Besturende direkteur van Voortrekkermonument bedank

Sonja Lombaard Foto: Voortrekkermonument & natuurreservaat/nature reserve, Facebook

Sonja Lombaard Foto: Voortrekkermonument & natuurreservaat/nature reserve, Facebook

Die direksie van die Voortrekkermonument het aangekondig dat Sonja Lombard, die besturende direkteur van die monument, bedank het.

Ds. Wouter van Wyk, voorsitter van die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting, het dit bevestig. “Ja, Sonja het bedank, en ons is dankbaar vir die tyd wat sy by ons gewerk het en die sukses wat sy behaal het.”

Van Wyk meen hulle is op goeie voet uit mekaar, maar wou nie verder kommentaar lewer oor die rede vir Lombard se bedanking nie.

Lombard wou ook nie verder uitbrei oor die rede waarom sy bedank het nie, maar meen sy wil haar vlerke in die breër toerismebedryf gaan sprei. “Ek was vir tien jaar ʼn bestuurskonsultant voordat ek by die Voortrekkermonument aangesluit het. Dis iets wat eintlik in my bloed is. Ek gaan nou vir ʼn jaar op vryskutbasis werk, maar ek wil my steeds toespits op toerisme want ek het ʼn passie daarvoor ontwikkel terwyl ek by die monument gewerk het.”

Daar is nog nie sprake van Lombard se opvolger nie en Van Wyk meen dat die saak eers in Februarie by die volgende direksievergadering bespreek sal word. “Ons wil uit die aard van die saak die beste moontlike persoon hê om daardie belangrike rol vir ons te speel, maar ons moet nog besluit hoe ons die proses gaan bestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Poplap ·

Daar is sekerlik ‘n magdom bekwame en ervare persone wat die posisie kan vul.

Koos ·

Want daar is niks anders wat nuuswaardig is nie? Wat van meer gemeenskap nuus Maroela? Daar is so baie om oor te berig wat ook goeie nuus is. Praat met julle lesers asb.

Oom Boer ·

Sonja Lombaard, jy was uitstekend in jou pligte as Besturende Direktrise en baie dankie vir die onbaatsugtige bydraes wat jy gelewer het gedurende jou diens tydperk by die Voortrekker Monument en hoop van harte die direksie gaan iemand spesiaals van jou gehalte vind wat jou skoene sal volstaan. Sterkte met jou toekomstige beroep en mag jy daar ook die nodige verskil maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.