied gesing nie, en staan ook nie op wanneer dit gesing word nie. Laat die Stem ‘n Afrikaner-volkseie lied bly en laat ons dit by alle volksbyeenkomste sing. Die tyd van neerbuig voor die ANC-EFF kommunistiese diktatuur is verby!

B ·

Maak twee van ons. Ek hoop meer sal so begin optree as stille protes.

Akademi Buktu ·

Dis soos die herbenaming van paaie en plekke. Die toestand en bemorsing van die plekke is in elk geval beledigend vir die mense na wie dit oorspronklik vernoem was.

Jimmy ·

Op Loftes sal Afrikaners jou hardhandig behandel as jy nie vir Nkosi opstaan nie. Hulle het klaar oorgegee.

Aaag...toe nou,maar wat... ·

Aaaag…kry maar vir julle!
Julle het lankal, nié meer die MAG oor mý,om my te ontstel nie!
Vat maar gerus n dooie stuk lap of lied ook weg, as dit julle so pla!
JULLE KAN my nié tart of ontstig nie, ek LAG vir julle narre!
My sekuriteit en identiteit as Koningskind lê in Hom,nie in ‘aardse’ ou goedtjies nie

Iens ·

Stem saam met jou. My terughunkering na die verlede is nie na apartheid nie, my pa het ons feleer behandel alle mense dieselfde, swart of wit. Ek verlang net terug na die dae van veiligvoel, dae sonder geweld, dae sonder klomp moorde elke dag. Die ou vlag is mooi, maar ou of nuwe vlag… ai wat maak dit saak. My hart raak net seer as ek dink dat soveel van ons kosbare geskiedenis nie aan ons kinders oorgedra gaan word nie.
Ek wil net vrede hê in SA, en wetsgehoorsaamheid en respek vir mense en diere se lewens.

Elize ·

Mnr Donald Trump wil glo Groenland koop. Wonder of hy nie dalk sou belangstel om die ANC; EFF en en te koop en daar te herontplooi nie. Hulle kan ALLES wegvat en verbied, maar gelukkig kan hulle NIKS aan my “memories” doen nie.

Johan ·

En. Skielik is al SA se probleme opgelos en sal daar vrede en voorspoed wees….

Skoolgeld ·

En so gaan al die bloed, sweet en smart van ons voorvaders in die drein af! Wat ñ skande, het so sonder dat ñ haan kraai oor ons volk gebring ?

NOG N BOERIN ·

Jaa,smyt die ou vlag weg en volkslied ook, Langenhoven was in elk geval n vrymesselaar!

flip ·

Hi nog n boer, moet nou dat ons ou paar Suid Afrikaners wat nog oor is nie onder mekaar baklei nie , maar het jy nooit trots die stem gesing nie [weet nie oud jy is nie ] maar ek is al ou tand en het dit 100 de keer gesing, maar om nou te se Langenhoven was n vrymesselaar en voel vere, ek stem,,, verwyder die gedeelte van ond volkslied want dit dien geen doel nie

Boeta ·

Nou moet ek nou kwaadwees of huil of aanstoot neem…as die narre ons tart?

JohanR ·

Voor die Stem moet kom “kill the boer, kill the farmer”. As dit nie haatspraak is nie…..! Mag ek nog onder my ou vlag lakens en komberse slaap….die oranje, blou en wit?

Pop ·

Jipeee, die vlag is weg. So nou sal ons geen moorde, betogings, roof en aanranding en afbranding van eiendom verder beleef nie nê!!!!alle probleme is woeps nou weg

Christien vd Westhuizen ·

As die ou landsvlag haatspraak is dan moet alles wat onder die ou landsvlag tot stand gekom het bv transnet eskom die unie gebou ensovoorts ensovoorts ook haatspraak wees of hoe?

Boland ·

Goeie punt Christien.My vraag is hoekom lyk Transkei na al die jare nogsteeds so.Geen ontwikkeling.As dit maar net my grond was.

Harry ·

Christien, jy is presies reg, maar kan ook die blankes en veral die boere byvoeg, want ons verteenwoordig ook die “gruwels van die verlede” en moet dus weggedryf en uitgewis word, sodat die parasitiese kamerade alles in besit kan neem.

