Besoek nasionale parke gratis

Die Augrabies-nasionale park in die Noord-Kaap. Foto: SANParke

Die Augrabies-nasionale park in die Noord-Kaap. Foto: SANParke

Dit is dié week nasionale parkeweek en dagbesoekers kan gratis toegang tot die land se nasionale parke kry.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het die 10de Suid-Afrikaanse parkeweek in samewerking met FNB en Total bekend gestel. Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, het tydens die bekendstelling in die Marakele Nasionale Park in Limpopo gesê die inisiatief is daarop gemik om ʼn kultuur van trots by alle Suid-Afrikaners te ontwikkel.

“Die week bied ook die geleentheid om al die nasionale parke ten toon te stel as belangrike en bekostigbare plaaslike vakansiebestemmings wat ’n unieke en interessante ervaring bied vir gesinne en individue van alle agtergronde, kulture, leefstyle en gemeenskappe om te geniet,” het Mketeni gesê.

Hy het skole aangemoedig om ook die nasionale parke te besoek. “Die gewone daaglikse kwotas by die hekke sal steeds in die week geld en voorkeur sal gegee word aan die besoekers wat eerste daar is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Asjas ·

Sal liewer weg bly wanneer daar busse vol kinders is. Dankie vir die waarskuwing!

Jean ·

Ja want daars niks meer te sien nie alles is uitgeskiet/ gepoach..

Louie du Plessis ·

Hoe lank is ‘n week? Moes Sondag, 20 September, R250 toegangsgeld vir 5 persone by Weskus Nasionale Park betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.