Besoekers oortree gereeld reëls in wildtuin

(Foto: Kruger National Park/Twitter)

SANParke waarsku besoekers om streng by die reëls en spoedgrense te hou wanneer hulle die Nasionale Krugerwildtuin besoek. Dít volg nadat die Krugerwildtuin Donderdagoggend ʼn inskrywing op Twitter geplaas het van besoekers wat uit hul motors geklim het om na die leeus in die omgewing van die Krokodilbrug te kyk.

Luidens die Twitter-inskrywing het wildbewaarders die groep beveel om terug te klim in hul motors.

Soos vroeër berig, is ʼn herrie ontketen toe ʼn motoris Desembermaand drie rooibokke naby die Thokwane-piekniekplek doodgery het. Nóg ʼn insident is in Novembermaand verlede jaar aangemeld toe ʼn Switserse toeris ernstig beseer is deurdat ʼn kameelperd tydens ʼn botsing in die Krugerwildtuin op sy voertuig beland het. Die toeris het later aan sy wonde beswyk.

Volgens Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, kom rommelstrooi, die oorskryding van die spoedgrense en die voer van diere op ʼn daaglike grondslag in die wildtuin voor. “Besoekers stel hul eie lewe in gevaar as hulle nie by die reëls hou nie. Ons doen weereens ʼn beroep op alle besoekers om streng by die reëls te hou,” sê Phaahla.

Phaahla sê hul grootste kommer is tans die gebruik van selfone en sosiale media in die park. “Besoekers gebruik sosialemedia-platforms wat hulle in kennis stel waar hulle diere oral kan sien. Dit veroorsaak dat besoekers na die waarnemingspunte jaag, wat dan verkeersopeenhopings en ook die oorskryding van spoedgrense veroorsaak.”

Nóg reëls waarop wildtuinbesoekers moet let:

  • Besoekers moet te alle tye in hul motors bly. Hou motordeure gesluit. Geen ledemate mag by die motorvenster uithang nie.
  • Hou streng by die spoedgrense in die park: 50 km/h op teerpaaie en 40 km/h op grondpaaie.
  • Gehoorsaam die besoektye wat by die hek aangedui word. Indien jy alleen op ʼn dagtoer is, keer voor toemaaktyd terug na die toegangshekke. Dieselfde geld vir diegene wat oornag.
  • Wees op die uitkyk vir enige teken wat aandui dat ʼn sekere pad onbruikbaar is. Moenie daardie pad gebruik nie.
  • Die voer van diere is verbode.
  • Voertuie met meer as 25 gaste en wat meer as 4 ton weeg, word beperk tot die teerpaaie.
  • Geraas word beperk tussen 21:30 en 06:00.
  • Die gebruik van selfone word beperk tot kampe en hekke en kan slegs in noodsituasies gebruik word.
  • Skaatsplanke, rolskaatse, motorfietse en fietse is verbode binne die park.
  • Aangesien die Krugerwildtuin binne ʼn malariagebied geleë is, raadpleeg ʼn dokter voordat jy die park besoek om die toepaslike medikasie te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

dries ·

smaak my orals val dinge bietjie uitmekaar. As jy noukeurig na die foto kyk sal julle sien ons kan nie altyd vinger wys nie.

Devil ·

Dit is BAIE maklik om ook vervalle te raak, veral as daar nie uitkom is nie.

Magda ·

Geen reels word NERENS nagekom nie- en ons as mense is die grootste gevaar vir ons self.

Vra maar net ·

Ai mense rerig!!!! Wil julle ni groot word ni het julle ni ore ni, is daai skedel leeg, het julle ni geleer op skool om te lees en te skryf WAT sê di wiltuin se reëls, almal wat ingaan word aangesê om op alle kennigewings borde kyk en lees, as daar nou bv. ‘n leeu was wat een van hulle aangeval het dan was dit seker nou weer di wiltuin se skuld, maar soos di spreekwoord sê jy sal nooit leer voor jy seer gekry het ni

Dubbelloop ·

Spoed en uit voertuie klim kan mens seker voor almal se deur gooi. Rommelstrooi, seker voor die se deur gooi as jy kyk hoe lyk dit by die nie- blankes se woonbuurtes. Swak!

Yvonne ·

Ek verskil van jou, blankes net so skuldig. Het dit al self gesien. Kan nie net een groep blameer nie. ALMALis veronderstel om by die reels te hou.

Se maar net ·

Ek besoek die wildtuin elke 2 maande vir so 3 dae…
Motoriste jaag wel om “sightings” te sien en dink hul ry Dakar op grondpasie en is uiters selfsugtig by “n “sighting” – ek stem… MAAR hy moenie nou kom staan en blaam skuif net om die blaam weg te kry van Taxi-drywers (hierdie mense in die taxi’s is BESLIS nie daar vir wildbesigtiging soos hy beweer nie – hulle gebruik die park as kortpad na Limpopo en Noord Mpumalanga ens) en afleweringsvoertuie of die park se EIE bewaarders wat met lee besigtigings voertuie soos besetenes jaag nie…..
Ek vind hierdie uitlatings uiters eensydig en hy vermy totaal die werklike probleme…
Skrik wakker ou perd!!!!