Griet ·

Jaaaa…lekker huil oor n stuk lap uit die verlede, wat regtig nie,dié land kan red of verander…as julle die MOED het om dit te plaas MM

leser ·

die mandela stigting is niks anders as ‘n kommunistiese groep nie
mandela self was ‘n kommunis en verantwoordelik vir die kerkstraat bom, was die nie vir die pretorius / bosman straat robot wat teen ons gedraai het nie, was ek nie vandag hier nie, die oomblik toe die dem ding afgaan was ons op die hoek van kerkstraat en bosman str onderweg na die weste
almal van ons dra haat in ons

Christa ·

Die landsvlag is vir my n simbool van vryheid. Geen moord en toi-tois en n skoon omgewing. So sing ek die volkslied Soos ek hom wil sing. Waar is my vryheid van spraak .

Jaco ·

Hi siestog, ek is van Joodse-duitse afkoms en as ek iemand sien n swastika rondswaai steur ek my nie eens daaraan nie, ek is te besig as om my daaraan te steur, besig om my lewe te verbeter, my besighede te bestuur, my lewe te geniet, mense lief te hê en te geniet, mense het hopeloos te veel tyd op hul hande om oor sulke snert howe te nader. Gelukkig het ek nie n lae selfbeeld nie. My oupa en ouma groetjie se lewens was feitlik verwoes deur n siek diktator, maar hul het nie na die tyd gaan staan en verwyte rondgeslinger nie, hul het vorentoe gekyk en n helse sukses van hul lewens gemaak. Hierdie ANC spul het nou al amper 30 jaar kans gehad om op te bou en nogsteeds word daar die “blame game” gespeel Terwyl alles ten gronde gaan!!

JJ ·

In jou drome, na meer as 75jaar, sou enige iemand iets negatief teen Jode of Isreal sê is hulle anti semities. Jode kan nie vergewe of vergeet nie maar wel dieselfde doen. – vra maar vir die Palestyne

Vlakvark ·

Presies!

Dra die ANC-vlag met sy spies en skildvel simbole ‘n boodskap van geregtigheid en naasteliefde oor aan alle Suid-Afrikaners? Kwalifiseer hierdie vlag dan nie ook as haatspraak nie?

Ronell ·

ai Bou ? – die ANC het nie idee wat om te bou nie-al wat hulle bou is werklose monde wat nog werklose kinders bou wat op 1% werkendes teer

Vic ·

Dat drie gekleurde strepe op ‘n stuk lap nou soveel mense die harnas injaag.

Waarheid ·

Ai die minderwaardigheids kompleks van die lot is so groot.
Nog steeds sal dit hulle nie verander nie…..

ANC ·

Siestog, hier sit en kla julle oor die goeie ou dae… dis verby, word wakker nooit weer buig my volk nie. Let wel, NOOIT WEER

HPV ·

Ja ANC, soos jy sê “NOOIT WEER” sal ons Eskom, SAL, Denel ens hê nie , moet nie vergeet van werkende rioolstelses en skoon water nie. Jy weet ek het reeds my eie sonkrag en boorgat, tans besig met die grawe van ‘n put toilet! Ons noem dit “TERUG IN DIE VERLEDE” !

Rooikop ·

Dit is aanvaarbaar om te sê “Ons vra nie dit wit mense doodgemaak word nie, wel nognie” is aanvaarbaar. “Kill the boer” is aanvaarbaar maar ons mag nie ‘n vlag swaai nie? Heeltemal belaglik. Nou moet ek egter bysê ek was nooit life vir die Oranje Blanje Blou nie – nie met die gewraakte ingelse drekvlag daarop nie. Daardie simbool van haat teen ons mense wat eintlik maar nogsteeds aan die werk is.

Vryheid ·

Gee al lankal nie meer om nie wat hulle doen nie. Als is verwoes deur die anc en dit wat nog oorbly van waarde sal hulle ook nog verwoes. Aardse goed

Rudi Botha ·

So alles wat in die apartheid jare gebou is moet ook verdwyn, infrastruktuur, hospitale al die skole en universiteite. Want laat dit nie ook die bo genoemde swartes dink aan die pynlike geskiedenis.
En wat van die anc flag wat ons laat dink aan die terroriste se bomaanvalle op onskuldige mense. Die plaas aanvalle en landmyne wat op plaaspaaie geplant was onder die anc flag. En dan paat ons nie eers van ons voorouers en die voortrekkers wat ge moor was onder die naam Shaka en Dingaan wat oral in die land voorkom.

