‘Bespoedig wet wat lyfstraf verbied’

Eerw. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP. (Foto: Twitter)

“Misbruik en tugtiging is nie dieselfde nie.”

Só het eerw. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, Donderdag volgehou oor sy mening dat lyfstraf nié in die Grondwet verbied behoort te word nie.

Dít nadat ʼn groep kinderambassadeurs Woensdag ʼn beroep op die parlement gedoen het om wysigings aan die Kinderwet te bespoedig om lyfstraf oral – ook in huishoudings – duidelik te verbied.

Altesaam 50 kinderregte-ambassadeurs uit al nege provinsies het met LP’s vergader tydens ʼn herdenking van die VN Konvensie oor die Regte van die Kind.

Hulle het onder meer gevra dat die konsepprotokol wat lyfstraf moet verbied vinniger afgehandel word, asook dat die regering ʼn gekoördineerde, bewysgedrewe en goed toegeruste voorkomingstrategie van stapel stuur om geslagsgebaseerde geweld te stuit.

Die Konstitusionele Hof het in September beslis dat lyfstraf in private huishoudings ook onwettig is. Dit word al veel langer in skole verbied.

Die regters van die Konstitusionele Hof het in ʼn meerderheidsuitspraak bevind omdat kinders steeds doeltreffend gedissiplineer kan word sonder om matige en redelike tugtiging te gebruik, is daar minder beperkende middele om dissipline te bewerkstellig.

Die regters het bevind gemenereg-verdediging van redelike en matige tugtiging deur ouers is strydig met die bepalings van die Grondwet.

Meshoe is ʼn uitgesproke voorstander van lyfstraf en het vantevore al gesê as regte met verantwoordelikhede gebalanseer word, sou sake veel anders daarna uitsien.

Hy het ook gevra dat die Grondwet gewysig word om lyfstraf weer in skole én tuis toe te laat om die vlaag seksuele misbruik, dwelms en geweld in skole te help stuit.

“Wanneer misdade deur kinders gepleeg word, spreek dit boekdele oor ons Grondwet,” het Meshoe vanoggend aan Breakfast with Martin Bester op Jacaranda FM gesê.

“Kinders pleeg misdaad. Jare gelede het sulke dinge nie gebeur nie. Kinders rand selfs onderwysers aan. As dit voortgaan, gaan niks verander nie. Ons het lyfstraf nodig,” het Meshoe gesê.

“Ouers moet hul eie kinders dissiplineer – misbruik en tugtiging is nie dieselfde nie.”

Die African Transformation Movement (ATM) se Thandiswa Marawu het vroeër ook gesê “wie die roede spaar, bederf die kind” en dat dit jammer is dat Suid-Afrika op dié beginsel werk. Sy het ook gevra dat die Grondwet gewysig moet word om lyfstraf toe te laat.

Nie almal deel egter dié sentiment nie en Julius Malema, leier van die EFF, het selfs al na Meshoe as die “tsotsi-pastoor” verwys vir sy siening dat ʼn pak slae op sy tyd baie doeltreffend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Edd ·

Ek dog dit is al lank terug verbied? En as dit gaan oor nuwe wette om die oues meer toepaslik te maak is dit niks anders as ‘n foefie nie want die probleem kom by die afdwing van die wette en vervolging van misdadigers. Totdat dit effektief gedoen kan word kan hul ma wette skryf tot daar nie meer ‘n boom in die land oor is vir ‘n potlood nie want dit gaan nutteloos wees.

bernadette ·

ek stem 100% saam. kinders moet lyf straf kry om discipline te he. nie alle ouers rand hul kinders aan nie, mar n hou of 2 waner hul droog maak help net lat hul nie wee dit doen. ek is n ma van 2 en my kinders het respek vir ouer mense en onderwysers. hul vat nie kanse met my of gooi tantrums in publiek nie. ek glo soos my bybel se. tugtig die een wat jy lief het. buig die boompie terwyl hy jonk is. ek is trots om te se my kinders het my nog nooit laat skaam kry in die kerk of enige publiekke plek nie.

