Besluit om duisende by myn af te lê wyd veroordeel

Argieffoto

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, het Donderdag ʼn beroep gedoen op Impala Platinum (Implats) om hul besluit om 13 000 werkers oor die volgende twee jaar af te lê te heroorweeg.

Hy het Implats se aksie as “roekeloos” en “gevoelloos” beskryf.

Mantashe het gesê nét ʼn industrie wat nie hulle werkers as ʼn waardevolle bate ag nie tree op só ʼn wyse op.

Maroela Media het vroeër berig Implats het aangekondig hy gaan 13 000 mense aflê in ʼn poging om dié mynmaatskappy weer winsgewend te maak.

Implats het Donderdag in ʼn verklaring gesê drastiese herstrukturering is nodig om mynbou in ʼn volhoubare toekomstige posisie te plaas.

Die herstrukturering sal oor ʼn tydperk van twee jaar plaasvind. Dit sluit onder meer in die afskaling van 11 na slegs ses operasionele skagte om die jaarlikse vervaardiging van platinum van 750 000 fynons na 520 000 fynons te verminder, asook om permanente werknemers en kontrakteurs van 40 000 tot 27 000 te verminder.

Die vermindering in die aantal fynons wat geproduseer word, sal luidens die verklaring hoofsaaklik plaasvind om niewinsgewende platinumproduksie uit ʼn oorversadigde mark te verwyder.

Die vakbond Solidariteit het vandag ook gesê dat hy die nuwe norm waar mynhuise afleggings as die enigste gangbare uitweg tydens ongunstige marktoestande gebruik, ten sterkste veroordeel.

Connie Prinsloo, adjunkhoofsekretaris van die mynboubedryf by Solidariteit, meen egter dat die afleggings by Impala deel is van die nuwe normaal waar mynhuise as gevolg van die regulatoriese omgewing nie meer bereid is om vir ʼn tydperk die “pyn van finansiële verliese” te verduur terwyl hulle wag dat marktoestande verbeter nie. “Buiten die afname in ekonomiese groei, het die regering se vyandigheid teenoor die mynbedryf tesame met politieke en ekonomiese onstabiliteit daartoe aanleiding gegee dat mynhuise hul risiko’s onmiddellik hanteer en afleggings dus as korttermynoplossing gebruik,” het Prinsloo gesê.

Solidariteit simpatiseer met elke werknemer en hul gesinne wat deur die afleggingsproses geraak word. “Dit is ʼn geveg tussen die mynhuise, die regering en die globale ekonomie en ongelukkig word die werknemers dikwels in die spervuur vasgevang. Nou dra hulle die swaarste aan die gevolge van die oorlog tussen daardie drie partye,” het Prinsloo saamgevat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hansie ·

Die unies moet maar verantwoordelikheid hier aanvaar. Enige maatskappy se hoofdoel is om geld te maak, maar met al die stakings en loonverhogings, en dan ook die swak ekonomie, gaan dit broekskeur, en maak talle goudmyne ook toe. GEE een van die myne aan die unie om te behartig, dan moet jy sien wat gebeur

Stakers ·

Het die mynwerkers nie n tyd gelede gestaak en gestaak en ge ” demand” nie? Wat jy saai sal jy maai.

jankoos ·

Die werkers verbonde aan amcu en num is verantwoordelik hiervoor want hulle “demands” waarmee hulle die myne gyselaars hou het hulle ingehaal.

Msp ·

Dit maak 100% sin. Die RSA gaan van nou af vinnig sink en die seebodem tref. Ek persoonlik sien geen oplossing veral as jy na die rigting kyk wat die regering nou ingevaar het nie. Almal wat die land se ondergang bewerkstellig het staan nou in die ry om te aas wat oor is. Soos die ou mense altyd gesê het, as jy nie wil hoor nie moet jy maar voel.

Blackies ·

Staak nog dan gaan nog ‘n paar duisend. Dit is mos nie ons skuld nie, ons mag staak die regering se ons mag.

