‘Besope’ verkeersbeampte geskors ná video’s

‘n Skermskoot uit een van die video’s.

’n Beampte van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) is geskors hangende ’n dissiplinêre verhoor nadat hy na bewering in volle uniform onder die invloed van alkohol op kamera vasgevang is.

Lesiba Mpya, waarnemende uitvoerende burgemeester van Ekurhuleni, het aan Maroela Media gesê die voorval het Dinsdag in die parkeerterrein van ʼn winkelsentrum in Benoni plaasgevind.

Twee video’s van die voorval word sedertdien op sosiale media versprei waarin gesien kan word hoe die beampte in metropolisie-uniform onvas op sy voete voorkom.

In die een video gly die beampte se holster met sy vuurwapen van sy middellyf af. Hy probeer dan met ʼn sigaret in die hand die holster van sy lyf afhaal, terwyl ʼn omstander vra dat die metropolisiebeampte se vuurwapen van hom afgeneem word “voordat ons almal per ongeluk geskiet word”.

Die omstander merk dan op dat daar ook alkohol in die beampte se diensmotor is. Dié diensmotor is ook in die video te sien.

In die ander video wil die metropolisiebeampte by ʼn omstander weet of sy alkoholvlakke getoets is nadat die omstander hom daarvan beskuldig dat hy dronk is. Die omstander vra dan aan ʼn ander metropolisiebeampte om haar kollega te toets. Dié metropolisiebeampte reageer egter nie en help hom in ʼn EMPD-voertuig in.

Hoewel Mpya nie in die stadium kon bevestig dat die beampte wel aan diens was ten tyde van die voorval nie, het hy wel opgemerk dat die metropolisiebeampte in volle uniform met sy diensmotor was en dus geskors is.

Hy verduidelik dat ʼn verslag vanaf die polisie binnekort sal kan bevestig of die beampte aan diens was of nie.

‘n Skermskoot uit een van die video’s.

Fikile Mbalula, minister van vervoer en voormalige minister van polisie, het sy misnoeë met die voorval op Twitter te kenne gegee. “Dit is ʼn skande. Ons sal opvolg en ons sal hom aan die pen laat ry,” het Mbalula getwiet.

Michael Shackleton, DA-LP vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het sedertdien ʼn beroep op Faith Mazibuko, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, gedoen om ondersoek in te stel na die gedrag van metropolisiebeamptes in die provinsie.

“Hierdie walglike gedrag van ’n metropolisiebeampte mag nie geduld word nie,” het Shackleton in ʼn verklaring gesê.

“Die LUR moet toesien dat ons metropolisie geskik is om misdaad te voorkom en om die veiligheid van ons inwoners op die paaie te verseker.

“Die DA is van mening die enigste oplossing om te verseker dat die metropolisie hul gedragskode nakom, is om die metropolisiediens te professionaliseer. Dit kan gedoen word deur mense met ’n passie vir polisiëring as metropolisiebeamptes in diens te neem om die metropolisiemag eerlik en professioneel te maak en om Suid-Afrikaners te dien en te beskerm,” het Shackleton gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Sandra ·

Geskors, met volle betaling seker! Dit help met mooi niks. Sit maande of selfs jare by die huis en lewe soos konings.

Melanie ·

Ek is nou so die dinges in!! Werke word van eerlike opregte mense afgeneem en gegee aan mense wat n duit vir die uniform voel!! Hierdie land van ons moet flippen bykom!! ons vergaan van ellende!! En sulke nonsense help net mooi niks!!

Zoro ·

Ek stem volkome saam – eerlike en opregte beamptes word uit gewerk en mishandel – in die is Vrystaat presies dieselfde wat ook gebeur – nou moet die toesighouer ook geskors word vir so stuk ‘loser’ dan is hy boonop arrogant daarby dis die soort kaders wat aan gestel word. Die land is in groot moeilikheid met sulke ouens in diens.

Gerrie Ferreira ·

Die poslisiebeamte wat hom verwyder het moet ook aangekla word omdat sy hom nie gearresteer het nie, kollega of nie.

Koos de Meyer. ·

Hoekom is hy nie daar en dan gearresteer en ‘n alkol toets gedoen nie. In die video is ook berig dat hy ‘n vuurwapen gerig het op die persoon. Hoop hulle maak ‘n voorbeeld van die persoon. As dit een van ons was is net daar gearresteer.

Natersea ·

Ek is nie eens meer verbaas wanneer ek sulke berigte lees nie – ek is net bly dat dit aan die lig kom en dat daar hopelik iets aan gedoen gaan word

Vita ·

En daar is die nuwe polisiehoof,selfde met Durban se burgermeester,kurup ,word gefire kry dan beter pos, so hy sal seker goeie pos kry nou

Gerrie Ferreira ·

Die poslisiebeamte wat hom verwyder het moet ook aangekla word omdat sy hom nie gearresteer het nie, kollega of nie.

