Bespoedig ondersoek na OB, vra VF Plus

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (Foto: ANA)

Die VF Plus het Saterdag gevra dat die parlement se portefeuljekomitee oor justisie se ondersoek na Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, se bevoegdheid om dié amp te beklee, bespoedig word.

Dít kom te midde van Mkhwebane se onlangse verdoemende bevindinge teen Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, oor die destydse stigting van die sogenaamde “rogue”‑eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het in ʼn verklaring gesê die openbare beskermer boesem nie vertroue by die publiek in haar amp in nie en dat die party die indruk kry dat haar kantoor misbruik word vir interne gevegte in die ANC.

“Mkhwebane se optrede waar sy deurlopend uitsprake lewer oor die SAID, en volgens aanduidings jag maak op Gordhan, skep die indruk dat sy nie werklik objektief is nie en dat sy moontlik gevoer word met valse inligting vanaf sekere komponente in die veiligheidskringe,” lui die verklaring.

Volgens Groenewald is ʼn openbare beskermer veronderstel om die publiek se vertroue te wen aangesien die kantoor van die openbare beskermer juis ʼn instelling is waar lede van die publiek kan aanklop oor belastinggeld wat moontlik verkeerdelik aangewend word.

“Aangaande die “rogue”‑eenheid wat onder Gordhan by die SAID gestig is om sekere spesialisondersoeke te doen, het regter Robert Nugent in sy ondersoek verlede jaar reeds bevind die eenheid is wettig bedryf,” lui die verklaring.

Groenewald herinner daaraan dat dit ook destyds deur die voormalige openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, asook die Valke en die nasionale vervolgingsgesag (NVG), beaam is nadat dié instellings die eenheid in opdrag van Madonsela ondersoek het en geen ongerymdhede kon vind nie.

“Teen hierdie agtergrond moet die vraag gevra word of Mkhwebane bevoeg is vir haar pos. Haar versoek dat stappe gedoen word teen mense soos Gordhan wat in haar verslag van wanpraktyke beskuldig word al is gevra dat haar bevindings op hersiening geneem word, is ʼn duidelike aanduiding van haar oënskynlike onkunde.

“Enige persoon met basiese regskennis sal weet daar kan nie uitvoering gegee word aan ’n bevinding wanneer ’n saak op hersiening geneem word nie,” lui die verklaring.

Volgens Groenewald sal die party alles in sy vermoë doen dat belastinggeld nie deur interne gevegte binne die ANC verkwis word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Andreas ·

Mens sal graag eers wil sien dat die huidige president se naam skoon is en dit wat aan hom toegedig was nie die waarheid was nie, anders is ons terug waar ons was.

Andreas ·

Dit help nie die media probeer die huidige president poets nie, daar is veral EEN onafgehandelde saak wat hy self voor verantoordelik is wat in die reine gebring moet word, en dit help nie mens diskrediteer die huidige persoon wat dit ondersoek nie.

fred ·

jy is reg…ek is ervan oortuig dat die OB iets weet wat ons nie weet nie…laat die vrou haar werk doen….daar is teveel geraamtes in die ANC…en cr het één daarvan….niemand word normaal in n paar jaar tyd biljonére nie

Sarel ·

Sy is ‘n Zumaliet en Zuma & Gordhan loop nie saam nie. Die huidige Zuma Faksie wasrvan die OB deel is sal nie rus voor Gordhan uit die weg gebruik is nie.

Andreas ·

Dit word verwelkom en is uiters noodsaaklik, maar vir my is die belangrikste om eers haar uitsprake en bevindinge ongegrond te laat bewys.

Sarel ·

Andrea’s lees die VF+ se kommentaar dit was reeds deur die Valke onderdoek en daar was reeds ‘n Hofuitspraak daaroor
Ek merk egter dat die DA en VF+ se kommentaar 100% verskil van mekaar.

Andreas ·

Sarel, lees gerus by die skakel wat ek vroeër hier onder geplaas het. Die VF Plus en Dr G is ons ‘n antwoord verskuldig. Ek sal hulle more daaroor aanvat. Ek is teleurgesteld, uiters, en ek jaag nie spoke op nie.

Kallie ·

Ek verstaan ook nie die VF+ se beheptheid met Ramaphosa nie. Die president is die staatshoof en moet silwerskoon wees. Dieselfde geld vir Gordhan.

