Besluit verwelkom om geskiedenishandboeke te herskryf

skool-21.jpeg

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom die departement van basiese onderwys se besluit om alle openbare skole se geskiedenishandboeke te herskryf om seker te maak dat die geskiedenis van alle Suid-Afrikaners weergegee word, mits die herskrywing objektief sal geskied en by feite sal hou.

“Geskiedenis speel ’n baie belangrike rol in die bevordering van wedersydse erkenning en respek in die land. Elkeen het die reg om die goeie en slegte van ons gedeelde verlede te ken, en gesprekke met mense dwarsdeur die land het ook gewys dat mense die behoefte het om meer hieroor te wete te kom,” meen Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys.

“In die verlede is die weergawe van die geskiedenis in sommige handboeke verdraai om een spesifieke ideologiese agenda te bevorder en helde en sondebokke voor die voet te skep. Hopelik sal nuwe weergawes die nuanses in gebeure uit ons verlede beter aan leerders verduidelik,” voeg Bloem by.

Die besnoeiing van die onderwysbegroting is egter kommerwekkend, aangesien daar steeds talle skole reg oor die land is wat wanfunksioneel is en dringend aandag benodig ten opsigte van onderwysers en leermateriaal, het sy gesê. “AfriForum sal die situasie fyn dophou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Dafer ·

AfriForum moet asseblief NIE ‘die situasie fyn dophou’ NIE, maar vir ‘n verandering deelneem en iets daadwerklik daaraan doen!

Alana Bailey, AfriForum ·

@ Joshua – Natuurlik verstaan ons by AfriForum dat die Onderwysdepartement ‘n ideologiese agenda dryf, maar die huidige handboeke doen dit reeds. Noudat daar ‘n herskryfproses is, kan ons eis dat die inhoud wat volgens die Departement “alle Suid-Afrikaners” se verhaal moet vertel, vir almal se kommentaar voorgelê moet word. Sou die resultaat nie objektief wees nie, kan ons dit in die openbaar weerlê met behoorlike feite, soos wat in die verlede ook al met die huidige handboeke gedoen is en dan weet ouers met kinders in openbare skole ook deeglik wat aangaan. Onder noem iemand dat die idee seker is om Retief, Van Riebeeck en Kruger uit te skryf – wel, die werklikheid is dat handboeke reeds bestaan waarin hulle in ‘n enkele sin, of ‘n negatiewe konteks, of glad nie genoem word nie, so die situasie is reeds sleg. Die uitdaging is nou vir almal wat vir ons geskiedenis omgee om betrokke te raak en iets beter te eis. Ook om kinders self tuis te vertel en die goeie geskiedenisonderwysers daar buite te ondersteun.

Nettie ·

Ek hoop dat, met die herskrywing van die skool-geskiedenisboek(e), word daar nie nou net gekonsentreer op die geskiedenis vanaf 1652 tot ongeveer 1838 (met die Groot Trek), soos ons geskiedenisboeke destyds nie.

Ons het destyds nooit geleer van pre-historiese volkere en bestaanswyses, van plekke soos Mapungubwe en historiese volkere soos die Khoi en San nie. Ook was daar geen verwysing/onderrig insake meer onlangse geskiedenis ná, sê, 1850 – die stigting van die OVS en ZAR, die Zulu-oorloë, die eerste ABO, die Jameson Raid, Cecil John Rhodes, die 2de ABO, die 1914-Rebellie, SA se rol in die 1ste Wêreld Oorlog en SS Mendi, die Depressiejare, SA se rol in die 2de Wêreld Oorlog, die Groot Verkiesing van 1948, Aparheid se begin, die Grensoorlog ens. (onthou, ek praat van Geskiedenis onderrig op skool in die 1980’s).

Oom Kalahari ·

Wel dan verlang ons ook dat ons gehele geskiedenis erken sal word van die begin asook ons standbeelde en taal verering terug. Gelyke regte en geen onderdrukking van minderheids groepe of straf ons liewer oor dir verlede en sonder ons af in apartheid soos wat gevoel was die probleem in verlede.

Cherokee ·

My trots in die land se geskiedenis het ‘n ontsaglike knou weg met die lees van
VOLKSVERRAAD (DIE GESKIEDENIS AGTER DIE GESKIEDENIS)
geskryf deur Adv P.J. Pretorius.

