Bestaande entstof gaan dalk les opsê teen Omikron

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het die gevaar van Omikron as “baie hoog” bestempel. (Foto: Unsplash)

Bestaande Covid-19-entstowwe gaan sukkel om die mas op te kom teen die Omikron-variant en dit gaan maande duur om ʼn nuwe entstof te ontwikkel wat werk, het die hoof van die Amerikaanse entstofvervaardiger Moderna aan die Financial Times gesê.

Stephane Bancel het in ʼn koerantonderhoud, wat Dinsdag geplaas is, gesê data oor die doeltreffendheid van die huidige entstof behoort binne die volgende twee weke beskikbaar te wees, maar wetenskaplikes is nie optimisties nie.

“Al die wetenskaplikes met wie ek gepraat het, sê … ‘dit gaan nie goed wees nie’,” het Bancel aan die koerant gesê.

Die waarskuwing volg terwyl gesondheidsministers van die G7 ʼn noodvergadering hou oor die nuwe variant wat nou wêreldwyd versprei en veroorsaak het dat verskeie lande reisbeperkings ingestel het.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het die gevaar van Omikron as “baie hoog” bestempel.

Bancel sê navorsers is bekommerd omdat 32 van die 50 mutasies wat in die Omikron-variant gevind is, op die stekelproteïen is. Dit is ʼn gedeelte van die virus wat entstowwe gebruik om die immuunstelsel teen Covid-19 te versterk.

Hy het aan die Financial Times gesê daar gaan ʼn wesenlike daling in die doeltreffendheid van huidige entstowwe teen Omikron wees.

Moderna het reeds aangekondig dat hy werk aan ʼn Omikron-spesifieke entstof, terwyl die Amerikaanse vervaardiger Pfizer dieselfde doen.

Bancel sê Moderna kan volgende jaar tussen twee en drie miljard dosisse lewer, maar dit gaan gevaarlik wees om alle produksie na ʼn Omikron-spesifieke entstof te verskuif terwyl ander variante van die virus steeds in omloop is.

Sy ernstiger benadering is in teenstelling met politici wat ʼn gevoel van kalmte oor die nuwe variant voorhou.

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het vroeër gesê die variant bied geen rede tot paniek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Fritz ·

Net sommiges. Party van ons gaan glad nie gespuit word nie.

Spook ·

Janee, die griepinspuiting gaan maar sukkel om ‘n goeie outydse Suid-Afrikaanse somerverkoue onder die knie te kry.

Anoniem ·

Snaaks dat die wêreld grense toemaak vir Suid-Afrikaanse verkoue

Anoniem ·

Julle weet nog bloedweinig omtrent die variant, so moenie skekuleer en woorde soos dalk, miskien, waarskynlik, moontlikheid gebruik nie. Op hierdie stadium kan dit ook dalk nie, miskien nie, waarskynlik nie en moontlik nie wees en dan het julle die hele wêreld op hol gejaag oor niks.

LIEZL ·

Ingeënt (of kom ons sê eerder inspuiting) of nie, ons is almal in dieselfde bootjie

RB ·

Nee Liezel, ons is almal in dieselfde storm maar elkeen kies sy eie bootjie.

Toy ·

Presies Hennie, dit is soos ‘n griepinenting wat mense jaarliks gevat het en dan breek daar ‘n nuwe griepvirus uit en die inenting werk gladnie vir die nuwe virus wat jy gekry het.

Stofdonkie ·

Ou Sleepy Joe se grootste kritiek teen President Trump was oor ‘n uitlating wat President Trump op ‘n stadium gemaak het dat mense nie moet paniekerig raak nie, snaaks dat hy nou dieselfde sê. Het hulle dalk dieselfde raadgewer?

Ilze ·

Ja….so sal daar 2de en 3de en 4de en 5de bpostwrs kom en miljoene sal in die ry staan om dit te kry.

Oom Kaspaas ·

Die entstof sal nogsteeds effektief wees, die basis van die virus gaan dieselfde bly, anders is dit nie meer ‘n covid virus nie en die mutasies gaan mutasies van bestaande mutasies wees so die liggaam gaan nogsteeds dit erken en ‘n reaksie ontlok. Daar is alreeds berig dat mense wat met die nuwe variant positief toets en geent is net ligte tot milde simptome toon

Zacahara ·

Oom Kaspaas, ek hoop jy is reg!! Kom ons wag & kyk egter wat die wetenskaplikes sê. Kom ons hoop ook dat die politici nie hiermee weghardloop & nuwe drakoniese beperkings instel nie!!