Jerry B ·

En so hou die regering hulle besig in pleks van ernstige sake soos werkskepping. Small things amuses small minds.

piets ·

Ek dink kinders van vandag het geen gevolgevir wat hulle doen nie oor ons geen dissepline kan toepas nie.
ek het al beleefhoe hullemet ouers praat en wat kan ouers doen ? hulle selfoon wegvat of geen tv nie, did nie hoe hulle gaan leer nie nee loesing is die antwoord want sal jy dit weer doen nee…maar did hoekom ons land agteruit gaan want die kinders het te veel se of reg , ouers kan nie ouers wees nie en onderwysers kan nie onderwysers wees nie…
ek se piets op sy tyt is goed ou juluis se ma het geen toegepas nie en kyk die man se kop is nie lekker nie en sy bek ook nie..

sakkie ·

my ma het altyd gese ” n pak op sy tyd, is soos brood en konfyt.

Jack Russl ·

Verseker. Daar is ook ‘n verbinding tussen die boude en die ore. Sodra die boude warm word, smelt die was in die ore en kan hulle weer hoor as ‘n mens praat

Karolis ·

Sakkie, jou ma was ‘n wonderlike vrou. Dit is ware woorde wat gewerk het.
(kyk hoe gesond en soet is jy vandag)LoL

Anoniem ·

Ek wens ek kan die volgende stelling kliphard in howe herhaal: Dit WAS nog nooit WETTIG om ‘n kind te mishandel nie! SO dié ouers en onderwysers wat kinders wreed geslaan het, het nog ALTTD die wet oortree! Dink die hof dat daardie wrede ouers gaan nou skielik ophou??? Nee!! Al wie wel “gestraf” word is ordentlike ouers wat weet hoe en wanneer om pak te gee. Die monsters gaan net harder slaan en HULLE kinders gaan steeds te bang wees om te praat. So die goeie wetsgehoorsame ouers se hande word afgekap, want net nou kom hulle in die moeilikheid. Kan iemand dit asb vir hulle verduidelik???

Anti lyfstraf ·

Regtig? So as jou man jou pak gee op jou sitvlak is dit beter as wat hy jou met die vuis slaan, want jy het mos nie ore nie? Slaan is barbaars, word beskaafd en maak jou kinders groot dat hulle weet slaan is nooit ooit n opsie, en ja ek het kinders en hulle het pragtige maniere . Hulle weet goed wat word anvaar en wat nie en wat die gevolge van onanvaarbare gedrag is.

Sanna ·

Indien die wet bespoedig word en ‘n kind kla sy ouer/s aan na hy ‘n pak slae ontvang het, wat behels dit omtrent kriminele rekords en werksgeleenthede? Daar’s oorsese maatskappye wat ‘n zero toleransie het vir enige oortreding. So wat die kind dan in der waarheid sal doen is om sy bron van finansiele steun onder hom uit te kalwe. Sy toekomstige tersiere opleiding mag dalk glad nie geskied nie.

Hanlie ·

Vandag se kinder is wat hulle is want hulle het geen respek vir niemand nie, nie eers vir hul ouers nie. Hulle weet hulle kan se en maak net soos hulle wil en niks mag of kan met hulle gebeur nie. Hoe gaan hulle eendag die land regeer as daar geen wet en orde meer in ons skole is nie?

Anoniem ·

Mal emma moet ook altyd i eier le op alles seker geen lyf straf gekry nie dit is hoekom hy is wat hy is vandag. Niks fout met n oordentlike pak slae nie. Gelukkig is my kinders vandag groot mense oordentlik op gevoed n pak gekry as dit nodig is en het respek vir ander mens om hulle. Stem 100% saam met eerwaarde Meshoe.

Magda ·

Stem nie saam nie – pak op sy tyd – dit is hoekom die kinders van vandag net maak en se wat hulle wil – Dissipline moet toegepas word, en n pakslae moet ook teogepas word – Kinder mishandleing WAS nog altyd n oortreding – maar n goeie pak op sy tyd was nog nooit verkeerd nie – NEE ek stem nie vir die nuwe wet nie.

Emma ·

Dit is hoekom ons kinders nie respek en maniere het nie en laat my nie vertel houdinkies het nie, pak doen wondere op sy tyd. Ek se nie martel en mishandel nie.

Respek ·

Ek self is nog nie n ouers nie maar is wel swanger. Ek voel dat elke kind moet hanteer word soos dit sy/haar persoonlikheid pas. Ek stem te volle saam dat kinders moet pakslae kry. Dis waar mens maniere en respek en reg van verkeert leer. Ek persoonlik het in my lewe 2 keer pakslae gekry naamlik 1 keer want ek kon nie stil sit in die kerk nie en n 2de keer omdat ek my ma gebackchat het. Vandag irriteer dit my as mense nie kan stil sit in n kerk nie of as kinders vir hul ouers en ouer mense sê jy en jou. My boetie aan die ander kant het hope pakslae gekry want dis hoe hy geleer is en glo in dieselfde waardes as ek en so maak hy ook sy kind groot. Die wette gaan ongelukkig nie die mishandelaars in ons samelewing keer nie maar dit gaan ook nie vir my as toekomstige mamma keer om my kind respek en maniere te leer nie.

