‘Besope’ polisieman in die sop

‘n Skermgreep uit die video.

ʼn Polisiekonstabel van Wolmaransstad in Noordwes sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hy glo oor die naweek ʼn staatsvoertuig onder die invloed van alkohol bestuur het en op video vasgevang is waar hy sukkel om regop te bly.

Videobeeldmateriaal toon hoe die besope konstabel in volle uniform skade aan die motor nagaan terwyl hy sukkel om op sy voete te staan.

Die video word sedertdien op sosialemediaplatforms waaronder WhatsApp versprei.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die beampte het Saterdag teen ʼn heining in die Tswelelang-nedersetting in Wolmaransstad vasgery. Hy is op die toneel in hegtenis geneem en sedertdien op borgtog van R500 vrygelaat.

‘n Skermgreep uit die video.

Dit het intussen ook aan die lig gekom dat die polisiebeampte geensins gemagtig is om staatsvoertuie te bestuur nie.

Die beampte sal in die hof verskyn op aanklagte van dronkbestuur, roekelose en nalatige bestuur, asook die gebruik van ʼn voertuig sonder die eienaar se toestemming.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die voorval veroordeel en die polisiebeampte se gedrag as onprofessioneel en onbehoorlik bestempel.

ʼn Departementele ondersoek na die beampte se gedrag is reeds gelas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Wielspore ·

Ma, ma, ma, kom kyk, pa het vir ons ‘n polisie Van gekoop, nee my kind, kan nie wees nie, hy het nie ‘n lisensie, hy is seker dronk!

Karina ·

Net een genade: dank hom af, en hy moet so ‘n bietjie agter tralies sit ook.

Tsek! ·

Gevat sonder toestemming….dit klink baie dieselfde as diefstal?

Nie Verbaas ·

En “hulle” verwag jy moet respek betoon? Tipies ANC dissipline.

Persheks Adri ·

Wat ‘n skande is die ou nie ou Cele se trots die klomp wat so dronk is en ons moet veilig voel vir beskerming! Dit sal die dag wees pffft skreiende skande!

Mudguard ·

EISH !!!! Julle verstaan nie !!!! Dit was dan payweekend.

Janee! ·

Om by die polisie aan tesluit is een van die kriteria :. jy moet graad 12 slaag en in besit van geldige
bestuurslisensie wees en n burger van die land …of geld die kriteria nie meer nie.?

Anel ·

En jy mag nie wit wees nie. Jy hoef ook nie ‘n bestuurslisensie te hê nie.

Sarel ·

Hoeveel is gemagtig om te bestuur en hoeveel is gemagtig om vuurwapen te hanteer

Leana ·

Gans te maklik om deesdae in die mag aangestel te word. Dit wil voorkom asof dié ouens geen toets hoef te slaag voordat hulle aangestel word nie.
Help nie om na die tyd te huil nie. Kos net die belastingbetaler ‘n klomp geld.

Maggies ·

NET R500 borgtog betaal vir al die oortreding. Ai ek ruik alweer diskriminasie.

Janee ·

Wat is nog nuus?……Feitlik die hele ou spul is korrup of onbevoeg…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.