Beste sportskole vir meisies ook bekend

Hokkiespelers van die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje. (Foto: Facebook)

Afrikaanse skole steek klaarblyklik ook nie af wanneer dit by sport vir meisies kom nie.

Maroela Media het verlede week berig oor die top-sportskole vir seuns, waarvan meer as die helfte Afrikaans is. SA Skolesport het intussen ook ʼn lys van top-sportskole vir meisies bekendgemaak.

Skole is, net soos met die seuns, punte toegeken vir hoe hul eerste spanne in drie kernsportsoorte, naamlik netbal, hokkie en waterpolo, gevaar het. Skole wat uitblink in hokkie het effens meer punte gekry, weens die gewildheid van dié sport onder meisies.

Heel boaan die lys is die privaat Engelse skool St. Stithians College in Sandton. Tweede is Durban Girl’s College en derde Herschel School for Girls in Kaapstad. C&N Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein is vierde en die eerste Afrikaanse skool op die lys.

Paarl Gimnasium is tiende, Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria is 12de en Die Hoërskool Menlopark, ook in Pretoria, is 15de. Altesaam 51 uit die top 100 sportskole vir meisies is skole waar leerders in Afrikaans kan skoolgaan.

Uit die top 10 Engelse en Afrikaanse skole is een in Durban, een in Bloemfontein, twee in Gqeberha (Port Elizabeth), twee in Gauteng en vier in die Wes-Kaap. Die volledige lys is hier beskikbaar.

Afrikaanse top-sportskole vir meisies:

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje (4) Hoërskool Nelspruit (54)
Paarl Gimnasium (10) Hoërskool Sentraal (60)
Afrikaans Hoër Meisieskool (12) Hoërskool Punt (62)
Die Hoërskool Menlopark (15) Leeuwenhof Akademie (64)
Hoërskool Noordheuwel (18) Hoërskool Rustenburg (65)
Hoërskool Monument (20) Hoërskool Bellville (66)
Hoërskool Paarl Vallei (21) Hoërskool Hans Moore (70)
Hoër Meisieskool Bloemhof (22) Hoërskool Jim Fouché (72)
Hoërskool Kempton Park (23) Hoërskool Merensky (74)
Hoërskool Garsfontein (27) Hoërskool Tygerberg (75)
Hoërskool Stellenberg (28) Hoërskool Grens (76)
Hoërskool Eldoraigne (29) Hoërskool Bastion (79)
Hoërskool Durbanville (30) Hoërskool Ben Vorster (80)
Hoërskool Middelburg (31) Hoërskool Brackenfell (82)
Hoërskool Goudveld (32) Hoërskool Riebeeckrand (84)
Hoërskool Framesby (34) Bethlehem Voortrekker Hoërskool (89)
Hoërskool Driehoek (35) Hoërskool Ligbron (90)
Hoërskool DF Malan (36) Hoërskool Die Brandwag (91)
Hoërskool Pietersburg (40) Hoërskool Swartland (95)
Hoërskool Waterkloof (41) Hoërskool Wittenberg (96)
La Rochelle Meisieskool (42) Hoërskool Despatch (99)
Hoërskool Secunda (44) Hoërskool Sasolburg (100)
Hoërskool Diamantveld (45) Hoërskool Randburg (101)
HTS Drostdy (47) Hoërskool Suid-Natal (104)
Hoërskool Charlie Hofmeyr (49) Hoërskool Transvalia (106)
Hoërskool Linden (50) Langenhoven Gimnasium (108)
Hoërskool Outeniqua (51) Hoërskool Klerksdorp (109)
Hoërskool Duineveld (52) Hoërskool Zwartkop (110)
Helpmekaar Kollege (53)

Die saamstel van die ranglys

Die ranglysproses het ʼn deeglike evaluering van elke skool se prestasie in die finale eerstespanranglys behels.

SA Skolesport sê ʼn “streng ontleding en ʼn genuanseerde ranglysmetodologie” is toegepas om die ranglys op te stel.

“Met die erkenning van die uiteenlopende gewildheid en belangrikheid van sekere sportsoorte het ons ʼn doelbewuste gewigstelsel toegepas om ʼn regverdige voorstelling van elke skool se algehele atletiese vaardigheid te verseker.”

Luidens die webwerf moet die lys nie gesien word as ʼn volledige metode om skole en algehele sportvermoë te bepaal nie. “Faktore soos sportfasiliteite en verteenwoordiging op provinsiale vlak is nie vir hierdie rangering in ag geneem nie.

“Ons wil nietemin die skole op hierdie lys gelukwens met hul uitsonderlike toewyding tot sport vir meisies en sien daarna uit om hul sukses en vooruitgang waar te neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.