Bestuurder brand los op kapers

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Man is Dinsdagaand tydens ʼn mislukte kapingsvoorval op die N4 buite Middelburg in Mpumalanga doodgeskiet.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê vyf verdagtes het vermoedelik probeer om ʼn afleweringsvoertuig in die Woestalleen-omgewing te kaap. Die bestuurder van die voertuig het glo op die kapers geskiet en een van die verdagtes het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Volgens Van Huyssteen is paramedici na die toneel ontbied en die man op die toneel dood verklaar. Die bestuurder en passasier in die afleweringsvoertuig was ongedeerd.

Van Huyssteen het gesê die ander vier kapers is vermoedelik ook gewond, maar hulle het van die toneel gevlug.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn skietvoorval op die N4 plaasgevind het, maar hy kon nie onmiddellik meer inligting verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hennie ·

Ek neem aan die bestuurder was nie blank nie anders was hy in hegtenis geneem!?

Jy's reg ·

Jy’s reg Hennie. ‘n Onlangse berig (19 Junie) in die Middelburg Observer sê dat ‘n boervrou van Elandslaagte onskuldig bevind is aan moord nadat sy ‘n waarskuwingskoot geskiet het en haar vuurwapen gekonfiskeer is. Nodeloos om te sê dat sy nog nie haar vuurwapen teruggekry het.
Mense word ook gewaarsku dat klippe gepak word naby die tolhek tussen Witbank en Middelburg en daar was alreeds ‘n aaranding en diefstal van goedere wat hier plaasgevind het.

Pieter ·

Hennie, as jy iemand dood skiet word daar n ‘docket’ oopgemaak – maak nie saak of jy wit, swart, pienk of blou is nie. Dit moet so wees – dis hoe die wet werk.

Media is dan lief daarvoor om te sê dat die persoon aangekla is van moord. Meeste gevalle sal die ‘docket’ deur n hof hersien word en sommer dadelik besluit word om nie te vervolg nie. Maar die proses moet nogsteeds reg gedoen word.

Maar as jy met die toneel gepeuter het, of iemand geskiet het toe dit duidelik nie nodig was nie, mag die hof besluit om wel te vervolg. Maar dis nie die standaard nie.

Jy MAG jou lewe verdedig met n vuurwapen. Jy gaan nie vervolg word vir moord nie.

Kom ons versprei nie verder die mite dat jy gevonnis gaan word as jy jou lewe verdedig nie., en dit nogal omdat jy wit is nie. Kom ons skrik nie mense af van vuurwapens vir self-verdediging nie. Hierdie artikel is n goeie voorbeeld van hoe nuttig dit kan wees om n wapen te he (en weet hoe om te gebruik)

Groete

Cherokee ·

Waarom lewer julle nie sinvolle bydraes nie? Die polisiekommissaris lees nie die kommentare om daarna voorleggings in die parlement te doen nie. Wees net bly en spreek julselfs as sulks uit omdat die betrokke bestuurder die geveg gewen het,

Nettie ·

@Jaaiks – my sentimente ook! Inkomeling-rowers: -1; “Wanna-be-inkomeling-rowers: goed gewaarsku! Ek hoop die gewonde ‘verdagtes’ word in die Steve Biko/Charlotte Maxeke/Ga-Rankuwa hospitaal ‘verpleeg’ sodat hulle eers ‘n bietie kan ly. Nog beter: ek wens die bestuurder het beter gemik en nog meer ‘uitgehaal’!

Piet Pompies ·

Hoe was jou rit vandag op die N4. Vrrroooooeeemmmm. vvrrroooeeemmmmm, ba ba ba, fifo fifo fifo, vvvrrrroooooeeeeemmmm, vvvrrroooooeeeeemmmm.

alta strydom ·

Hoekom word die N4 deesdae so “getarget”? Waar is die polisie om die misdadigers aan te keer? Hoekom betaal ons by tolhekke as ons nie eers veilig is nie? “n Vrou se Fortuner se agterruit is met ‘n baksteek stukkend gegooi op die N4 Maandag 19 Junie 2017, ‘n wit paneelwa met geel reflektiewe band was die skuldiges. Hoekom word daar niks aan gedoen nie??

Susan ·

Daar is te min Polisie om oral te wees. Maar hulle weet tog van die N4 se gevare en moet dus voorsiening maak vir meer beamptes. Sit eerder ‘n ordentlike valhelm op as jy daar ry; net vir ingeval ‘n klip jou teen die kop mag tref.

Zeus ·

Welgedaan aan die bogenoemde wat suksesvol daarin was om hulle eie lewe te verdedig omdat hulle voorberei was om dit te doen.

marous ·

Enige ander land in die wereld wat gebuk sou gaan onder hierdie allerdaagse geweldadige rootogte , moord , verkragtings ens.ens. sou aanvaar dat polisie beheer onvoldoende is om die toestand te verhoed of te herstel , en krygswet uitgevaardig het . Hier sal dit nooit kan gebeur nie , want van weermag is daar geen sprake nie. Die land en sy mense is uitgelewer aan anargie en daar is geen vooruitsig van ‘n oplossing nie.

Andre ·

Ja Marous – presies waaroor die Nee-stemmers destyds gewaarsku het, maar hoor en luister was min. Nou sit ons en ons kinders met die gevolge

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.