André André ·

Ek is ook net so gereeld in Die Wiltuin en die ‘Sightings APPs’ is ‘n kollosale probleem, erger as die taxis, veral in die suide waar dit soos ‘n dieretuin gaan. Die mense wat oor hierdie aspekte berig moet gerus so ‘n paar dae in die park kom oornag, dalk sommer ‘n weeken meer dat hulle eerstehands kan ervaar hoe dit gaan, die taxis EN die APPs!

André André ·

Ek haal graag hierdie uit die brig aan wat die groot groot probleem is van besoekers wat van die APPs gebruik maak. Hulle en die safarivoertuie kompiteer in die suide wie eerste by ‘n besoekpunt, soos bv waar leeus is, kan uitkom, dit is ‘n samedromming en van die mense raak ongedurig:
“Besoekers gebruik sosialemedia-platforms wat hulle in kennis stel waar hulle diere oral kan sien. Dit veroorsaak dat besoekers na die waarnemingspunte jaag, wat dan verkeersopeenhopings en ook die oorskryding van spoedgrense veroorsaak.”

Weet nie eers nie ·

Mmmm
Klink vir my jy sien en weet ook meer….

Baie kyk……maar sien niks
….hulle hoor maar luister nie

Chris dupreez ·

Arresteer daai mense en gee hulle n paar dae tronkstraf

Marous ·

Waarom is die mense nie summier vervolg nie ? Wat se boodskap stuur ‘ n versoek om terug te klim uit ? Jellie vis bestuur , nes die res van die land se instellings.

Miekie ·

Ek weet nie meer wat die Kruger wildtuin en ander parke kan doen nie buiten om mense soos verkeersbeamptes op die paaie te sit wat onmoontlik is. Ons was ‘n hele paar jaar terug in die Krugerpark. Omdat ons baie respek het vir wilde diere veral Olifante ry ons net verby die Olifant om fotos te neem, Die volgende oomblik kom daar ‘n kar met seker ses mense. Twee klim uit – haal ‘n driepoot uit om sy kamera te sit om foto’s te neem. Ons ry toe agteruit en vra die mense om nie so naby die olifant te kom nie as die dier hom gaan vererg dan sal hy almal voor hom plat trap en dan sal die arme dier seker geskiet geword het. Hulle het ons net ge-ignoreer en aangegaan met afneem. Ons het toe maar die motorkar se registrasie nr geneem en by die naaste kamp gerapporteer. Weet nie of dit gehelp het nie.

Lou ·

Gee strafpunte vir elke oortreding en as jy genoeg punte het dan word jy toegang geweier vir ‘n tydperk totdat jy kan leer om jouself te gedra soos ‘n opgevoede mens.
Baie admin maar daar sal een of ander toegangsbeheer moet toegepas word om die skuldiges en on-opgevoedes uit te hou.

Annelize ·

Die ore is maar min, maar o wee, gebeur daar iets, is die krokkediltrane, verontskuldiging en selfbejammering iets om te aanskou.

Die mens is sy eie grootste vyand. Punt.

Willie ·

Park se eie personeel is skuldig en hang eerder by plekke rond waar daar besoekers braai en etes geniet omdat dit te lekker is.

PJN ·

Brandewyn het nie brieke nie. Kry die mense se besonderhede en verbied hulle die wildtuin vir die res van hulle lewe.

Scalla ·

Hoekom die persone se gesigte blurr, hulle is mos skuldig.

TwaalfBoor ·

@Scalla
Hie seker is jy dìe spesifieke foto is in die wildtuin? Kan net sowel op ñ boer se plaas geneem wees. Is hulle ook dan skuldig?

AndrewL ·

Oortreders moet sumier uit die park verwyder word. Maar daar mag mos nie teen sekeres opgetree word nie.

J ·

Mens noem dit integriteit. Integriteit is om die regte ding te doen selfs wanneer niemand kyk nie.

Stofbakkies ·

Verseker, gister agter iemand gery wat goedsmoeds papiere by die motorvenster uitgooi – ons kan beslis nie altyd vinger wys nie.

