Besluit om Zuma jr. te vervolg verwelkom

Duduzane Zuma. Foto: africa.widmi.com

AfriForum het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit om Duduzane Zuma, seun van voormalige president Jacob Zuma, op ’n strafregtelike klag van strafbare manslag te vervolg verwelkom.

Die burgerregte-organisasie sê verder dié besluit is ’n duidelike bewys dat adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, se strategie om te verseker dat niemand bo die reg verhewe is nie, besig is om vrugte te dra.

Die NVG het aanvanklik besluit om nie vir Zuma jr. in verband met ’n motorongeluk op 1 Februarie 2014 op die M1-snelweg in Gauteng – waarin ’n jong, vroulike passasier, Mekelina Dube, op slag dood is – te vervolg nie. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dié besluit omgekeer weens AfriForum se bereidwilligheid om privaat vervolging in te stel.

“Dit bly eerstens die NVG se plig om oortreders te vervolg en wanneer die moontlikheid van privaat vervolging die NVG dwing om sy werk te doen, beskou AfriForum dit as ’n oorwinning,” voeg Kriel by.

Die besluit om Zuma jr. wel te vervolg is volgens Kriel ook ’n oorwinning vir die Dube-familie, wat nou uiteindelik na meer as vier jaar sal kan sien dat geregtigheid geskied. Kriel het die Dube-familie geloof vir hul bereidwilligheid om aan te dring dat vervolging plaasvind en het aangedui dat AfriForum sal voortgaan om die familie in dié saak by te staan.

Kriel sê verder dat die NVG se besluit om vervolging teen voormalige president Jacob Zuma en die Guptas in te stel, met die wete dat privaat vervolging sou geskied as hulle dit nié doen nie, ook ’n sterk boodskap uitstuur dat niemand vervolging bloot op grond van sy/haar politieke verbintenisse of posisie mag vryspring nie.

AfriForum hoop volgens Kriel dat die NVG ook uiteindelik onder hierdie druk sal besluit om Julius Malema en adv. Nomgcobo Jiba te vervolg. “AfriForum staan egter gereed om hierdie persone privaat te vervolg sou die NVG steeds versuim om vervolging in te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

honourable member ·

Wat n grap. Hierdie menere kom net nooit iets oor nie. Hulle is beskermd…

geregtigheid ·

‘n Duidelike sege vir AfriForum en Gerrie Nel. Veels geluk!

TLC ·

En as ons boere wil black Friday Kom julle saam. Of gaan julle weer draadsit

TLC ·

O please hier kom weer n langggggggg uitgerekte vervolg verhaal

zoom zoom ·

Watter dekade beoog die nvg om dit te doen. Gaan sekerlik nie in 2018 gebeur nie.

Johann ·

Wish full thinking… onaantasbaar. Hy en sy ander ZUMAIKIES loop los rond en lag lekker vir die KOLONiseerders se nasate!

Cherokee ·

Johann, hoeveel keer het jy al daardie word ‘onaantasbaar’ gebruik? En hoeveel keer is jy verkeerd bewys? Dit laat jou dink nè.

Buffel ·

Uitstekend hopelik werk die wet nog tot ‘n mate in die land en verhoed dat hoogeplaasdes en “politically connected” wegkom met moord. Wonder wat dink Zuma Jr. van sy nuwe kleinboet?

Paul ·

Terloops, baie geluk aan Papa en jou 24 jarige nuwe aanstaande stiefma.

Oom Kalahari ·

Pa sal vir Jnr hier moet help en die NVG het alreeds te kenne gegee dat hul nie voorgeskryf sal word nie. Ek glo Zuma Jnr is nogal finansieel welaf en kan dalk met ‘n paar bruin koevertjies hier en daar die ou sakie beklink of laat verdwyn.

Marous ·

En hoe gaan hy voor die hof gebring word ? Seker met die Guptas se straler wat ook weg is !

Lerato ·

As Vicky Momberg iemand dood gery het, sou hulle haar dadelik tronk toe gestuur het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.