Besluit oor Steyn-beeld ‘wys UV onkundig oor geskiedenis’

Pres. M.T. Steyn se beeld mag nie langer op die UV-kampus staan nie omdat hy kwansuis kolonialisme simboliseer. Foto: Verskaf

Die VF Plus-jeug sê die Universiteit van die Vrystaat (UV) se besluit om die standbeeld van pres. MT Steyn van die Bloemfonteinse kampus te verwyder toon finaal dat transformasie op die kampus misluk het.

“Die verwydering van die standbeeld is simbolies dat wit en Afrikaanse studente nie by die UV welkom is nie,” sê Tammy Wessels, VF Plus-jeugleier. “Die redes wat die UV aanvoer vir die verwydering van Steyn se standbeeld, soos die nalatenskap van kolonialisme, wys dat die UV nie net onkundig is oor die geskiedenis van Suid-Afrika nie, maar ook ʼn instansie wat weereens [swig] onder politieke druk.”

Wessels sê Steyn was as Vrystaatse president ʼn vegter teen Britse heerskappy en kolonialisme in Suid-Afrika. Dit is telkens in gesprekke oor Steyn op die kampus uitgewys, maar die UV het dit geïgnoreer.

Die universiteit het nou sy geloofwaardigheid as tersiêre instelling prysgegee ter wille van politieke korrektheid.

“Die universiteit het nou sy geloofwaardigheid as tersiêre instelling prysgegee ter wille van politieke korrektheid. Die VF Plus-jeug het van die begin af voorgestel dat die UV eerder ander leiers se standbeelde moet byvoeg tot die landskap, as om bestaande standbeelde weg te neem.”

Wessels meen daarmee sou transformasie op die kampus op ʼn gesonde wyse plaasgevind en almal welkom laat voel het.

“Steyn se verwydering is ʼn eenrigting-transformasie, wat eintlik blatante diskriminasie is. Die universiteit sê nou vir Afrikaanse studente dat hulle wesenlik nie meer welkom is by die UV nie.”

Die VF Plus veg vir ʼn beter toekoms, sê Wessels, en sal aanhou terugslaan teen diskriminasie teen minderheidsgroepe in Suid-Afrika. “Die VF Plus wil bou aan die toekoms, nie afbreek nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

leser ·

en nou gaan die voetstuk of posisie plek maak vir ‘n volksvreemde “figuur” waarvan geen wit mense kennis het nie

Die Stem ·

Skryf maar alle wit mense uit die geskiedenis. Dit kan nie verander wat gebeur het nie.
Die Graad 7 handboek is juis gevul met propaganda.

Estelle ·

Wat soek “our people” by ñ universiteit of in enige skool? Dit is mos ñ kolonialistiese instelling?

Schalk ·

Dis baie waar. Die pribleem in SA is nie die witmense nie…. Dis die wat die witmense nie aanvaar nie! En hul eie kleur nie kan aanvaar nie…. Wees kwaad vir jou pa en jou ma ek het jou nie GEMAAK nie!

Johanna Botha ·

Steyn was LAAANNKKK voor apartheid …wys jou net hoe dom die mense is ????

Therese van Schalkwyk ·

Iets wat heel duidelik behóórt te wees teen hierdie tyd, is dat oormatige gedienstigheid, ook genoem ‘gatkruip’, nie een jota of tittel se verskil gemaak het op vele terreine nie.
Jonathan Jansen, outeur van ‘n boek waarin hy beweer dat rassisme in die bloed van Afrikaners is, is destyds soos ‘n held verwelkom as rektor.
As oud-Kovsie, dus geensins verbaas oor wat nou gebeur nie, net bitter.

Gemaskerde Sopbeen ·

Tammy Wessels is reg…..julle blankes is nie welkom daar nie, so hoekom wil julle dan nog daar wees? Vat julle goed, bou julle eie universiteit, en hou hom Afrikaans en blank….en julle sal die sukses daarvan pluk. Hoekom nie? As die swart meerderheid ‘n universiteit soos Kovsies kan “oorneem” en aandring op “net swart”, dan kan die blankes ook ‘n universiteit stig en aandring op “net wit”? Dis wat so awesome is van die nuwe SA….die kleurlinge kan dit ook doen, die Indiërs ook, die Zoeloes, Xhosas, Pedi’s, Tswanas, Sothos…..enige een kan. Leer die konstitusie en begin dit gebruik…..

Schalk ·

Persoonlik dink ek hul moet 2 standbeelde oprig. Een van n bobbejaan en een van n vark. Dan kan niemand moun nie. Dis dan nie swart of wit nie…. Die bobbejaan kan verwys na mense wat nog moet gaan studeer… En die vark na die wat klaar studeer het en mos dink hulle weet alles…. Dis sommer tong in die kies gestel…. Lol

$ ·

Schalk jou intro het my reeds aan die lag gehad – verduideliking was nie nodig nie (:

Johann M van Heerden ·

Stem saam met VF. Maar wat staan ons te doen. Die tyd stap aan en intussen gaan die mense net voort met hulle agendas.

Devill ·

Beste Tammy,

Wees liewer bly die standbeeld word verwyder.

MT Steyn was ‘n man met waardes en integriteit, iets waarvoor die UV nie meer staan nie.
Die UV verdien nie meer MT Steyn se standbeeld nie, hulle skiet tekort!

Dit is tyd dat ons Afrikinares al ons volkshelde se standbeelde by sulke plekke gaan verwyder want wat vandag gebeur is nie waarvoor hulle gestaan het of geveg het nie!

Gert ·

Borge moet hul stem dik maak. Daai dom bli… try swot vir 2 tot 9 jaar. Hy laat niks agter nie. Rig n tire en hoop klippe en n box vuurhoutjies. Dit is mos vandag se jeug se nalatenskap.

piper ·

die uvs het gevaal en die standaard van die studente is so swak dat pres, steyn se standbeelds n beter plek verdien. neem dit weg na akedemia unieversiteit . die uvs het so verswak dat die standbeeld n beter plek verdien.

Schalk ·

Kom Afrikaanse burgers kom staan saam. Kom ons bou ons eie universiteit net vir ons Afrikaanse mense.

Brutus ·

Die ouer mense het altyd gepraat van verdringing wat gaan kom – wel hulle het reg voorspel, dit is tans besig om te gebeur en ons was vooraf gewaarsku.

At Dippenaar ·

Soos mer Verwoerd se beeld gaan ‘n scrapmetal dealar geld maak….Brons is duur…

Johanna Botha ·

Steyn was lank voor apartheid…so wat is die probleem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.