Kiskar ·

Dis omdat lyfstraf 25 jaar gelede in skole verbied is dat ons vandag met ‘n generasie sit wat doen net wat hulle wil.

Arak ·

Ja, en wie het die 50 kinderregte-ambassadeurs befonds? Seker maar weer die “Open Society” of een van sy tentakels.

Riaan ·

Eou nou net vra of kinderregte- ambassadeurs ‘n nuwe “job creation” idee is?

Wie is hulle en wie gee hulle die reg om besluite te neem oor goed wat my en my kinders (alleen) aangaan?

Ek is gepiets ·

Ek het dit nou die dag so mooi in ‘n kerk gehoor: Wanneer jou regering verkil van die Bybel en doelbewus teen God se riglyne gaan, dan gehoorsaam jy eers die Bybel en God en mag jy maar jou regering se wet ignoreer. Dis so toepaslik met lyfstraf. Ja daar is ‘n hengse verskil tussen dissplineer en aanranding. Een gaan gepaard met liefde en die ander een nie.
Ek kry my leiding van Bo.

Stof ·

‘n Meer vanpaste opskrif vir hierdie artikel sou dalk soos volg wees:
“Bespoedig wet wat misdadigers kweek.”
Sela.

pieter ·

Geagte hoofregter. U wat gekniel het in gebed in die parlement , se daarmee dat u die bybel in sy geheel aanvaar. Anders moet u liewers nie kniel in gebed nie. Kinders van God lees en aanvaar die Woord in sy totaliteit.
Dan moet u die moed he en se dat ek die Woord aanvaar maar sekere tekse uitsluit soos dit my pas.
U en u kolegas moet weet dat u met n lewende God te doen het en sal eendag rekenskap voor Sy troon rekenskap moet gee, en dit gaan ook nie net oor tug nie, alle ander uitsprake is onderhewig aan bybelse voorskrifte

Pakmamma ·

Die 50 ambassadeurs het sekerlik nie eers kinders nie, en as hulle wel het, sal ek nogal graag wil weet watter tipe mensies hulle kinders is? Hulle kinders gaan sekerlik ook privaat skool, die dat hulle nie weet hoe dit gaan met vandag se kinders nie. Daai ambasadeurs en almal wat hulle ondersteun leef in ontkenning, en het geen idee wat letterlik aan die gebeur is in ons land nie! Ek gehoorsaam my God se woord, wat duidelik meer as een keer noem, dat dit wel nodig is om jou kind pak te gee, NIE te mishandel nie, net ‘n goeie ore oopmakertjie…

Vra-ma-net ·

Dit gaan oor veel meer as pakslae. Vandag se tieners kan nie eens karwas, grassny of met ander huishoudelike takies help nie. Absoluut alles moet vir hulle gedoen word.

Natascha ·

Stem 100% saam, bring ordentlike lyfstraf terug in die huise en skole, en die land se kinders sal handomkeer verander. As gevolg van die lyfstraf wat weg gevat is, is daar geen meer respek en disspline onder ons kiner van vandag nie.
Ons was goed geslaan, en ons het ordentlik groot geword, en weet wat respek vir ander is.
n Goeie pakslae op sy tyd het en kan niemand doodmaak nie, mits dit binne perke gebeur.
Geen orderntlike ouer sal sy kind wil doodslaan aas die iets verkeerd gedoen ht nie, maar n goei pak slae kan dalk net die ding doen.
Drie hoera’s vir jou. dink baie sal met hom saamstem. BRING ORDENTLIKE LYFSTRAF TERUG IN SKOLE EN HUISE.

wilma ·

indien malema meer pakslae gekry het as kind was hy dalk vandag opgevoed met maniere

EKKE ·

Ek stem 100% saam met Eerw Meshoe. Geen wonder dat baie van vandag se kinders geen dissipline het nie, om nie eers te praat van respek vir hulle medemens nie.

barend v d westhuizen ·

die regering moet sy neus uit die ouers se op voeding hou pak gee en mishandel is 2 verskildende goed

