Besprekingsdatum by wildtuine gewysig

kruger-wildtuin-paul-kruger-hek

Die Paul Kruger-hek. Foto: http://greater.krugerpark.co.za/

SANParke het sy besprekingsdatum vir volgende jaar se wintervakansie gewysig.

Janine Raftopoulos, SANParke se woordvoerder, het in ʼn verklaring bekendgemaak besprekings vir Junie en Julie volgende jaar by enige SANParke-bestemming kan eers vanaf 1 Augustus gedoen word en nie 25 Julie soos aanvanklik beplan was nie.

Raftopoulos het gesê die datum is verander weens die moontlikheid dat sommige personeel aan ʼn beplande staking gaan deelneem.

“SANParke is steeds in gesprek met die vakbond Hospersa wat die meerderheid van die personeel verteenwoordig. Die sperdatum om ʼn skikking te bereik, is 24 Julie. In afwagting op enige onenigheid tussen die twee partye moes die besprekingsdatum oorweeg word.”

SANParke het om verskoning gevra vir enige ongerief wat weens die situasie veroorsaak word.

“Ons wil alle gaste gerusstel dat ʼn besluit binnekort bereik sal word en dat alle bedrywighede weer normaal sal wees.”

Besprekings kan vanaf 1 Augustus om 07:30 gedoen word deur inbelsentrums of per e-pos. Aanlynbesprekings kan vanaf 2 Augustus gedoen word.

SANParke het verlede Vrydag gesê hy het ʼn amptelike kennisgewing van Hospersa ontvang dat sy lede gaan staak nadat onderhandelinge oor salarisverhogings ’n dooie punt bereik het.

Die staking is uitgestel ná ʼn vergadering tussen die partye, SANParke en Hospersa voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Scalla ·

Hoekom tye verander ter wille van n moontlike klomp stakers, verander en vervang eerder die ondankbare personeel wat kwansuis ontevrede is, daar is duisende daar buite wat wil en kan werk.

Wildtuin liefhebber ·

Dankie Maroela want ek sit al op hete kole om my bespreking te maak! Bel al van die 15de af….toe skuif hulle dit na die 25ste! Ek sou weer more as ek geskakel het net my bloeddruk opgejaag. Nou weet ek om eers die 1ste Augustus te skakel. Hou ons asb op hoogte! Dankie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.