Anna-Marie ·

Sover is almal wat positief getoets het, gevaksineer of nie, sê simptome matig.

KB ·

Nee, dis nie heeltemal waar nie. Jy verdraai nou Dr. Angelique Coetzee se woorde vir jou eie argument.
Daar is nêrens gepraat van ‘n groep (die wat kwansuis “reeds ingeënt is”) nie. Slegs die simptome is genoem, en dat die variant nie so dodelik blyk te wees nie, maar baie aansteeklik is.
Versigtig met wat valslik verkondig word.

Andre ·

Niemand dink seker net een kundige se mening is korrek nie.

VaalDonkie ·

En wat as daar twee of drie nuwe variante op een slag kop uitsteek?

Luister ·

So lank as wat almal hulle nie laat inspuit nie, so lank sal daar nuwe variante wees en so lank sal hulle maar nuwe entstowwe moet maak.

Asgat ·

Al ooit gewonder of die entstof nie dalk die nuwe variante laat ontstaan nie……

Zacahara ·

Asgat, nogals iets om na te dink. Is daar egter enige wetenskaplike navorsing wat dit ondersteun?

Asgat ·

Is daar enige bewyse dat dit nie deur die entstof beinvloed word nie…

Zacahara ·

Nadat ek bg. 2 plasings gelees het, wonder ek ook net of dit nie dalk net ‘n natuutlike proses is vir ‘n virus om te muteer nie? Weereens, is daar wetenskaplike navorsing & bewyse vir so ‘n stelling?

Zacahara ·

Luister, enige wetenskaplike bewyse wat jou stelling kan staaf?

Chef ·

Ja, gaan lees net maar net op want ons kan dit nie hier plaas nie.

Andre ·

Ek het lankal my mening omtrent “wetenskaplike navorsing” totaal verander.

VaalDonkie ·

Jy weet ne. As ons almal toegelaat word om natuurlike immuniteit te ontwikkel (behalwe diegene wat in risiko groepe is), dan sou ons nie hoef te stres oor ‘n nuwe variant nie, want ons sou alreeds min of meer beskerm wees teen die nuwes. Maar nou ja. Biologie is mos anders in 2021 want Pfizer en Joe Biden praat.

Oom Kaspaas ·

Ja VaalDonkie ek was al op 6 Begrafnisse en Vrydag die 7de een van mense wat ook die natuurlike immuniteits roete gevat het, hulle het nou ewige immuniteit teen pyn en lyding

RB ·

Ek het ook al geliefdes verloor. Mense wat gekies het om ‘jabloos’ te bly want hier was hulle so-by-so net bywoners. Hulle het lankal reeds ‘n ewige burgerskap gekies.
Uiteraard word hulle nou gemis maar met my hele hart gun ek hulle daardie heerlikheid waarvan sterflinge aan diè kant van die sluier nog net droom.
Ons wat hier treur doen dit uit selfsug omdat ons hulle nog ‘n tydjie by ons wou hou Ek dink egter nie hulle sal daardie kant wou verruil vir hièrdie plek nie, al kon hulle ook.

Luister ·

Wat laat jou dink jy is immuun teen ‘n nuwe variant? Hoekom dink jy kry mense oor en oor verkoue? Dit is omdat daar elke jaar nuwe variante is.

VaalDonkie ·

Wat laat jou dink ‘n prikkie gebasseer op die Alfa-variant gaan jou help met Omikron?

Rose ·

Ek wil net se, gevax of nie as dit jou tyd is om te rus dan is dit jou tyd om te rus.

Erika ·

Hulle is adamant om mense te kry om die “Jab” te vat ne
Nou is daar n nuwe variant Omikron . en die “Vaccine” is nutteloos teen Omikron Variant …Teen die tyd dat hulle Entstof ontwikkel hiervoor en weer moet jy gaan vir Vacicine …
Dit is glad nie gesond vir jou liggaam nie..
Wat gaan gebeur met jou liggaam net blootstel aan kos wat Preserveer middels…. bevat…

Johanncb ·

Gaan dit nou beteken dat diegene wat die inenting ontvang het vir die “ouer variante”, nou wéér ‘n inenting moet ontvang?

Asgat ·

Ek is so jammer maar ja julle gaan moet en daarna wanneer nog n’ varient kom weer …

Theo ·

#luister, dalk moet jy bietjie begin luister… die inentings gaan nie die virus stop nie… Hoekom dink jy is daar nog griep as daar inentings is daarvoor?

