‘Besope’ paramedikus stamp polisieman se motor

Argieffoto

ʼn Paramedikus is Dinsdagoggend omstreeks 07:30 in Stockweg in Mitchells Plain in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy vermoedelik onder die invloed van alkohol bestuur en in ʼn privaat voertuig van ʼn polisiebeampte vasgery het.

Robert Daniels, woordvoerder van die Wes-Kaapse nooddienste, het gesê die voorval word in ʼn baie ernstige lig beskou en ʼn volledige ondersoek is van stapel gestuur oor die bewerings. “Hangende die uitslag van die ondersoek sal die personeellid dissiplinêr verhoor word en stappe sal gedoen word indien nodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.