‘Besope’ polisieman in hof

‘n Skermgreep uit die video.

Die polisiekonstabel van Wolmaransstad in Noordwes wat oor die naweek in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn staatsvoertuig onder die invloed van alkohol bestuur het, het Maandag in die plaaslike hof verskyn.

Konst. Tshekiso Tshabalala (39) moet weer op 25 Januarie in die hof verskyn op aanklag van dronkbestuur, roekelose en nalatige bestuur, asook die gebruik van ʼn voertuig sonder die eienaar se toestemming.

Die saak is uitgestel sodat die beskuldigde regsverteenwoordiging kan bekom, het brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê.

Tshabalala is die naweek op video betrap terwyl hy sukkel om regop te bly. Hy het Saterdag teen ʼn heining in die Tswelelang-nedersetting in Wolmaransstad vasgery. Videobeeldmateriaal toon hoe hy in volle uniform skade aan die motor nagaan terwyl hy sukkel om op sy voete te staan.

Hy is op die toneel in hegtenis geneem waarna hy op borgtog van R500 vrygelaat is.

Dit het intussen aan die lig gekom dat Tshabalala geensins gemagtig is om staatsvoertuie te bestuur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Persheks Adri ·

Net R500 borg regtig? Dis mos nie reg nie pffft en dan moet ons veilig wees in hulle teenwoordigheid? Wonder wat sê Cele van die dronk man mmmmmmm

Johann ·

HUH? R500 en da stap hy by die hof uit? S.N.O.T.T.T.T.T.T dronk by die werk agter die stuur van n polisie bakkie maar hy stap weg…op sy eie hoop ek? Maar nou ja: welkom in die GEKKE PARRADYS genaamd die RSA!

Pieter ·

Hehe so moet n polisie man lyk wonder of het hy nog sy wapen.

Sakkie ·

Baie geluk met jou bevordering en magtiging om staats voertuie te bestuur jy is voorwaar n voorbeeld

Dubbelloop ·

Net n waarskuwing en hy het sy werk terug en maak dit verder hel vir blankes. Gaan ten to one nog bevorder word ook.

Frederik C ·

Miskien Covid 19 wat hom so laat slinger. Is hy getoets !!!

Johan ·

Sy verskoning gaan wees hy het die verkeerde medikasie geneem en hy gaan niks oorkom nie net bevorder word.

Clifford Salwyn ·

Ek wonder wat sou gebeur het as dit nou ñ wit poliesie man was

petro ·

in my dae as jy dronk aan diens was is jy summier ontslaan never mind nog dronk agter die kar se stuurwiel was dan is jy opgesluit om nugter te word maar foeitog dit is mos nou weer een van die agtergeblewende bloedjies wat op kamera vasgevang so hy kry net R500 bail hy is n helse verleentheid vir die SAPS wat se ou Cele nou en dan wil hulle kom skree oor die sterfte syfers op ons paaie

Sarel ·

Waar is Cele om te kom.kyk watter mense isvin sy diens. Te besig met Politiek

Casper ·

Nee wat die man in blou is so getrek soos ‘n rek en lê en slinger.Hy sal mos nooit ‘n arrestasie kan uitvoer nie en nog ‘n vuurwapen dra.Ramkat.

Wielspore ·

Volgens polisie protocal moet elke lid van die mag oor ‘n bestuurders lisensie beskik, van klerk tot generaal. Hoe is dit moontlik dat die lid aanstelling gekry het sonder ‘n lisensie?

Genis ·

Nou wonder Genis wat se die wapen wet van iemand wat so gesope is met n wapen aan die sy? Wonder of die lid dan katte skiet?

Thea ·

Nou gaan by my die huis lê met volle betaling terwyl ons belastingbetalers gaan betaal vir sy hofsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.