As jy dit kan hanteer om uit jou idilliese drome oor ons ‘pragtige geskiedenis’ geruk te word, steeds wonder wie het HF Verwoerd en/of die Smith egpaar vermoor, of nog nooit gewonder het waar het die AWB sy ontstaan gehad nie, lees die boek. As jy wil weet hoeveel agente van Amerikaanse geheime dienste het gedien as minister in die Nasionale Party, of wil weet wie en watter liberaliste het opdragte gegee aan die President van Suid Afrika, lees dit.

Anoniem ·

Ja, Cherokee. Jy is reg. As almal hierdie geskiedenis verstaan, sing hulle dalk ‘n ander deuntjie.

Cherokee ·

Piet, ek is soort van geruk, geskok, tydens die lees daarvan, waarmee ek steeds besig is en dit gaan herlees en notas maak vir eie dagboek, omdat daar geen rede is om te glo dat dit waarvan vertel word, feite is wat beredeneer kan word, geen weg ooplaat om as mites afgemaak te word, omdat die skrywer homself klaarblyklik ooplaat vir hofaksies indien vals.

Daar word vertel van mense met wie ek persoonlike interaksies gehad het. Mense met wie ek kintak gehad het in die politiek en andersisns. En ek het nooit besef hoe presiès,hoe absoluut korrek ek was, toe ek op ‘n verhoog geklim het en aan Ferdi Hartzenberg gesê het dat die KP is ‘n brainbaby van die Nasionale Party om die HNP, die regse stem te verdeel. Weer besef ek hoe reg was ek om nie slegs die NP maar ook die KP te beveg. As mense net tussen lyne kon lees.

Hannelie ·

Ek behoort aan die JHB biblioteke ingesluit Florida. Omtrent elke tak het vantecore die reeks van FA Venter se Geknelde Land ens gehad party takke meer as een kopie in let wel goeie kondisie nou is hulle nerens meer te kry nie en die verskoning is dat boeke wat vuil of uitmekaar val word ontrek….maar ons weet waaroor die boeke gaan….n ruk terug het sabc encore kanaal Geknekde Land op die dstv program grid gehad maar was altyd 50/50 by aangemelde klagte was die antwoord dat my dekordeerder dalk foutief was….maar met elke episode? Ek se reguit dat hulle dit nie uitsaai nie want dit trap n paar tone

marinda ·

Die boeke is 2017 herdruk-jy sal dit weer nuut kan aankoop

Oud Onderwyser ·

Mag die herskrywe beantwoord aan die kriterium van feitelike waarheid en histories objektiewe integriteit. Só ‘n geskiedenis handboek kan sy inhoud oorleef.

Pieter Hugo ·

Ek vra nou die dag vir my 11 jarige seun ‘In watter jaar het Jan van Riebeeck in SA aangekom?’. Hy antwoord ‘Ek weet nie, maar die swart mense was eerste hier’. Hy weet nie wie was Paul Kruger of Jan Smuts nie nie, maar hy doen honderde take ook Nelson Mandela en ka vir jou al sy vrouens se name opnoem.

Ampie ·

Dis ‘n ernstige aanklag teen jou, Pieter. Dis jou werk om ons geskiedenis aan hom oor te dra.

Marli ·

Ek stem saam Ampie, ek weet al van die begin van my kinders se skoolloopbaan (hulle is 12 en 9) dat die geskiedenis wat aangebied word by die skool, nie Afrikanergeskiedenis soos Jan van Riebeeck, Boere-oorlog en die Groot Trek insluit nie. Ek leer my kinders daarvan want hulle gaan dit nêrens anders hoor nie. Daar is talle boeke beskikbaar, koop gerus vir jou kinders om te lees.

anton ·

Slegte klad op jou Pieter!!!
Maar vandag se ouers leer nie meer hulle kinders die geskiedenis nie en ek is sterk oortuig dat baie ouers self nie eers ons geskiedenis behoorlik ken nie.
Kyk maar bv. as dit by Geloftedag kom. Waar is ons mense?
n druppel in die emmer eer die dag nog, dan wonder ons hoekom dit so sleg gaan met ons!!!