Gister ·

Dit is mos nou n “holiday Resort”.
Mense moet n lekker “durban feeling” in die wildtuin ervaar.
Daar is 100de reels….
Op papier.Niks word toegepas nie
En die klein geskryf……
MOENIE DIE BESOEKERS VERONTRIEF NIE.
Dus los almal om te doen wat hul gelukkig maak…..Kruger Park WAS Natuurbewarings gebied…..nou het dit verander
Aanvaar dit…. beweeg aan
Geen klagtes sal ooit die huidige bestuur se houding verander nie

Just a Nobody ·

Ons is ook gereelde besoekers en het by ‘n vorige geleentheid verby iemand gery op die teerpad wat gestop het in die linkerbaan, uitgeklim het en net daar gestaan en urineer het. En toe later by die Sunset Dam langs ‘n voertuig gestaan waarby die vrou uit die motor geseil vanuit die vensteren tot op die dak geklim het en daar gesit en fotos neem het. Ek het fotos geneem van dit en by die kamp vir die ontvangsdame gewys en gevra of dit toelaatbaar is waarby sy gese het ons moet ‘n epos stuur en die foto aanheg…. die e-pos adres het nie bestaan nie. Dis sleg, want as die persoon aangeval word deur ‘n wilde dier, word die dier van kant gemaak. Regtig hartseer om te sien met elke besoek hoe dit agteruitgaan, reels net meer en meer verontagsaam word, en gebrek aan instandhouding aan die orde van die dag is by sommige kampe.

Chris Ws ·

Ons was baie kere in die Kruger Wildtuin in die verlede maar ek mors nie weer my geld nie.Winkels is verby peper duur daar en die agteruitgang/gebrek aan instandhouding is skokkend.Verder gee ons gehoor aan alle reels en veral spoed reels net om deur verskeie motors en taxis op hoe spoed verby gesteek te word terwyl ons rondkyk vir wild.Neewat dis nie die moeite en onkoste meer werd nie.

Humbug ·

@chris ws. So lekker Elke desember gaan ons dinokeng toe. Rustig en ons Sien nou Nie die buffels en luiperde wat well daar is nie maar dis so naby en soveel goedkoper. Ons het die wonderlikste lodge ondek met die fantastieste eienaars en uitsig as jy op jou dek sit. Hoekom geld more en my humeur Om wildtuin toe te gaan. Dis net meer vd Internationale mark.

Sê sommer net ·

Ek is seker die enigste een in SA wat nog nooit in enige wildtuin was nie, maar dit klink my asof ek niks mis nie. Dan kyk ek maar eerder Animal Planet. Wildtuin, die woord sê mos dat dit wild is daar, en nie sonder respek betree moet word nie.

JDeer ·

Dis agv sulke onopgevoede mense wat die dier wat vir die aanval verantwoordelik is op die ouend van kant gemaak moet word… Gedra julle soos grootmense, en wees verantwoordelik of dra die gevolge met baie trane.

Joey ·

Sulke mense soos op die foto, verdien om aangeval te word. GEEN simpatie nie.

Perd ·

Jaaaa die “locals” die wat baie soentoe gaan het nie n saak met enige iemand anders in die Park nie, drink en bestuur, jaag op en af, sit soos die lot buite die karre, strooi rommel, dis mos hulle park, en niemand anders moet dit geniet nie.

ProotGraat ·

Nie. Dis hoe mens die woord spel. En ja, my plesier om uit te kon help.

Jaco ·

Maklikke oplossing, gee hulle boete en verban hulle lwenslank van alle SANPARKE, na die eerste paar sal dit stop

Theuns ·

Ek het al gedink dat as jy die park besoek moet jy induksie doen en dan teken voor jy ingaan. Daar is besoekers wat regtig arrogant is as jy hulle op sekere reëls wys,veral rommel strooi.

Julie Jansen van Rensburg ·

Tydens my skooljare hier in die 40’s het ons as gesin elke wan en dan Kruger toe gegaan, maar in daardie dae was daar wet en orde, en ons (Pa, Ma en drie kinders) het sommer die hele dag die park teen sowat 15 “MPU” deurkruis, met die gevolg dat ons “diere vir Afrika”gesien het. Pa – wat bestuur het – was ontsettend streng insoverre die reëls betref, maar vandag is dit blykbaar ‘n geval van “anything goes” … Maar nou ja, ons oues leef mos “in die verlede” – of hoe??? Almiskie, maar ons huidige “outoppies” het nog iets soos dissipline, wet en orde en gehoorsaamheid geken…

Petro ·

As jy nie wil hoor nie moet jy maar voel en vir jou kry!!!!!

Bets Bothma ·

Sanparke moet agter hul eie deur ook begin vee! So baie reëls&regulasies van die “ou” Krugerwildtuin word nie meer nagekom nie, kyk maar net na die verkeer in wildtuin na Mosambiek, taxi’s, ens. Het dit self gesien, nie hoorsê nie! Hul jaag deur wildtuin en gebruik dit as kortpad vir aflewerings. Weet nie hoe hul by die hekke en grensposte wegkom nie??

Mens ·

Die mens, in sy wese, is maar ‘n sleg ding. Hy kort reels, en meer belangrik – straf waar hy nie die reels nakom nie. Straf wat hom afskrik.

Die samelewing verval oral in die wereld omdat ordentlike straf van die baan is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.