André-Chris ·

En dink nou net daaraan, as dit gewettig kan word, hoeveel werk dit sal skep, dit kan die ekonomie help blom want daar sal by die hope rootangplant-boere die mark betree!

tanya ·

Daar is n groooooooot versil tussen mishandel en n goeie pak slea. Om n kind te slaan om hom dood te slaan is mishandeling brand skeur van ire dut is mishandeling. Kinders is buite beheer. As my kind nie maniere het nie vat ho kaner tie gee hom n gieThank you so much for being part of your goeie pak met beld dit n pak. Gaan lees oir gruwel huis van spriing dit is miskadeling. Ek hoor kinders van 5se reguit sy na is n …. ek haar gese pak op sy tyd is die regte ding

toy ·

Kinders het pak nodig en ek praat nie van doodslaan nie. Dit hou hulle op die regte pad en het maniere en respek vir grootmense. Kinders behandel deesdae grootmense soos kinders en hulle dink hulle is die grootmense.

Isabella ·

Mishandling is ver keer maar n goeie pak om sy agter stewe en hande in skool is goed dit is van dat dit uit skool is dat die onderwyser aangerand word en ook kinders ons was gehel op skool deur die onies en ons het respect vir hul gehad en gee problems ni vandag maak hul net wat hul wil en kom weg daar mee ek stem bring terug straf en vat weg die selfoon

Suzette ·

Ek stem dat hul lyfstraf in skole moet terug bring. My 13jarige het nou die dag vir sy eerste keer detensie gesit. Hy het noncholant vir my gesê, hy hou van detensie, want hul het gespeel. Nou wonder mens net.
Ek glo in God en hou by Sy woord. My kinders word getugtig soos nodig.

Botterblom ·

Ek voel kinderregte is oordrewe deesdae… Voel die mense wat in parlament is ly meeste in minderwaardigheidskomplekse en kindwees sindroom… In skool sê mens baie maal… as ek eendag groot is, maar as jy groot is dan besef jy dat, die pakslae, straf ens. als baie nodig was en dit van jou ‘n beter (groot) mens gemaak het (my eie seun het al vir my gesê, dankie mamma).. maar die klomp in parlement en ander gesagsposisies, het nog daardie kindermetaliteit… op skool wil jy groot wees en kan maak soos jy wil, daarom was daar perke om jou as kind en almal om jou te beskerm… nou wil hul, perkloos en maak soos ‘n wil, leef… Ons sien die gevolge van kinderlike(-agtige) besluite om ons…. ek dink mens moet ‘n toets aflê (mentaliteit en volwassenheid) voor jy in ‘n gesagposisie beland…. Jy moet ook jou eie huis en finansies effektief bestuur, want hoe wil jy groter organisasies en wat nog te sê, land bestuur, as jy nie eens by jou eie goed kan begin nie… Jy mag nie ‘n twitter, fb of enige ander sosiale platform gebruik nie. Jy moet ook nie deur woorde beheer word nie, maar deur standaard.

Marlene ·

Dis tyd dat iemand opstaan. Dankie Meshoe dat jy dit uitlig dat lyfstraf toegepas kan word op n korrekte wyse. En dat dit weer selfs in skole weer teruggebring moet word. Ek stel voor dat wanneer lyfstraf toegepas word in skole dat daar altyd n getuie moet wees en dat dit gereguleer moet word. En tuis is n absolute moet. Want opvoeding begin tuis. En as mens so kyk kan mens sien dis juis omdat dissipline uit skole en huise weggeneem word dat daar jongmense met geen waardes is wat vandag se leiers moet word. Hoe kan hulle ander lei as hul nie self gelei is nie.

Olga ·

My kind is 4jr oud.
ek het so toets lopie gedoen van n week, om geen pakslae te gee as hy stout is nie, lelik praat ens.
Oh hel wat `n fout, nou sit ek met die gebakte pere. Hy skree op my, vloek, slaan my, slaan maaitjies. Ag nee hy is nou soos n klein rebel… ek het die toets lopie gestop want heel duidelik werk dit glad nie. Nou het hy RESPEK! skree nie op my nie, vloek glad nie, slaan niemand nie. Daii pakslea help regtig waar, dit doen. Al verander hulle die grondwet, ek sal my kind tig…

Magda ·

Jy mag nie jou kind Dissipline leer met n pak slae nie – ek se nie mishandel nie – maar JY MAG JOU ONGEBORE BABA VERMOOR MET ABORSIE??????????????????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.