Bestmed-direkteur steeds kritiek ná minibus in ryers inploeg

Wicus Kotzé. Foto: Skermskoot/Jock Classic-video

Wicus Kotzé (60) is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy ernstige beserings opgedoen het toe ʼn minibus in fietsryers ingeploeg het tydens die Cycle4Cansa-padfietsren Sondag by Sun City.

Kotzé, uitvoerende bestuurder van bestuurde gesondheidsorg by Bestmed, is een van vyf fietsryers wat na hospitale vervoer is na die ongeluk.

Mauritz Meyer, organiseerder van die Cycle4Cansa-padfietsren, het gesê Kotzé word in die Netcare Ferncrest-hospitaal in Rustenburg behandel. “Hy het gister ʼn breinoperasie ondergaan en veg om sy lewe.”

ʼn Neurochirurg is volgens Meyer onmiddellik gekontak toe Kotzé by die hospitaal aangebring is. “Hy het aanbeveel dat Kotzé nie na ʼn hospitaal in Pretoria gevlieg word nie, maar dat hy onmiddellik geopereer moet word om die bloeding op sy brein te probeer stop.”

Volgens Meyer is drie van die fietsryers wat na hospitale vervoer is na gister se voorval reeds ontslaan.

Lourens Janse van Rensburg van Welkom het ’n werwel gebreek, maar volgens Meyer is sy toestand stabiel en is daar geen risiko dat hy verlam kan wees nie.

Meyer het na die voorval saam met Kotzé se vrou, Marietjie, na die hospitaal gehaas en tot gisteraand by haar gebly tot ander familielede opgedaag het.

“Ons gedagtes en gebede is met Wicus, Marietjie en die res van die Kotzé-familie in die moeilike tyd,” het Meyer gesê.

“Al die fietsryers het vinnige en uitstekende sorg van die mediese personeel van ER24 ontvang. Dit is so ʼn sinnelose daad wat soveel hartseer veroorsaak het. Ons vra dat die fietsrygemeenskap vir Wicus en sy familie sal bid.”

Die bestuurder van die minibus is op die toneel in hegtenis geneem en het ook ʼn bloedalkoholtoets ondergaan, volgens Meyer. “Dit het gelyk of die bestuurder geen poging aangewend het om te probeer stadiger ry of uit te swaai nie.”

Maroela Media wag op terugvoer van lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Koos B ·

Glo my dit was doelbewus.Hy het geweet hy gaan ‘n paar blanke mense uithaal en die anc en eff gaan hom verdedig.
Ons kan maar net hoop Wicus herstel.

Ronell ·

As ek die fietsryers was sou ek n advokaat kry van Solidariteit en die taxi bestuurder aankla vir poging tot moord.Helder oordag en binne in hulle vasjaag.Lyk noglas beplan en doelgerig

christine ·

Sterkte aan vrou en familie ek stem doelbewus dit gedoen om ons wittes uit te roei.Hoop hy kry tronk straf met ons regstelsel wat so pateties is.

JohanR ·

Het hulle toe ooit die ou gekry wat ‘n paar maande gelede in fiets ryers in Pretoria vas geploeg het? De ou het skoonveld verdwyn, en sit seker nou en wyn drink daar by die Champs-Elysées!

Ig ·

Ons weet wat gaan met die skuldige gebeur, gee hom eerder vir die publiek sodat hy kan kry wat hom toekom

Magda ·

Doelbewus – net soos die stamp van die vrou in die ketting winkel – Doelbewus. Sterkte ( Nie MAL soos die mense dit nou wil probeer afmaak nie)

Blue Butterfly ·

Lt. Kol Amanda Funani sal seker weer beweer dat die taxi bestuurder ‘n psigiatriese pasient is soos in die Schweizer-Reneke aanval …

jakes ·

Die skuldige sal waarskynlik niks oorkom nie want hy het seker n psigiatriese probleem. Of hy sal slegs vir saakbeskadiging aangeklae word. Bly maar eerder weg van fietse op openbare paaie af want jy is n aanloklike teiken vir moordenaars.

Diertjie ·

Ja nee kyk as hulle ons nie uitmoor nie Dan ry hulle ons dood maar dood moet ons!!!! Sterkte hoop jy word gou beter

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.