Sommer net ·

En wat van die dame wat hom nie wou toets nie. Gaan sy aangekla word vir versuiming om haar werk profesioneel uit te voer, of gaan sy net gelos word. As daar nie n video was nie sou die saak mos net oorgewaai het.

JJ ·

Reken sy het saam geparty!
Wat doen hulle in uniform in ‘n staat voertuig by ‘n winkel sentrum. Drankwinkel toe??

Siener ·

Sy moet ook aangekla en ervolg word. Hoekom doen sy nie haar werk nie??

Jackie ·

Ai ai waar gaan dit eindig!! Glo nie een van die twee gaan hul werk verloor…eerder bevorder word en dan word die skuldige beampte se gesig nog verbloem. Dit is n skande want as iemand sy hulp benodig het was hy nie in staat tot hulp. Die President moet nou sy oogklappe afhaal en wakker skrik!!!!!

Ma ·

Met die verskriklike slagting op die paaie gaan die ou nie help om dit te verminder nie maar n aandeel he daaraan.Dan word hy nog daarvoor betaal ook.

Zoro ·

Ek stem volkome saam – eerlike en opregte beamptes word uit gewerk en mishandel – in die is Vrystaat presies dieselfde wat ook gebeur – nou moet die toesighouer ook geskors word vir so stuk ‘loser’ dan is hy boonop arrogant daarby dis die soort kaders wat aan gestel word. Die land is in groot moeilikheid met sulke ouens in diens.

Oupa D ·

Nog beter, bel die Metropolisie! Hulle bring sommer vir jou ‘n dop saam!

Pampoen ·

Nou waar om is die polisie nie gekry om hom in het en is te neem nie. Hy is toegelaat om onder die invloed te bestuur?

Theresa ·

Ai dis darem lekker in die nuwe Suid-Afrika. Gebruik sommer al die Staat se goed vir ‘n lekker tyd. Geskors met volle betaling ook nog – darem het hy genoeg tyd om die dronk verdriet uit te slaap. Klomp narre!!

C ·

Sien dit baie by ons gebeur party in volle inuforms met die polisie bakkies of karre het hulle gerapporteer maar kom niks van nie en as mens die stasie bel vir hulp dan is die verskoning “sorry geen voertuig beskikbaar nie”

n feit ·

Ek het uniform gedra en ons mag nie een met n sigaret in die openbaar verskyn het nie. Jy mag nie eens jou metgesel se hand vasgehou het nie. Nie eens jou man/vrou gesoen het nie.
As jy soos dai antie verbreed was sou jy n brief gekry het wat eis dat jy gewig moet verloor, want jy doen jou uniform oneer aan. Vra my ek was daar.

Jerry B ·

As hy nie die werk wil doen nie “get out”. Kyk watse voorbeeld stel hy vir die jeug, departement en land.

Liezl ·

Nee jong, dit sal seker op die ou end die ou wat die video gemaak het, se skuld wees!

Eks n speedcop???????? ·

Jy’t reg.
Dis die ouens wat vervolg gaan word…

Annelien ·

Maroela, dit was nie in Springs nie, in Benoni by Rynfield Terrace winkel sentrum. Was skokkend om te sien ja, met sy pistool heel arrogant…

Petro ·

Rynfield is in Benoni… Nie in Springs nie…
En….. Gee tog kans dat die gereg sy gang gaan voor almal kommentaar lewer oor wat met hom gaan gebeur en wat nie. Stap in die regte rigting dat hy reeds geskors is.

Patat ·

Dis ‘n skande! Steeds hoekom is hy nie getoets nie? Hoekom het sy hom nie getoets nie? Ons weet wat sou gebeur het as dit’ n blanke persoon was.

Anoniem ·

Dit is nou maar die slegte beeld wat die ou uitdra wat die metro n slegte naam gee. Daar is wel goeie verkeersbeamptes en hulle verdien nie om onder dieselfde kam geskeer te word nie.

Doppie ·

Bambi dit was n langgggggggggggg lunch! Samwich het n hamburger geword! The rest is history ha ha

jakes ·

Die spietkop sal waarskynlik deur n hoogeplaaste besoek word om met hom te simpatiseer en daarna sal hy bevordering kry. Hy is nou deel van die korruptes en sal n goeie comrade uitmaak.

Jr ·

Jakes moenie vergeet van n huis en sy kinders verniet skool kan gaan

Ans ·

En HOEKOM word sy gesig verbloem?? O ja siestog, seker omdat hy menseregte het! Dis mos net ons armsalige eerlike drommels wat ons pad reguit probeer stap, wat aan die wêreld uitgewys word. Maak mens SO siek!!!!!

Lood Kurkprop ·

MaroelaM is die enigstes wat sy gesig verbloem…..daar is alreeds memes waar hy staan en vingers wys en dan in Afrikaans sê “Die punt bly staan…” …dis vrek snaaks,daars alreeds n paar meme “Gifs” ook..
.
.