Humbug ·

????????????????????Ek ken net die stem. Het geen behoefte om nuwe volkslied te leer. EN ja die wat iets te Se het oor hoe Ek voel. Dis nou maar so.

flip ·

S tem 100%, ek voel ook so, unie gebou, paul kruger die monument, STASIES EN WAT NOG !!!!!

flip ·

Hi nog n boer, moet nou dat ons ou paar Suid Afrikaners wat nog oor is nie onder mekaar baklei nie , maar het jy nooit trots die stem gesing nie [weet nie oud jy is nie ] maar ek is al ou tand en het dit 100 de keer gesing, maar om nou te se Langenhoven was n vrymesselaar en voel vere, ek stem,,, verwyder die gedeelte van ond volkslied want dit dien geen doel nie

O Wee ·

Die Ja-stemmers en Ja-broers moet begin Pa-staan vir die uitroei van ons geskiedenis.

Nick ·

Hoe lekker lag ek nou, die so called boere kry nog n bloed neus en hulle blaf nie eers nie, wat n swak nasie is ons…….!!

Jimmy ·

Reeds volgende maand gaan die Springbokke nie meer Die Stem sing nie.

Oom Kalahari ·

Ek het groot geword en gedien vir my land onder my ” Bybel (Godsdiens), Landsvlag en Stem” en sal altyd deel van my en familie wees. Ons verteenwoordig nie die kommunistiese vlag, volkslied nie en ook is ons Godsdiens oral ook ontneem. Ons leef dan maar in die verlede want dit is beter as die huidige en toekomstige tye.

Viva Witman ·

Annelie Lotriet van die DA matig haar aan om die Oranje Blanje Blou ‘die Apartheidsvlag’ te noem. Hierdie trotse vlag is reeds op 31 Mei 1928 amptelik in gebruik geneem. Hoe rym dit? Sy weet duidelik gevaarlik min van ons land se geskiedenis! Watter blanke gaan weer vir die kruipsugtige DA stem?

Peet ·

Moes gaan “check” het wat “gratuitous” beteken soos ek dit vestaan het. Wel, dis ‘n redelike beskrywing van die biljoene wat gestroop is uit ons ekonomie. Die regspleërs is ook maar bekomerd oor hulle pensioene.
Al wat mens kan vra is dat die agbare regsbanke ook ewehandig gaan uitspraak lewer oor die “gratuitous” rassistiese uitsprake van vonkelwyn suipers.
Ook ‘n woordjie van waarskuwing aan die juigendes – wit en andersins. As ‘n vlag julle sulke ongemak verskaf is julle maar vlakdenkers. Wees eerder besorg om die stropers, korruptes en ander kaders agter tralies te sien.

Pieter ·

En hoe gaan jy hulle agter tralies kry my broer ons almal in die land weet mos hulle word beskerm ons regstelsel is n grap vertel jy vir ons hoe gaan jy hulle agter tralies kry

Zachrys ·

Die Vierkleur was nog altyd vir my mooier…. dit het nie ‘n Engelse vlag in nie…. Ek sal die Vierkleur waai.
En die Stem koester.
Siener het ook gesê die Vierkleur gaan weer wapper… So lykmy dinge val in plek…

Ronell ·

Fantasties,begin solank 4 kleur vlae produseeer en verkoop

Stan ·

Ons mooi vlag was in gebruik geneem 1928, ‘n volle 20 jaar voordat appartheid ingestel is. Verstaan nie hoekom die vold so voel nie. Ons boere behoort eintlik die vlag te gehaat het met die Union Jack daarbinne!

Blikke ·

En dan dink ek vanaand aan my vriende JM Schuurman en LT Alves wat hulle lewe vir hierdie Vlag en Volkslied opgeoffer het…..en dan weet ek….”Shame on you……Shame on YOU!!! Lest we Forget… Ek Salueer Julle!!!

