‘Bespoedig wet wat lyfstraf verbied’

Eerw. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP. (Foto: Twitter)

“Misbruik en tugtiging is nie dieselfde nie.”

Só het eerw. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, Donderdag volgehou oor sy mening dat lyfstraf nié in die Grondwet verbied behoort te word nie.

Dít nadat ʼn groep kinderambassadeurs Woensdag ʼn beroep op die parlement gedoen het om wysigings aan die Kinderwet te bespoedig om lyfstraf oral – ook in huishoudings – duidelik te verbied.

Altesaam 50 kinderregte-ambassadeurs uit al nege provinsies het met LP’s vergader tydens ʼn herdenking van die VN Konvensie oor die Regte van die Kind.

Hulle het onder meer gevra dat die konsepprotokol wat lyfstraf moet verbied vinniger afgehandel word, asook dat die regering ʼn gekoördineerde, bewysgedrewe en goed toegeruste voorkomingstrategie van stapel stuur om geslagsgebaseerde geweld te stuit.

Die Konstitusionele Hof het in September beslis dat lyfstraf in private huishoudings ook onwettig is. Dit word al veel langer in skole verbied.

Die regters van die Konstitusionele Hof het in ʼn meerderheidsuitspraak bevind omdat kinders steeds doeltreffend gedissiplineer kan word sonder om matige en redelike tugtiging te gebruik, is daar minder beperkende middele om dissipline te bewerkstellig.

Die regters het bevind gemenereg-verdediging van redelike en matige tugtiging deur ouers is strydig met die bepalings van die Grondwet.

Meshoe is ʼn uitgesproke voorstander van lyfstraf en het vantevore al gesê as regte met verantwoordelikhede gebalanseer word, sou sake veel anders daarna uitsien.

Hy het ook gevra dat die Grondwet gewysig word om lyfstraf weer in skole én tuis toe te laat om die vlaag seksuele misbruik, dwelms en geweld in skole te help stuit.

“Wanneer misdade deur kinders gepleeg word, spreek dit boekdele oor ons Grondwet,” het Meshoe vanoggend aan Breakfast with Martin Bester op Jacaranda FM gesê.

“Kinders pleeg misdaad. Jare gelede het sulke dinge nie gebeur nie. Kinders rand selfs onderwysers aan. As dit voortgaan, gaan niks verander nie. Ons het lyfstraf nodig,” het Meshoe gesê.

“Ouers moet hul eie kinders dissiplineer – misbruik en tugtiging is nie dieselfde nie.”

Die African Transformation Movement (ATM) se Thandiswa Marawu het vroeër ook gesê “wie die roede spaar, bederf die kind” en dat dit jammer is dat Suid-Afrika op dié beginsel werk. Sy het ook gevra dat die Grondwet gewysig moet word om lyfstraf toe te laat.

Nie almal deel egter dié sentiment nie en Julius Malema, leier van die EFF, het selfs al na Meshoe as die “tsotsi-pastoor” verwys vir sy siening dat ʼn pak slae op sy tyd baie doeltreffend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

43 Kommentare

jongste oudste gewildste
Edd

Ek dog dit is al lank terug verbied? En as dit gaan oor nuwe wette om die oues meer toepaslik te maak is dit niks anders as ‘n foefie nie want die probleem kom by die afdwing van die wette en vervolging van misdadigers. Totdat dit effektief gedoen kan word kan hul ma wette skryf tot daar nie meer ‘n boom in die land oor is vir ‘n potlood nie want dit gaan nutteloos wees.

Carel

Give that man a Bell’s

piets

Ek dink kinders van vandag het geen gevolgevir wat hulle doen nie oor ons geen dissepline kan toepas nie. ek het al beleefhoe hullemet ouers praat en wat kan ouers doen ? hulle selfoon wegvat of geen tv nie, did nie hoe hulle gaan leer nie nee loesing is die antwoord want sal jy dit weer doen nee…maar did hoekom ons land agteruit gaan want die kinders het te veel se of reg , ouers kan nie ouers wees nie en onderwysers kan nie onderwysers wees nie… ek se piets op sy tyt is goed ou juluis se ma het… Lees meer »

sakkie

my ma het altyd gese ” n pak op sy tyd, is soos brood en konfyt.

Anoniem

Neem jy die woorde uit my mond…