Bespaar geld, kanselleer nuwe straler, sê VF Plus

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die VF Plus meen pres. Jacob Zuma moet summier die planne om ʼn nuwe straler van R4 miljard vir hom te koop stopsit om aan die bevolking van Suid-Afrika te wys hy is ernstig oor geldbesparing.

Pieter Groenewald, woordvoerder van die VF Plus het Donderdag met die begrotingsposdebat van die presidensie gesê die debat gaan oor die goedkeuring van geld vir die pos van president. Dit is ʼn debat oor die aanwending van belastinggeld vir die president om te funksioneer.

Hy sê dit is bekend dat die minister van finansies onlangs gesê het die land het nie geld nie en dat Suid-Afrika eers ʼn behoorlike groeikoers en ʼn groter inkomste moet kry voordat streng besparingsmaatreëls opgehef kan word.

“Dit is daarom belangrik dat die president as die land se eerste burger die voortou moet neem met besparing sodat die publiek kan sien die regering is ernstig daaroor,” het Groenewald verduidelik. “Ongelukkig het die president oor Nkandla telkemale die blaam na ander probeer verskuif en gesê die besteding by sy woning was uit sy hande. Selfs in sy verskoning aan die publiek het hy die skuld op sy regsverteenwoordigers probeer skuif.”

Groenewald het verwys na die proses wat tans aan die gang is om vir die president ʼn straler van R4 miljard te koop. “Hy moet hierdie proses stop sodat hy nie later kan sê hy het nie geweet nie. Die Boeing 787-straler is wat ryk, ontwikkelde lande kan bekostig. Ons is ʼn ontwikkelende land in geldnood. Ons groeikoers is onder 1%, maar die president wil ʼn vliegtuig koop van R4 miljard. Daar kan 15 000 tot 20 000 huise vir arm mense gebou word met daardie geld.”

Groenewald het bygevoeg daar is niks fout met die huidige vliegtuig nie. “Die president word nou weer mislei. Dis soos ʼn man met ʼn duur motor wat net 60 000 km gery het en waarvan die battery een oggend pap is. Dan wil hy ʼn nuwe motor koop. Dis onnodig. Sit hierdie vermorsing stop. Wys aan die nasie dat u as president ernstig oor besparing is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

christine ·

Baie belangrik vir hom. Wonder hoekom wil hy dalk vlug dan sien ons die straler nooit weer nie.

ig ·

Christine,dit sal nogal n bargain wees as hy verdwyn met n 4 Miljard Rand vliegtuig,solank ons hom net nooit weer sien nie.Die land sal daai geld vinnig vertien dubbel opmaak

Tan ·

as dit die geval is Christine koop ek sommer vir hom die ding !!!!!

John ·

Wanneer verjaar ons president? Miskien kan van sy familie, vriende en nefies en niggies ietsie bymekaar gooi en ‘n mooi geskenk vir hom koop vir al sy weldade aan hulle bewys. As hulle raap en skraap sal die geldjie moontlik voldoende wees om ietsie mooi, wat tot by die wolke kan reik en verder, te koop.

M A ·

Ag siestog, hy het baie onlangs verjaar en niemand het iets goed te sê gehad vir sy verjaarsdag nie. Kan een mens regtig so sleg wees as wat die media sê? Dis nogal hartseer dat hy sy stert daaraan afvee.

Cherokee ·

Soos ‘n kite John! ‘n Lap Kite.. nie sommer een van bruin papier nie.

NEL ·

Het eendag in ‘n bekende koerant ‘n spotprent gesien waar hulle ‘n munt gedruk het met oud president Mandela se kop op en waar Zuma staan en toekyk met die bekend stelling. Hy vra toe wanneer die munt dan sy kop op kry, waar die persoon wat die bekendstelling aangebied het se dat hulle nie meer halfsente druk nie. Jammer om te se maar dit wil voorkom of die man reg was.

Frederik ·

” die land se eerste burger” Naar maar waar. Nogal ‘n grillerige feit.

Xa ·

Die populus verstaan nie van korrupsie nie, te stupid om die konneksie te maak dat korrupte politici geld steel wat eintlik na hulle moes gaan. Maar hier stel Groenewald dit baie goed. Hy druk die bedrag in huise uit, en dis presies hoe dit gedoen moet word! Die DA, Cope, UDM en ander moet hierdie manier van verduideliking waarom korrupsie en die ANC so sleg is aanneem, en dit een van hul groot verkiesingsboodskappe maak!

Theuns ·

“Geld vir die president om te kan funksioneer?” Die president funksioneer nie hy steel. Ek se weer hy, die President, wil die vliegtuig he omdat hy nie van plan is om na sy termyn as President aan iemand anders oor tegee nie! Zuma gaan aanhou regeer. Die aanduidings is alreeds daar dat daar gekonkel gaan word met die OVK, die veiligheids toestande in die land en die karakters wat hy om hom aangestel het. Hy gaan ‘n verskoning kry om dalk as n Diktator te regeer. Zuma se vermetelheid ken geen einde nie!

m ·

Ag liewe hel hou tog net op om al die geld in huise in te stoot vir al hierdie massas want hierdie kroniese huistekort in hierdie land gaan net nooit ophou nie want sedert 1994 bou hulle al huise en toilette en nogsteeds is hier miljoene wat nie huise het nie. Ek wonder hoeveel SA burgers het regtig baatgevind by hierdie huise. Begin eerder om werk te skep, kry die ekonomie reg dat hier groei kan wees. Regtig hierdie alewige huise en toilette wat so gebou word is belaglik want dit hou net nooit op nie. Dis ook al statistieke wat hulle het om te wys…..

M A ·

Ek het die huise gesien wat hulle by Nylstroom (Modimole?) gebou het. Ek sal huiwer om my varke daarin te huisves. Die deure pas nie eers nie, daar is orals barste en dis ongeverf. iemand se skelm bouer het weggeloop met ‘n sak vol geld. Siestog!

Xa ·

Baie goeie opmerking. Baie belangriker om werk te skep, opvoeding en gesondheidsorg. Ongelukkig dink die gepeupel dat hulle reg het om n huis te kry agv die ANC se onetiese leunaar propaganda voor verkiesings.

M A ·

Presies M A. ALtyd aan die huise bou en iewers maak iemand groot geld uit daai lendelam huise. Seker hulle eie familie en vriende wat die kontrakte kry.

Daleen ·

Wat gaan gebeur as Zuma waai en die EFF vat oor? Eish!!! Wie kies mens nou? Malema of Zuma? Nee wat ou Zuma, ek se jou nou: verkoop jou huisie daar in Nkandla en koop jou ‘n lekker straler daar by boeing. Wie kyk Mayday op etv?

Gerd Lourens ·

Ek het eenkeer gelees dat iemand gesê het dat die knaap nie eers op laerskool gevorder het tot die vlak waar hy in ‘n Atlas kon kyk na die lande van die wêreld nie, en dat hy nou in absolute luuksheid die lande wil besoek…

Cherokee ·

Ek het op laerskool geleer dat hy gesê het à die kontinente kan in Afrika pas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.