Gaitsigubib ·

…. en ek vir julle Blike. Dankie vir jul opoffering.

Ig ·

Wonder wanneer gaan hulle die Voortrekkermonument aanvat??? Ek wag vir daai dag ek dink daar sal dan n oorlog wees, ek sê net??

Pieter ·

Nee my broer dit sal maar gaan soos dit nou gaan met ons ou landsvlag ons blankes het soos gewoonlik baie te se maar ons doen niks

Arno Scheepers ·

Nee Ig, die Afrikaner het homself verslaan. Ons aanvaar maar alles

Grassie ·

My vlag sal soos altyd in my huis hang en die wat nie daarvan hou kan maar terug gaan na hul eie huis. Ek mis die dae van oop deure slaap, buite gaan stap sonder vrees en nie elke aand met my geweer by my te slaap! Ek sal dit altyd mis. En dan wens ek, ek kan iewers in hierdie wêreld ‘n plek kry waar el kan lewe sonder dat mense hul waardes op my afdwing! Ek gee nie meer om of dit nie in Suid Afrika is, ek soek vrede!

Pieter ·

Ons ou landsvlag word verbied verbied dan ons blankes se belasting geld ook dit is mos julle land julle het mos nie die boere nodig nie hoekom is ons belasting geld dan goed genoeg gaan vra daai groot bek malema vir geld

ORB ·

iemand se vir my die vorige regering het apartheid begin , Ek vra toe die slim meneer wie dink hy is die vorige regering , hy se dis FW de klerk, toe begin ek giggel, toe ek hom vertel dat die vorige regering eintlik terugwerkend van af Jacob zuma,Thabo Mbeki , motklankie , mandela was. toe weet hy nie wat om te se nie. Maar nou dat kleur in n spesifieke orde gerangskik haatspraak is , gaan hulle nog wit blou en oranje ook verbied want die bloedjies kry hartpyne, as hulle dit sien

Only me ·

Vat ons trots ons geskiedenis maar weg, dis reg!
Wonder wat sal gebeur as ons julle ANC/EFF ens. se salarisse weg vat (ons belastinggeld)???
Besef nie jul bly van ons afhanklik!!!

Pieter ·

Dankie tog darm is daar nog iemand wat sin praat ons blankes het nie nodig om oorlog te maak nie ons vat net ons belasting geld weg dan wil ek sien wat gaan die slim anc maak ons praat te veel en doen te min

waarheid ·

Dra Oranje Blanje Blou by elke rugby wedstryd.
Ek lag my ‘n papie!!!

cornelia ·

Daar is geen betekenis vir my op die nuwe landsvlag nie. Al wat ek kan uitmaak is doodloopstrate. Die Nuwe vlag beteken net bedrog, moord, korupsie. Ek gaan nie my “vryheid van spraak” opdok en dit oor n vlag nie. Ek soek nie een in my huis of op my erf nie. Ek besit net 1, en dit is waarmee ek groot geword het. hy hang of wapper nie , maar hy is daar. ORB jy is reg. In 2015 het die Zulu King gese ” apartheid was beter en self Julius(uit die Mail Guardian). Ek se weer, die nuwe landsvlak dui doodloopstrate aan, dis hoekom die politiek so deurmekaar is, en niks kan opgeklaar word nie. hulle back-bite mekaar en hulle weet dit nie eens nie. So duuuuuu…… EK BLY BY MY STANDPUNT, FINISH EN KLAAR!!!!!!!!

Thys ·

Voor die soogenaamde Springbokke se wedstryde begin, watter landslied gaan julle ANC kaders sing sodra daai kaders van julle die Stem gedeelte verwyder het?????

Dirk ·

Ek gee nie om wie of wat hulle sê van die ou vlag nie.Dit bly my landsvlag tot die dag wat ek nie meer daar is nie.En die ou stem bly die beste.Ek het nog nooit die nuwe stem gesing nie en sal ook nie.Ken nie eers die woorde nie.

Trojaanse Donkie ·

Ja ons stem saam, haal uit die Stem voordat hulle nog ‘n oorwinning op hulle kerfstok maak. Binnekort gaan daar maar min witspelers oorbly en getalle by wedstryde bewys ddat bitter min mense belangstel om dit by te woon.