Piet parys ·

Joe biden weet of hy kom ,gaan of val nie . As jy n nie 100% doeltreffende entstof het nie dan laat jy mos die speelveld oop vir mutasies . 1+1 = 2

Johan ·

Boom…slaan jy die spyker op sy kop. Maar niemand mag daaroor praat nie.

Sluier ·

OmniKrom of ProMoGrom of wat dit ookal genoem word. Die wereld regerings se sielkundeige skaak-spel word al hoe meer ingewikkeld. Kwarantyn alle Jabbers en verban die Jab. Dan is al ons probleme op n einde. n Variant word binne-in n Jabber se liggaam vervaardig en via Shedding versprei. Hoe meer RNA Jabs, hoe meer variante, want Jab RNA en Influenza RNA besmet dieselfde DNA op dieselfde tyd. Dan kry jy n verbasterde virus wat n variant genoem word. Die Jab Moord Motief werk stadig maar seker.

Anoniem ·

Goeiste jy meng verskillende virusse en allerhande nonsens deurmekaar sonder om iets van waarde te sê

Lourens CFG ·

Lib koos, ek dink dit is tong in die kies gesê want dit is omtrent hoe die vir en teen argumente klink.
Deurmekaar soos fauci en biden saam.
;-()

KB ·

Die Inentingsprogram faal myns insiens omdat daar elke nou en dan ʼn nuwe variant opduik, en die bestaande entstof dan ontoereikend is.
Ek glo die alternatief bly natuurlike imuniteit wat verkry word deur die gestel se weerstand te versterk (fisies en psigies). Medisyne is ʼn uitkoms, nie ʼn kuur nie.

Nicki ·

Sal daar”data oor die doeltreffendheid van die huidige entstof” beskikbaar word? Vir die laaste TWINTIG maande nog geensins klarigheid kon kry oor die bestaande entstof nie. GEEN van die vervaardigers kan verantwoordelik gehou word vir hulle produk nie en daar is nie genoegsame openheid nie. As Piet Pompies fudge maak om te verkoop is hy verantwoordelik en kan hy hof toe gesleep word as net een persoon dalk siekerig voel nadat hy die fudge ge eet het, maar die entstof vervaardigers vee hulle monde net af en sê “ek het niks verkeerd gedoen nie” al sterf mense, al kry jong mans hart aanvalle, all ruk jong meisies onbeheersd.

annie ·

… Dis waar, pres Biden sal weet want hy dra nie meer sy masker nie omdat sy plastiese verjongings- operasies klaar is hoewel hy vir Trump oor die vingers getik het wanneer lg sy masker gelig het. Biden se breinoorplanting is nog hangende want by moet eers raad gee oor WOIII en watter oliebronne Boetie toekom. Omikron en die entstof-wizards is nou bysaak. Rusland is die nuwe pes.

Konrad1226 ·

Griepvirusse wat die mens aantas is Influenza A en B. H1N1 is ‘n baie algemene een en trek al omtrent by H1N18. Dus is mutasies normaal en die griep inspuiting word elke jaar aangepas. Weet nie hoekom elke nuwe mutasie deesdae met trompetgeskal aangekondig word nie.

Johan ·

Maklik Konrad, want hul maak BAIE geld daaruit….en wie weet dalk nog verpligte geldmaak, soos mediese belasting om te mag werk…kom ons noem dit sommer verpligte inenting.

Johan ·

Natuurlike immuun is die enigste uitweg mense…los nou die ding dat ons immuun kan bou.

JohnnyS ·

Vergelyk Uk / Italië /SA se statistieke met mekaar, ongeveer die selfde hoeveelheid mense. UK / Italië 80% of meer “fully vaccinated” teenoor SA se 24%. UK 7 dag infeksies 42 733, Italië 11 957 en SA 4786. 7 Dag sterftes UK : 120, Italië : 70, SA 34. Lyk dit of die “vaccine” effektief is ?

Oom Kaspaas ·

Net op jou statistieke …. UK het oor die 7milj meer gevalle in totaal as SA, maar net amper 50 000 sterftes in totaal

JohnnyS ·

Oom Kaspaas. Verkeerd – UK Totale sterftes 145 000 / SA 89 822

Nico ·

Kan die WGO bewys lewer, waar kom die covid 19 vandaan, is dit nie ‘n mens gemaakte virus nie.

Miskruier ·

Terug na natuurlike immuniteit, vanaf geboorte aan die ma se bors, eet wat God ons gee en bly weg van wat die mens maak, sodra daar geldwaarde betrokke is, kan jy die mens nie vertrou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.