Bespaar só water

Daar is landwyd 'n waterkrisis en waterbeperkings dwing mense om water te bespaar. Foto: Argieffoto.

Daar is landwyd ‘n waterkrisis en waterbeperkings dwing mense om water te bespaar. Foto: Argieffoto.

Suid-Afrika gaan gebuk onder waterbeperkings wat in groot dele van die land ingestel word. Dit lyk egter nie asof dié beperkings, wat veroorsaak word deur erge droogtes, binnekort opgehef gaan word nie. Hier is ʼn paar nuttige wenke om water te bespaar wat jy in gedagte kan hou vir daaglikse takies in en om die huis.

  • Lei jou tuin nat met die gryswater van jou dubbelbalie-wasmasjien of bad. Jy kan selfs jou skottelgoedwater gebruik om die tuin nat te gooi. ʼn Nuttige wenk is om jou tuin voor 10:00 en ná 17:00 nat te lei omdat die grond dan minder water sal gebruik.
  • Vang geutwater op in ʼn houer om later plante daarmee nat te gooi.
  • Verseker dat jou krane en toilet nie drup nie of water lek nie. ʼn Druppende kraan kan tot 30 liter water per dag mors.
  • Indien jy ʼn watertenk kan oprig, kan dit duisende liters water bespaar. Jy kan dié water gebruik om jou motor te was of plante nat te lei. Jy kan dit selfs suiwer en in die huis gebruik.
  • Kook net soveel water in die ketel as wat jy nodig het.
  • Stort eerder as om te bad. ʼn Bad gebruik gemiddeld 160 liter water en ʼn 5 minute-stort gebruik 60 liter. Jy kan ook ʼn laevloei-stortkop laat installeer.
  • Draai die kraan toe wanneer jy jou tande borsel of skeer.
  • Was eerder die skottelgoed in ʼn wasbak as in ʼn skottelgoedwasser wat nie ʼn waterbesparende siklus het nie. Wanneer jy wel jou skottelgoedwasser gebruik, maak seker dat dit vol gepak is.
  • Vee eerder jou opritte of plaveisel as om dit met water af te spuit.
  • Verkoel water in die yskas. Op dié manier hoef jy nie elke keer die kraan te laat loop tot die water koel genoeg is om te drink nie.

Gaan besoek gerus dié waterbesparings-webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

AmY ·

Ons bly in ñ komlpleks, en glo my, ek het nog nooit gesien dat mense so kan mora met water nie. Ons probeer ons bes om water te bespaar. Ons stort net en was net eenkeer ñ week wasgoed. Dan is hier ander mense wat elke dag bondels en bondels wasgoed was. Hulle loop tot ses keer op ñ dag na die wasgoedrade toe. Maar die ergste van alles: die water word opgeneem deur al die wooneenhede. So, ons betaal lekker vir ander mense wat met die water mors. Waarom moet 3 mense in ñ eenheid dieselfde betaal as die wat 6 in ñ eenheid is? Is daar iets wat mens daaromtrent kan doen? Ons waterrekening was die maand werklik baie hoog gewees. En ons bespaar water soos nog nooit vantervore nie.

Paplepel ·

Alles baie goeie voorstelle. Wie gaan daarvoor betaal? Dis net soos die redenasie; “gaan oor na gas toe”. Dit is vinniger en beskikbaar as die krag af is, MAAR, dis baie duurder, moeite en gevaarliker as elektrisiteit. Om ‘n reënwater oes stelsel in plek te sit wat werklik gaan waarde toevoeg kos duisende. Jy moet regtig BAIE duisende liters water opvang en herbenut voor jy eers gelyk breek. Jy breek eers gelyk na die 3de tot 5de jaar. (As jy gelukkig is). Kom ons spandeer al die moeite om korrupsie uit te roei en om mense te leer om hulle werk te doen. Dan sal ons nie nodig hê om altyd op eiers te loop nie.

Berhalet Beukes ·

Regtig… Pype bars en word vir dae lank gelos… En ons moet water bespaar? Ek verstaan droogte, ja… Swak munisipale diens, glad nie! So waarom trek ons munisipaliteite nie hulle sokkies op en begin hulle deel doen om water te help spaar nie?

Muller ·

Berhalet ek stem 100% saam met jou! Ons almal moet ons deel doen, maar die staat laat lekker slap le en al wat ‘n gebarsde pyp is lek nogsteeds, en wat van die rou riool wat in ons riviere en damme ingepomp word. So ou regering vee eers voor julle eie deur en beboet sommer julle self ook. JULLE aandeel in die gemors is 99%

Eish! ·

Wel ons dorp het nou beurtkrag ingestel. Van 9uur in die oggend tot 18H00 in die aand. Maandag het dit goed gegaan. Dinsdag het ons die aand 9uur eers begin water kry. Woensdag het ons 8uur eers begin water kry en toe ek vanoggend 4uur opstaan om gou wasgoed te was, het ons weereens geen water gehad nie. Intussen is by ‘n paar huise/besighede wat se pype gebars het. Ek neem aan dit is die rukking en drukkings wat dit veroorsaak. Ons publiek het als aanvaar en besluit is vir ons eie beswil, maar nou wonder ek as die >?$#@$! Nketoana munisipaliteit te onnosel is om ‘n horlosie te kan lees, wat staan ons te doen? Basies het ons nou meer as 50% van die tyd nie water nie. Waarvoor betaal ons?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.