Carina Falck ·

Baie goed gestel. Baie dankie ook vir die vlak van jou kommentaar! Dit is aangenaam om so ’n keurige, bondige stukkie kommentaar te lees!

Tom ·

Jul hoop dat dit objektief sal wees is ‘n ashoop. Die regering en sy geskiedskrywers het geen belangstellung in feite nie.

Maria ·

My vraag is waarom daar soveel verskillende handboeke vir een vak is en baie van die handboeke is nie verbruikers vriendelik nie en so ook die een handboek inligting wat die ander een kort ens. Ek dink regtig daar moet eers aandag aan dit gegee word…waarom nie hierdie 5-8 verskillende handboeke nie een handboek maak wat se inligting volledig is nie…want ek sien nou dat die departement een handboek neem en vra opstel van eksamens maar die kinders sit dalk nie met dieselfde handboek nie en daarom druip duisende … ek dink werklik daar moet gekyk word na dit want as kinders die regte leerwerk het en volledige inligting sal hul beter doen

Gemaskerde Sopbeen ·

Maria…..jy verstaan duidelik nie, so ek gaan probeer verduidelik: Toe ek in 1968 in Sub A instap……het ek ‘n Sus en Daan boek gekry om uit te leer lees……en my MA se naam was voor in die boek!!! Die regering het die boeke gedruk en versprei….en die skole het dit opgepas en daarmee gewerk. Nou werk dit nie meer so nie. Die regering doen NIKS behalwe spandeer nie…………..en elke jaar word AL die skole se handboeke OOR gedruk, sodat die minister of misister se nefie se pa se antie se whattie (wat nog nooit ‘n boek gedruk het nie, maar die “kontrak” gekry het) ook ‘n nuwe Porche kan ry. Verstaan jy nou?

Andre ·

Dit ware geskiedenis sal nooit gegee word nie net vanaf 1992 af al wat hulle van”gehoor” is die slegte Jan Van Riebeeck en dit is waar ons geskiedenis geeindig het

Neilia ·

Weet nie waaroor die bohaai gaan nie, as mense regtig eerlik genoeg is sal hulle sê dat nie een kind gepla is oor geskiedenis nie. Kinders glo wat ouers hulle vertel ,en nog geen werk of affiliasie het my ooit gevra waneer Van Riebeeck in die Kaap aangeland het of Mandela se tronk dae. Dit is n mors van tyd , gee eerder ekstra Wiskunde of Bestuurswese studies.

Judge Dredd ·

En dis hoe die kommuniste ons geskiedenis en kultuur vernietig – Want ons weet nie waaroor die bohaai is nie.

Judge Dredd ·

Die kommuniste se weerga van die waarheid sal vertel word. Niemand anders sin nie.

GM ·

Ampie, ek dink Pieter het die punt probeer maak dat skole net een groep se geskiedenis as belangrik beskou, en dit verdraai soos dit hul pas. Waarvoor die aanval? Almal hou nie van Geskiedenis nie.

Johann ·

Sal eker nou Jan v Riebeeck uitskryf, en ook Paul Kruger, Piet Retief……….

Cornelia ·

U en ek weet tog wat ‘n nuwe geskiedenis handboek vir jonge leerlinge beoog om te vertel. Dit is egter so dat die wat in die loopgraaf is, nie die vlaktes beleër nie. Skryf gaan hy geskryf word. Plaas dan ten minste druk op waarheid en feite. Waarhede en naarhede is deel van geskiedenis. Dit is eie aan die mens. Maar dat die positiewe fondasies wat eie is aan Christelik geskoeide strewe en behoud, nie vertrap en afgetrap word in wanvoorstellings in skole nie, sal aandrang op feite na alle kante toe as vereiste moet geld. Al u besware is geldig. Maar tereg is dit u as ouer se taak om binne die huisgesin die ware geskiedenis van ons volk, sy wel en weë, met u kinders te deel. Die ANC het die land op ‘n skinkbord gekry, maar nie die skinkbord in u huis nie.

ekke ·

En daar is die rede hoekom ek my kinders in ‘n CVO skool het.. hulle leer nog die ware geskiedenis . Dink daaroor….

Waarheid ·

Die harde realiteit is dat die “nuwe”, herskryfde boeke nie verteenwoordigend van SA se geskiedenis gaan wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.