Besoekers in die noordelike deel van die Nasionale Krugerwildtuin is na veiligheid gebring nadat dié deel van die wildtuin deur die loop van Vrydagnag swaar reën gekry het.
Ike Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, het aan Maroela Media gesê gaste is by Sable Hide, sowat 10 km van die Phalaborwa-hek, verwyder nadat die akkommodasiegeriewe oorstroom het. “Ons kon darem daarin slaag om al die gaste uit te kry,” verduidelik Phaahla.
Die Shimuwini- en Mopani-ruskamp is ook nie in dié stadium toeganklik nie aangesien die Letaba-laagwaterbrug oorstroom het.
Volgens Phaahla gaan die wildtuin se tegniese dienste tans alle paaie in geaffekteerde dele van die wildtuin na. Paaie soos die Giriyondo-pad was vroegoggend baie glad en besoekers is gemaan om slegs die grondpad na Makhadzi met ʼn 4 x 4-voertuig aan te durf.
“Besoekers word aangeraai om ekstra versigtig te wees,” het Phaahla gesê.

UPDATE – The KNP has received heavy rains in the Northern part. Sable Hide was flooded, Letaba low water bridge is also under water. Shimuwuni & Mopani Rest Camps not accessible via low water bridge. (H14)
???? SANParks Kruger National Park pic.twitter.com/SFKZPc3K2Z— Kruger National Park (@SANParksKNP) November 23, 2019
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Mooiman. ek ons is oor 8 dae in Letaba bespreek!
Kan mens kla oor reen wat nodig is?
Ek kan nie glo nie….iemand sê nou die dag haar bakkie is gewas……sy hoop nie dit gaan reen nie. Ek was so geskok.
Dankbaar vir die reën en die mense wat veilig is. Dankie Heer.
Ja Ina, ek stem.
Wie op aarde wil staan en kla as dit die dag reen?
As ek sien dit raak erg droog, dan draai ek in by die karwas!
Waarborg vir reen – selfde dag nog…
Bly almal is veilig maar die blyste oor die lekker reën wat hulle gehad het. Mens kan nie genoeg dankie sê vir reën nie. Daar is so baie dele wat smag na reën waar dit so erg droog is.