Bestuurder aangekla ná nege in Limpopo-busongeluk sterf

Foto verskaf deur die SAPD

ʼn Man wat ʼn bus bestuur het wat in ʼn ongeluk betrokke was waartydens minstens nege persone gesterf het, sal na verwagting Dinsdag in die Polokwane-landdroshof verskyn op nege aanklagte van strafbare manslag.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes in Westenburg, buite Polokwane, het die man in hegtenis geneem. “Hy wou die grens na Zimbabwe oorsteek nadat hy hospitaal toe geneem is saam met 51 passasiers wat tydens die ongeluk beseer is.”

Terwyl die ondersoek voortgeduur het, het die man verdwyn ná hy uit die hospitaal ontslaan is en het in die rigting van die Beitbrug-grenspos gevlug. “Polisiebeamptes het ʼn wenk ontvang en hulle het vinnig reageer. Hy is aangekeer waar hy in ʼn goederevragmotor probeer wegkruip het om die grens só onwettig oor te steek.”

Ngoepe het bygevoeg dis moontlik dat nog klagtes teen die man aanhangig gemaak kan word.

Die man se inhegtenisneming volg ná ʼn ongeluk omstreek 05:00 op Vrydag, 21 September op die N1 in ʼn suidelike rigting. Die bus was van Polokwane na Gauteng op pad toe die bestuurder glo beheer verloor en die bus omgeslaan het.

Altesaam 61 persone het in die bus gery, insluitend die bestuurder en bemanning. Nege persone is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

zoom zoom ·

Stuur die hele spul terug na van waar hulle lgekom het
Net ‘n mors van belastinggeld om hulle hier te versorg en vir die saak te moet netaal teen die drywer

Cindy ·

Ek verstaan nou nie hoe kan die dodetal vrydag op tien mense gestaan het en nou is dit net nege nie.

Anoniem ·

Gaan niks oorkom nie ! Skotvry Die bestuurder sê : Ek is so-so jammer ?? en daar is alles afgehandel !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.