Domvraag ·

Hoe meer jy iets onderdruk hoe meer veroorsaak jy teenkanting. Ek het geen haat teen ander gehad nie maar na hierdie uitspraak het ek geen tyd vir die ANC, EFF, MRK ens nie en wonder waar is al die spul wat die wigte en teenwigte so goed gepraat het. Nee hulle sit lekker gerieflik en geniet hul gewaarborgde pensioene terwyl daar alhoemeer teen ons jong mense gediskrimineer word.

HPV ·

Ja ANC, soos jy sê “NOOIT WEER” sal ons Eskom, SAL, Denel ens hê nie , moet nie vergeet van werkende rioolstelses en skoon water nie. Jy weet ek het reeds my eie sonkrag en boorgat, tans besig met die grawe van ‘n put toilet! Ons noem dit “TERUG IN DIE VERLEDE” !

ANC ·

Nou waaroor die stress oor SA. Jy het mos jou eie goedjies. Geniet dit, ons sal SA geniet met ons pragtige vlag

HPV ·

Die anc kon my nog nooit stres nie, maar ek laat hulle stres. Dit is in elk geval al wat gaan oorbly is julle vlag, so geniet dit.

ANC ·

Ek en die res van SA sal. Majority rules, punt, stop en klaar. Van nou af tot in alle ewigheid sal ons SA lei

Dries Moolman ·

As daar nou een ding is waarmee hierdie meerderheids-regering goed is, is dit defleksie. Mense in Bloemfontein se lewens hang aan ‘n draadjie, want die staatshospitale sit sonder enige funksionele hoesorg eenhede, maar toemaar, die ou vlag is verban, wat ‘n groot oorwinning! Belaglik!

Suzette ·

Oeps ou anc en waarheen nogal gaan julle SA lei??? Vra maar net

Herr Krieg ·

Net nog ñ rookskerm om die aandag af te trek van die NGV en die nasionalisering van pensioenfondse! Gaan lees bietjie op na wat Samora Machell en Eduarto Mundlane met hulle Marxistiese Frelimo beweging in Mozambique aangevang het. Tot die diere wat wit was het hulle uitgewis!

OEPSIE ·

Ag dit pla my nie veel nie….want die VIERKLEUR sal weer wapper….dit is die ware vlag van ons mense.

HPV ·

Oepsie, mits jy ‘n vlagpaal vind wat nie weggedra is en vir skrootmetaal verkoop is nie.

ANC ·

Nee wat, noudat die vierkleur verban is vat ons sommer daardie paal!

Judge Dredd ·

Eintlik goed so – dit bewys maar weereens daar bestaan ten minste 2 onversoenbare nasies/kulture hier wat nooit sal vereenselwig – maak nie saak hoe baie die ANC/DA nasie bou/een land wil voorhou.
Enigste opsie is dat ons onafhanklikheid en ‘n stukkie grond vir onsself op eis.
Natuurlik sal die ANC/DA dit wil afmaak as net ‘n paar mense wat so voel – maar bottom line – ‘n groter nasie het nie ‘n groter reg om homself te regeer as ‘n kleiner nasie – lande soos NZ, Singapoer is ook net ‘n paar miljoen en hul regeer hulself.

Kobus ·

Jy bly seker nie in die Wes-Kaap nie. Hier gaan dit goed met die DA in beheer dankie.

jakes ·

Die ou landscvlag word nou verban maar ek oorweeg om mans en vroue onderklere te vervaardig met die ou landsvlag kleure. Dit word nie tentoongestel in die openbaar wanneer jy dit antrek nie maar tog sal dit patriotisme bevorder.

Phil ·

Dink net, as die wat so baie energie insit om die oranje, blanje, blou te verban tog net dieselfde energie wil insit om misdaad te bekamp sal hierdie land soveel beter wees! Ek gee nie om vir daai vlag nie want ek het twee jaar van my lewe op geoffer net sodat fw alles kon weggee omdat hy en sy np trawante slapg@t is. Vir my het die vierkleur (wat in elk geval deel van ons huidige vlag is) vir my baie meer betekenis. Dis alles in mens se kop en hoe jy dit WIL sien….,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.