Besluit van KVBA oor Kanada-brandbestryders verwelkom

Foto: WOF/Facebook

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het die besluit van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) dat die departement en sy Working on Fire- (WoF) projek nié met die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) kan onderhandel oor lone en voorwaardes nie, verwelkom.

Molewa het in ʼn verklaring gesê dat WoF deel is van die uitgebreide openbare werke-program (EPWP) wat sedert 2003 bestaan.

“Deelnemers in alle EPWP-programme word vergoed ingevolge die riglyne vir indiensneming en voorwaardes vir EPWP-programme.”

Die KVBA het bevestig dat die departement en die WoF nie van die EPWP-norme en -standaarde kon afwyk nie.

Die KBVA het bevind dat geen verbetering tot huidige lone en terme van indiensneming soos voorgestel deur Numsa nou sal plaasvind nie. Die lone en voorwaardes vir 1 April tot 31 Maart 2019 staan.

Molewa het gesê die belangrikste aspek van die bevinding was dat, indien die departement sou ingee tot Numsa se eise, die WoF 677 brandbestyders se dienste sou moes beëindig. “Dit is gelykstaande aan 27 basisse.”

Dié kwessie spruit uit die ontplooiing van 301 WoF brandbestryders na Kanada in Mei 2016. Die Kanadese regering het hulle genader in terme van ʼn gedeelde hulpbronne-ooreenkoms.

Molewa het gesê ten spyte daarvan dat die ontplooiing ʼn reusesukses was, is foutiewe inligting in die openbaar gesirkuleer rakende die voorwaardes waaronder hulle ontplooi is, en Numsa het daarom beweer die brandbestryders is uitgebuit.

Numsa het in 2017 ʼn klag by die KVBA gelê en ʼn 12%-verhoging geëis, sowel as ekstra betalings vir wanneer hulle uitgeroep word, asook bystandtoelae.

Molewa meen dié bevinding bevestig die departement se posisie dat Numsa en ander partye wat feitelike foutiewe aantygings gemaak het oor die brandbestryders se werkstoestande die konteks verkeerd “gelees” het in terme van die ooreenkoms oor hul ontplooiing na Kanada.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

pieter ·

Goed dat die Unions bietjie op hulle dinges kry.

Maar wat Molewa versuim om te noem aangaande die Kanadese hulp wat gebied was, is die feit dat Kanada daarna die SA bestryders gevra het om die land te verlaat aangaande hulle houding oor vergoeding. Dit het ona as land in n slegte lig gestel.

Landi Slatter ·

Dagsê Vanessa

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Wilma ·

Hahaha. SA moet begin besef eerste wereld lande sali duld dat rommel lande vi hul voorse ni

Ben ·

HaHa !!! Eers het die apartheidregering die damme te groot gebou, dit is hoekom hulle nie kon vol kom nie. Nou is dit die gesogte brandspanne wat deur Kanada gevra is om die land te verlaat, maar ‘n groot sukses was.

Groot sukses ·

So n groot sukses dat hulle sommer gou ‘afgegee’ was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.