Ekke ·

Ek stem 100% saam met Sommer net. Sy moet beslis ook aangekla word!!

Neels ·

Die ou is oppad om of minister van vervoer te word of van veiligheid anders moontlik n ambassadeer in Nederland of Swede. Hy vier alreeds die bevordering

Mampoer ·

Metro polisie en verkeers afdelings is lankal die “recycle box” vir almal wat mislukings is in ander staas departmente en jeugdige kader ellemente wat op een of ander tyd met die gereg gebots het .

Chris Ws ·

HY’s nou geskors MET volle betaling vir ‘n onbepaalde tyd .Dit meen hy is amptelik met betaalde verlof.Dis darem dem lekker!En nou gaan daar verder niks met die beampte gebeur nie.

James ·

Aangesien Lefusi en Blade so baie het om te se, wil hulle nie hier ook ietsie se nie….

Chris ·

Daar lees ek nou op News 24 die ou is nie getoets vir drank nie , hy is nie gearessteer nie. Sy maliboen kollega is glo ook geskors en nog twee ander wat hom gehelp het word ondersoek. So daar gaan dit die videos gaan nie tel nie en die ou het sleg gevoel soos miskien iets geeet wat nie geakordeer het met sy konstetusie nie . So vryheid en geen oortreding wink vir hom. Die video nemers gaan gebrandmerk word as moedswillige rassiste en ook al mal eat geshare het . Whatch this spaces

Nicolien ·

Hy gaan seker net 6 maande rehab toe vir verslawing en stress dan weer op die job

Eish! ·

Die Minister moet n steekproef doen en op sy data stelsel kyk hoeveel beamptes het binne n 6 maande en n jaar hulle bestuurderslisensie gekry het – en net deur gesit is met massa toetse glo dis so 85 per sent – onder soek eers jou departement en dan die publiek ek hoeveel van hulle was met staatsvoertuie in botsings betrokke – hy sal n hart aanval of n stroke kry

Vita ·

Hy sal nou n beter pos kry,kyk doe vrou in natal wat burgermeester was,sy ook geskors en toe beter pos gekry,so hy oppad op met die rang

Koos de Meyer. ·

Kla die dame aan vir regsverydeling want sy weier mos ook dat hy getoets word. Sy is ook medepligtig. Kom ons kyk of hulle hom so sal hanteer soos vroeër vanjaar in jhb toe die metro die persoon hardhandig behandel het.

Vintcent ·

Die tragedie hier, is dat daar persone is wat sulke mense aanstel.

Pieter ·

Die land is klaar mense kyk maar net na zimbabwe en dan kom slim mbeki en hy vertel vir mense wat se goeie pres ou robert was wat n grap

Susan ·

Wat ookal di uitkoms aan diens of ni sal hy seker ni getoets word ni gaan seker some excuse he di ander een skerm ook lekker dat hy ni gearessteer word ni

Scotty ·

Dit wil voorkom of dit n ou gewoonte is van hom om dronk aandiens te wees en te bestuur.Dit is nie eerste keer nie,hy is net uitgevang.Hy moet defnitief krimineel aangekla word.

Christa ·

Hoekom Sy gesig uitblok. Die video wat die rondte doen het almal Sy gesig gesien. Is hulle bang ons erken Hom as Hy nog op kantoor te sien is. Hy hoort afgedank te word

lewies ·

Het die SAPD ‘n Trauma-profiel vir hierdie beampte bekom, voordat hy indiens geneem is?. Wat is sy verdedigingsmeganismes ens. ens ? Dit is hoogtyd dat hierdie vrae gevra word? Sonder hierdie data bly dit ‘n risiko om enige individu indiens te neem of in ‘n skool toe te laat. Dit is duidelik dat hierdie ou geen hulp ontvang het met n probleem waarmee sy geworstel het nie.

Spark Plug ·

Wag dat hulle jou aftrek na werk..by jou kar se venster inloer en dan ruik jy net drank. Hy druk sy kop heeltemal deur die venster en vra “it’s warm today, don’t you have anything to drink”…waarna my kollega vra of hy gedrink is. Hy begin dan te skree op ons en sy metro chommie storm nader en skree ons moet ry..now

Lood Kurkprop ·

.
.
Kom nou kêrels …die man praat darem mooi Afrikaans…sal like om saam hom om n braai te kuier…veral saam Zuma ook…knape klink of hulle n goeie humor kan hê….
.
.

Dries ·

WONDER OF HY SY BEVOEGDHEIDS SERTIFIKAAT GAAN VERLOOR VIR SY VUURWAPEN ?

Henry ·

Wie het nog die tyd van die maand geld vir so baie drank. Wonder waar kom daai geld vandaan????

Talbot ·

Ja beter skors want hoe kan installeer vir nuwe werk en moet luister na wet wat uniform, wapen, voorbeeld reg, sertifkaat? Moet eers voor sweer en dan weet luister vir wet. Hoe kan hy nie luister nie. Ja moet skors en moet sonder salaris

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.