Beste Pravin, André: Dié kenners kan Eskom help red

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. (Foto: Solidariteit)

Die ongeveer 300 kenners op Solidariteit se kortlys van kragkenners het sowat 5 500 jaar se gesamentlike ervaring in die bedryf en beskik oor meer as 400 geakkrediteerde kwalifikasies waarvan 14 doktorsgrade in ingenieurswese en verwante velde is.

“Hierdie lys bevat van die land se voorste kenners op die gebied van krag. Ons is verstom, nie net deur die magdom kundigheid en kennis wat hierdie individue bied nie, maar ook oor hulle bereidwilligheid en ywer om Suid-Afrika se kragkrisis aan te pak,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Onder hulle tel ook talle persone wat as gekwalifiseerde internasionale projekbestuurders werk en ook internasionaal gesogte spesialiste op hul gebied is.”

Solidariteit het vroeër aangebied om die name van net die beste kundiges wat bereid sou wees om Eskom uit die beurtkragdilemma te help, aan die minister van openbare ondernemings te voorsien. Die organisasie het dieselfde aanbod in 2019 gemaak, maar dit het toe op dowe ore geval. Dié keer het Pravin Gordhan op die aanbod om hulp gereageer.

In ʼn brief aan Solidariteit het Gordhan gevra vir vaardighede om die Eskom-krisis behoorlik te pak.

Solidariteit het daarna ʼn veldtog van stapel gestuur om die regte kundiges op te spoor en Hermann sê sedertdien is hulle oorval met meer as ʼn duisend versoeke van kundiges en voormalige Eskom-werkers.

Die lys is in oorleg met spesialiste en op grond van die dringendste behoefte by Eskom, verkort.

Dit is Donderdag aan Gordhan en André de Ruyter, hoof van Eskom, gestuur.

“Die grootste knelpunt in ons kragnetwerk lê tans by opwekking en daarom is die grootste persentasie (sowat 70%) van die kundiges op ons lys by opwekking betrokke. Altesame 16% kan by verspreiding betrek word, 6% by transmissie en sowat 8% van die kundiges kan kommersiële, bestuur- en ander vaardighede bied,” sê Hermann.

Hy sê dit is belangrik dat Eskom so gou moontlik gestabiliseer word en dat die spesialiste op die lys oor die kennis en vaardighede beskik om dit gedoen te kry.

Eskom het Woensdag aangekondig dat beurtkrag opnuut ingestel moet word. In hierdie stadium wissel dit tussen fase 2 en fase 4 en duur dit tot minstens Vrydag.

Hermann sê die huidige krisis by Eskom waaronder alle Suid-Afrikaners ly en wat die ganse ekonomie bedreig, is té groot vir ʼn enkele party, insluitend die staat, om alleen op te los.

“ʼn Funksionerende Eskom is van kardinale belang, vir sowel die organisasie se werknemers as werknemers regdeur die Suid-Afrikaanse ekonomie. Die druk is nou op die regering om die nodige politieke wil byeen te trek om hierdie kundiges in staat te stel om Eskom te red,” sê Hermann.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

JohanR ·

Cosatu het ook hulle lys in gestuur. Die twee bladsye was leeg!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die EFF wou ‘n lys in stuur, maar niemand kon skryf nie.

Harley Davidson ·

Die vereistes moes gewees het om seb te skrap want die mense sal eskom net weer aan die gang kry dan vervang hulle weer die mense agv regstellende aksie en dit is waar die probleem begin het ,na 30 jaar van diskriminasie teen huidige benaadeelde minderhede het dit nie tyd geword om alle diskriminasie te staak nie.

piet ·

Het Eskom ‘n kundigheidsprobleem of is dit ‘n veiligheidsprobleem (sabotasie)? Die beste kenners kan niks doen aan sabotasie nie. Ek dink die weermag moet ontplooi word om belangrike substasies te beveilig.

Jannie van Niekerk ·

ESKOM het ‘n SEB probleem wat EVKOM nie gehad het nie.

Harley Davidson ·

Ek stem saam dit is die ander kant van die muntstuk die alewige sabotasie van die krag netwerk.

Kokerboom ·

Puik idee Herman. Maak asb doodseker die kundiges word nie misbruik, hul kennis getap om onbevoegdes se foute op te los sonder dat hul in pad gesteek word en dan later vertel te word hul is nie meer nodig want dinge loop dan nou!Maak hul permanent deel van span. Wees slim berekend oorywerig om te help tot almal se voordeel

SjN ·

Begin eerstens by die onwettige verbindings en aansluitings wat soos spinnekoprakke openlik gesien kan word, deur dit te verwyder en te vernietig( waar tans geen vergoeding daaruit verkry word nie) kan dit ten minste as n surplus gereken word en aangesien dit nie verbruik kan word nie en tekorte kan dan sover moontlik aangevul word.

Chris dupreez ·

Ek hoop regtig daar kan n manier gevind word om van die mense te gebruik om Eskom te probeer regruk.

Samuel ·

Selfs met al die Solidariteit geraas gaan dit maande neem voordat enigiets gebeur.

Andries ·

Dink jul regtig daardie onbevoegde ingeneurs en bestuurders gaan bevele van blankes gehoorsaam. Inteendeel gaan groot skaalse sabotasie plaasvind.

Aai ·

Hulle moet net een ding onthou die kundiges gaan nie onder n BBBEEE aanstelling werk wat nog nat agter die ore is of nog erger ‘n ANC aanstelling is bo die kundiges.

AJ ·

Te laat!

Eskom is DOOD soos ‘n Dodo!

Gebruik die BREINKRAG om nuwe elektrisiteit op te wek?

Elke huis,plaas en besigheid moet SELF krag opwek sodat SA bevry kan word van die bose monopolie!

Vexed ·

Wat dan van riool, water voorsiening is ook redelik belangerik…

Mallie ·

Daar gaan dadels kom daarvan, want die regering sal nooit erken dat hulle onbevoeg is nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Cyril Ramaphosa en die ANC-leierskap het tot vandag nog nie hul National Democratic Revolution (NDR) met die doel om ‘n kommunistiese National Democratic Society (NDS) daar te stel, afgesweer nie. Waarom die naïwiteit om die hand van die kommunistiese ANC te versterk deur Eskom “te red”? Hoe gouer die ANC tot ‘n val kom, hoe gouer kan die dagbreek aanbreek vir geregtigheid, Suid-Afrika EERSTE en voorspoed VIR ALMAL.

Republikein in die Wes Kaap ·

Kyk in die spieël, gpsa. Nou weet jy.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.