Pietman ·

Die mynhandves is roekeloos en gevoellooes. ‘n Myn is ‘n besigheidsentiteit, nie ‘n welsynsorganisasie nie.

Willa ·

Die mense moet vir hulle kry. Een kant staak meeste vir hoèr lone, en iewers moet die geld vandaan kom. Dis hoe ekonomie werk!

Boerseun ·

hahaha. Wat jy saai sal jy maai. Onteien dit , jy kort mos nie die europier se geld nie.

Anoniem ·

Wonder of die werkers bereid sal wees om teen ‘n verlaagde salaris hul werk te behou…

Callie van der Merwe ·

Die probleem van die 13000 wat afgelê word sal ons probleem raak. Die wyse waarop die ANC regering die land bestuur maak my bang. Dis asof hulle die land met opset wil verwoes. Gesondheidsplan, grond verdeling, bang vir Julius etc…..

Koos de Meyer. ·

Die klomp besef nie dat ‘n halwe eier beter as ‘n leë dop is nie. Hulle staak om meer geld te kry, nou gaan 13000 van hulle geen geld kry nie. Plaas dit maar voor die deur van die regering en die Unies. Mantashe moet nie nou huil nie. Trane kos in elke geval nie geld nie. Kry maar vir julle.

Callie ·

Mense hierdie is n besigheidsbesluit wat baie meer raak. Hulle kan so aangaan en oor 2 tot 3 jaar al die skagte sluit of nou n deel sluit en baie mense help om hul werk te behou. Gee Eskom vir n bevoegde bestuurder en daar gaan 30 000 hul werk verloor. Dis duidelik dat ANC totaal onbevoeg is. Hulle mense bly verhogings soek waar die maatskappy alreeds bankrot is. Groot deel is BEE waar onbevoegde bestuur met massiewe salarisse patetiese besluite neem. Bonusse word betaal waar mense eintlik tronk toe moet gaan.

Harry ·

Ja jong. Nog ‘n keer glad nie gedink oor die lang termyn. Demand demand demand en nou….gestrand. Ai.

Staak ·

13000 werke gaan ongeveer 100 000 huishoudings raak dan praat mens nie eers van die belasting verlies vir die staat nie.

Oud Rhodie ·

So paar jaar gelede was daar astronomiese salarisverhogings in die platinumbedryf. Toe al is gewaarsku dat dit nie volhoubaar is nie, maar die regering wou nie hoor nie. En nou ? `n Dorp soos Rustenburg is afhanklik van die bedryf en is tans besig om dood te bloei. Pasop vir `n tweede Marikana as daardie mense besef hulle is nou werkloos.

jannie ·

hiulle werkers of hulle ondergang agv stakings en roekelose gierige eise? gaan sit lekker bu die huis. die ongeskrewe wet dat blankes bo 55 by hook or by crook uit die werksmag verwyder word kom ook van mantashe af. mag ook hy maai way hy saai. whoop whoop!

Blommie ·

ALLLES was VOELHOUDBAAR GEWEES. Myne het winste getoon, maar O NEE toe moes NUMSA intree en daar het die nonsens beging.
Liewe genade MENSE my logika vertel my dat ek as WERKNEMER kan NIE verwag my BAAS moet sy inkomste met my deel nie. Of vir hom SE WEE JY, jy het 1MIL wins gemaak, waar is my CUT. Ai weet jy NE. Sal nie eerder sit vir een oomblik en dink vader dankie ek het WERK NIE. Nee dis net NOOOIt goed genoeg NIE. Sal alles uit roei tot daar BOKOROL oor is nie. Dan vir mekaar kyk en se HOE NOU. Die MYNis onregverdig…….. Jammer maar as jy als uit geroei het en die myn kan jou nie meer beostig nie. dan is dit NOU MAR SO. Net jammer onskuldige mense met LOGISE denke ly daaronder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.