Besluit oor De Klerk-straatnaamsverandering verwag

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

Die Kaapstadse stadsraad sal na verwagting Woensdag besluit oor die voorstel om Tafelbaairylaan na FW de Klerk-rylaan te hernoem.

Patricia de Lille, Kaapstad se burgemeester, se kantoor het verlede week gesê die voorstel om die straat te hernoem, gaan voort.

“Ons hou op 28 Januarie ʼn raadsvergadering, en as die stadsraad die voorstel goedkeur, sal die straat hernoem word,” het Pierrinne Leukes, die burgemeester se woordvoerder, verlede Maandag gesê.

Raadslid Brett Herron het vroeër in ʼn verklaring gesê die voorstel voldoen aan die stad se benamingsbeleid wat bepaal dat burgers van Kaapstad en Suid-Afrika in hul leeftyd oorweeg kan word, indien hulle internasionale erkenning van die hoogste soort ontvang het.

Herron het gesê die voormalige president voldoen aan dié vereiste. De Klerk (79) was van September 1989 tot Mei 1994 president van Suid-Afrika. Hy het in 1993 saam met oudpresident Nelson Mandela die Nobelprys vir Vrede ontvang vir hul bydraes tot die beëindiging van apartheid.

Volgens Herron het De Klerk gesê hy is ten gunste van die idee, solank die straat wat na hom vernoem word, tans ʼn neutrale naam het. Herron het gesê die finale besluit berus egter by die stadsraad. “Inwoners, rolspelers, belanghebbendes en gemeenskapsorganisasies het die geleentheid gekry om hul siening daaroor te gee.”

Die ANC en Congress of SA Trade Unions (Cosatu) het reeds kapsie gemaak teen die naamsverandering.

Volgens die voorstel is dit gunstig vir die stad om De Klerk se rol in die oorgang na ʼn nuwe bedeling in Suid-Afrika te erken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Fanie ·

Ek kan nie onthou of Mitchellsplain se hoofstraat ‘n naam het nie. Tafelbaairylaan is so ‘n mooi naam en is daar geen politiek aan verbonde nie, nou waarom dié naam wil verander. Of wat van die straat se naam wat na die kabelhuisie op die berg gaan, of daar verby loop?

Fanie ·

My kommentaar is nie agv omdat ek jammer is dat ek JA gestem het nie, ek glo nog steeds daar was geen manier dat dit nie moes gebeur het nie. My kommentaar is omdat FW eerstens nie na die kiesers teruggaan het soos hy voor die referendum beduie het nie, dit was nou seker nie die heel groot sonde nie, en tweedens omdat hy en sy span liggewigte was wat geen huiswerk gedoen het oor toekomstige modelle wat onderhandel kon word nie en het hy die mense op die einde maar aan hul eie genade oorgelaat.

Vergeet nou maar van die kamma wigte en teenwigte, in ‘n meerderheidsregering beteken dit zero.

‘n Opgawe van die leiers op daardie stadium in die ANC en toekomstige presidente na Mandela kon ‘n mens op minder as vyf vingers tel en sou mens nie op iets anders uitgekom het waar ons vandag is nie. Die vegters en Kommuniste sou verseker eers beloon moes word. ‘n Einstein was mos nie nodig om dit uit te werk nie. En as jy die som gemaak het, waar het dit jou gelaat?

vis ·

Waarom nou , dit veroorsaak net meer verdeeldheid en argumente wat ons nie nodig het nie. FW De Klerk het nie die land verander nie. Hy was bloot die president toe SA nie meer verder kon nie en hy moes dit net bevestig het . Ons gee erkenning aan die onderhandeling van die konstitusie wat die rede is hoekom die land nog bestaan. Ek dink n gesindheid van sy kant af “dankie , maar los dit soos dit is “sal meer beteken .

ladybug ·

Vra ons opinie … ek se NEEEEEEEEEEEEEEE! Landsverraaier!

Grassie ·

Ek wonder of dit werklik nodig is om ‘n foto van die man te plaas by elke berig oor hom. Ons weet mos nou al hoe hy lyk. Spaar ‘n mens tog nou asseblief die ergernis.

jacques ·

Nee nie daai gemors se naam nie,dan kan dit maar eerder Malema rylaan raak.

Anda le Roux ·

Liewe vriende, ek lees so graag die kommentaar op die berigte, maar skaam my bietjie vir almal wat persoonlik raak wanneer hulle opinies uitspreek. Kan ons hierdie afbrekende kommentaar nie asb maar staak nie? Ek is ‘n trotse Afrikaner en ek glo ons ontwikkeling strek baie verder as hierdie laagwaterbeskrywings. Woorde soos “die ding”, “stuk gemors”, ens is onaanvaarbaar in enige gesprekvoering. Hou by die goue reel: spreek die probleem/vraagstuk aan sonder om persoonlik/beledigend te raak. Reg so?

Willem ·

Ek stem saam met jou. Interessant, ek lyk nogal baie nes FW, ek kan net nie meer ‘n das dra nie, my nek is te dik, en dan het ek hare op my ore. O’ja en dan het ek baie meer hare op my kop as hy en moet ek my neushare trim.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.