Kobus ·

Sarel, ek is nou al goed deurmekaar met al die hofsake en ondersoeke waarby die OB, Guptas, Zumas, Gordhan en Ramsaphosa betrokke is. Regter Nugget het wel sekere dinge kwytgeraak in sy ondersoek, maar dit was nie ‘n hofsaak nie, want getuies is nie onder kruisverhoor geneem nie. Miskien kan MM dit vir ons mooi opsom, met ‘n tydlyn . Dan is almal ingelig, wat goed is vir ‘n demokrasie.

marco polo ·

Maar is die portefeuljekomitee vir justisie se voorsitter nie een van die Ace aangestelde korruptes nie? Hulle het met ‘n plan gewerk.

Diaz ·

Indien ek dit nie mis het nie,bestaan die hele portefeuljekomitee uit zumaliete. Hoekom die padda man nie al die zumaliete met sy aanstelling ontslaan het nie, hou geen logika vir enige regdenkende mens in nie.

marco polo ·

Juis, Andreas. Maar soos die Ingelse se, ‘the better of two evils’. Dis om van te wanhoop.

Neels ·

Marco polo jy is reg en Mnr Groenewald al word sy uit die pos verwyder sal daar net weer n volgende kader in haar plek kom, want die meerderheid plus Eff sal daarvoor sorg. Al se die grondwet wat die Anc het geen respek daavoor nie en weereens moet die belasting betaaller betaal vir hulle onbevoegdheid maar aag wat die mense het gestem en is tevrede daarmee.

Andreas ·

Die VF Plus moet nou net nie hul intergriteit wat hulle ons voor die verkiesing voorgehou het versaak nie, waarom nou hierdie verklaring? Is hulle bang die klad op SA se naam raak groter en nou beskerm Dr G die President? Ek sal graag van hom verneem waarom? Dit nou na hy die berig gelees het wat ek vir marco polo geplaas het. ‘n Politikus kan mos nie praat en aanvaar ander sal dit sien as hy is nou die nuwe orakel nie!

Johanna Botha ·

Nog n ondersoek .. die hof het al baie gese sy is useless …so steek haar in die pad !

Andreas ·

Dat sy useless is, mag so wees, maar die president se antwoord November verlede jaar in die parlement kan jy nie verander nie, en dit mag nie saam met haar in die doofpot verdwyn nie.

Gert van Wierdapark ·

Dit is te gevaarlik om haar in die pad te steek? Sy behoort eintlik ondersoek te doen na die verkoop van motorbestuurs-lisensies en die klomp padvarke op ons paaie! Daar is eintlik GEEN rede om haar geskikt-heid vir die pos te ondersoek nie! Haar rekord, as mens dit so kan noem, spreek van self. Druip met lof! Die Parlementere Kommi-tee wat dus haar geskiktheid moet ondersoek, kan lekker tee en versnaperinge geniet, links en regs kyk, en dan padlangs van haar ontslae raak! He-he-ge

Andreas ·

Dr G, al wat ek vra, as sy afgedank is, vee Cyril sy naam met ‘n stoffer skoon? Is dit nou so maklik soos dit? Al is haar naam soos grafiet, is hy nou ‘n diamant? (Grafiet en diamant is mos ewe hard en elkeen sy eie kleur!)

Dries du Toit ·

Nee ek stem raak baie vinig ontslae van haar. Vergeet Ceril se misdaadjie van R500k vereers. Van daai absolute korrupte Magashule en sy meelopers moet bitter gou ontslae geraak word. Hulle sal nie vervolg word as hierdie onbevoegde vrou daar sit nie. Ons kan nog met Ceryl uithou vir n ruk maar selfs Malemmer moet nog vervolg word en hierdie OB gaan dit nie doen nie

Andreas ·

Dries, lees gerus Herman Toerien se nuuskommentaar van vanoggend.

Jimmy ·

Dries, alle skelmstreke en misdade moet ondersoek word. Gewone mense gaan vir kleinighede tronk toe.

Kobus ·

Groenewald soek seker ‘n kabinetspos, en die twee Mulder broers wil dalk ambassadeurs word. Die VF+ kiesers is weer eens mislei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.