Besoekers oortree gereeld reëls in wildtuin

(Foto: Kruger National Park/Twitter)

SANParke waarsku besoekers om streng by die reëls en spoedgrense te hou wanneer hulle die Nasionale Krugerwildtuin besoek. Dít volg nadat die Krugerwildtuin Donderdagoggend ʼn inskrywing op Twitter geplaas het van besoekers wat uit hul motors geklim het om na die leeus in die omgewing van die Krokodilbrug te kyk.

Luidens die Twitter-inskrywing het wildbewaarders die groep beveel om terug te klim in hul motors.

Soos vroeër berig, is ʼn herrie ontketen toe ʼn motoris Desembermaand drie rooibokke naby die Thokwane-piekniekplek doodgery het. Nóg ʼn insident is in Novembermaand verlede jaar aangemeld toe ʼn Switserse toeris ernstig beseer is deurdat ʼn kameelperd tydens ʼn botsing in die Krugerwildtuin op sy voertuig beland het. Die toeris het later aan sy wonde beswyk.

Volgens Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, kom rommelstrooi, die oorskryding van die spoedgrense en die voer van diere op ʼn daaglike grondslag in die wildtuin voor. “Besoekers stel hul eie lewe in gevaar as hulle nie by die reëls hou nie. Ons doen weereens ʼn beroep op alle besoekers om streng by die reëls te hou,” sê Phaahla.

Phaahla sê hul grootste kommer is tans die gebruik van selfone en sosiale media in die park. “Besoekers gebruik sosialemedia-platforms wat hulle in kennis stel waar hulle diere oral kan sien. Dit veroorsaak dat besoekers na die waarnemingspunte jaag, wat dan verkeersopeenhopings en ook die oorskryding van spoedgrense veroorsaak.”

Nóg reëls waarop wildtuinbesoekers moet let:

  • Besoekers moet te alle tye in hul motors bly. Hou motordeure gesluit. Geen ledemate mag by die motorvenster uithang nie.
  • Hou streng by die spoedgrense in die park: 50 km/h op teerpaaie en 40 km/h op grondpaaie.
  • Gehoorsaam die besoektye wat by die hek aangedui word. Indien jy alleen op ʼn dagtoer is, keer voor toemaaktyd terug na die toegangshekke. Dieselfde geld vir diegene wat oornag.
  • Wees op die uitkyk vir enige teken wat aandui dat ʼn sekere pad onbruikbaar is. Moenie daardie pad gebruik nie.
  • Die voer van diere is verbode.
  • Voertuie met meer as 25 gaste en wat meer as 4 ton weeg, word beperk tot die teerpaaie.
  • Geraas word beperk tussen 21:30 en 06:00.
  • Die gebruik van selfone word beperk tot kampe en hekke en kan slegs in noodsituasies gebruik word.
  • Skaatsplanke, rolskaatse, motorfietse en fietse is verbode binne die park.
  • Aangesien die Krugerwildtuin binne ʼn malariagebied geleë is, raadpleeg ʼn dokter voordat jy die park besoek om die toepaslike medikasie te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

40 Kommentare

jongste oudste gewildste
dries

smaak my orals val dinge bietjie uitmekaar. As jy noukeurig na die foto kyk sal julle sien ons kan nie altyd vinger wys nie.

Magda

Geen reels word NERENS nagekom nie- en ons as mense is die grootste gevaar vir ons self.

Dubbelloop

Spoed en uit voertuie klim kan mens seker voor almal se deur gooi. Rommelstrooi, seker voor die se deur gooi as jy kyk hoe lyk dit by die nie- blankes se woonbuurtes. Swak!

Se maar net

Ek besoek die wildtuin elke 2 maande vir so 3 dae… Motoriste jaag wel om “sightings” te sien en dink hul ry Dakar op grondpasie en is uiters selfsugtig by “n “sighting” – ek stem… MAAR hy moenie nou kom staan en blaam skuif net om die blaam weg te kry van Taxi-drywers (hierdie mense in die taxi’s is BESLIS nie daar vir wildbesigtiging soos hy beweer nie – hulle gebruik die park as kortpad na Limpopo en Noord Mpumalanga ens) en afleweringsvoertuie of die park se EIE bewaarders wat met lee besigtigings voertuie soos besetenes jaag nie….. Ek vind… Lees meer »

Chris dupreez

Arresteer daai mense en gee hulle n paar dae tronkstraf