Bestuurder geskors ná voorval oor tradisionele drag

Skermgreep uit die video

Die sentrumbestuurder van Boulders-winkelsentrum in Midrand, Gauteng, is geskors ná hy ʼn man in tradisionele Ndebele-drag gevra het om die sentrum te verlaat.

Andrew Konig, uitvoerende hoof van Redefine Property, het gesê die sentrumbestuurder is geskors hangende ʼn interne ondersoek. Hy het sy teleurstelling uitgespreek oor die voorval.

Die Boulders-winkelsentrum se bestuur het intussen gesê die gebeure wat by die sentrum ontvou het, is betreurenswaardig. “Dit is baie belangrik dat ons, as Redefine, die geleentheid gebruik om elke Suid-Afrikaner se reg tot vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening benadruk, soos uiteengesit in artikel 15 van die Grondwet,” het die bestuur Donderdag in ʼn verklaring gesê. “Gegewe Suid-Afrika se pynlike, rassige en kultureel verdrukkende verlede, belyn ons onsself ook met artikel 31 van die Grondwet waar die reg om tot ʼn kulturele en godsdienstige groep te behoort, beskerm word.”

Volgens die verklaring distansieer Redefine homself van die “neerhalende en onwaardige manier” waarop Thando Mahlangu en me. Nqobile Masuku deur die sentrumbestuurder hanteer is. “Die hantering was sonder enige beginsels van menswaardigheid of gelykheid, die basis van ons grondwetlike demokrasie. Redefine vra dus nie net om verskoning aan mnr. Mahlangu en me. Masuku nie, maar ook aan die hele Ndebele-volk as ʼn geheel en aan alle Suid-Afrikaners. Dit is noodsaaklik vir Redefine om te kommunikeer dat ons besef dat geen uitslag van ʼn interne ondersoek die pyn en vernedering ongedaan kan maak nie.

“Ons respekteer die keuse van alle Suid-Afrikaners om klere te dra en te assosieer kragtens hul identiteit en kulturele geloof. As ʼn onmiddellike maatreël sal ons diversiteitsopleiding aan alle sentrumbestuurders uitbrei. Hierdie saak het dit vir ons ook duidelik gemaak dat ons deurlopend ons interne beleide moet hersien en bywerk sodat dit in pas kan wees met die waardes en beginsels wat die verskeidenheid van kulture in ons diverse nasie erken en vier.”

Die bestuur poog steeds om met Mahlangu kontak te maak om persoonlik om verskoning te vra.

Die voorval het in Clicks in die sentrum plaasgevind. Clicks het vroeër in ʼn verklaring bevestig dat dit nie sy bestuur was wat die klant gevra het om die winkel te verlaat nie. “Die sentrumbestuurder van Boulders, tesame met Boulders-sentrumsekuriteit, het die Clicks-winkel betree en geëis dat die klant die perseel verlaat. Die bestuurder van die Clicks-winkel het ingegryp en die sentrumbestuurder gevra om die winkel te verlaat. Die klant is toegelaat om verder inkopies te doen. Ons is uiters verleë oor die sentrumbestuurder se gedrag en sal ʼn formele klag indien.”

Boulders-winkelsentrum het Woensdag in ʼn kort plasing op Facebook gesê Mahlangu is aanvanklik gevra om die winkel te verlaat omdat sy onderklere hom onsedelik blootgestel het.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Stof ·

Dankie vir die waarskuwimg. Sal maar in die toekoms my velhoed tuis los?

Strandloper ·

Wonder of vroue met wye rokke ook onder selfde kam geskeer gaan word….en o ja oop skoene?

Werner ·

Weet nie hoekom hulle so bekommerd is oor die grondwet nie.Ou Zuma het ons mos gewys hy is nie die papier werd waarop hy geskryf is nie.

Estelle ·

Dankie tog, hopelik kan die rassekaart nie hier (weer) gespeel word nie.

Driekus ·

Sal daarvan hou om die hele uitrusting te gesien het. Die sentrum bestuurder kon tog seker nie so aangegaan het oor die gekleurde kombers nie. Het hy dalk nie te min onderaan gehad wat dalk kon lei tot ontbloting van homself in die publiek nie.

Anders kan ons mos nou maar almal maak wat ons wil. Dink net aan al die prostitute. Prostitusie is tog seker ook ‘n “culture”.

Alet ·

Ook daaraan gedink as die dames hulle tradisionele velle begin dra met niks bo nie. Gaan hulle dan ook so toegelaat word?

anko ·

Wonder ook. Met die omdraai op die video is die kombers oop van voor???? Jammer mens kan nie sien wat hy as ‘n “broek” aangehad het nie

anko ·

Die video wys met die omdraai dat die kombers voor oop is. Obviously was die bestuurder reg wat dit aanbetref dat sy onderklere hom onsedelik blootgestel het

Althes ·

Nou as ñ Zulu meisie kaalbors met net haar lendevelletjie om haar heupe instap in ñ winkelsentrum, mag sy nie geweier word nie?
Sy is tradisioneel aangetrek.

Sobymykoolkop ·

Baie bang die eff laat weer paar mense op hulle rekening ( lees die kliënt betaal eintlik) verder studeer.

Chris dupreez ·

Ek stem saam met die bestuurder, die man was onvanpas geklee of dit tradisioneel is of nie

Astrain ·

Wys van voor…mens moet alle kante van n saak bekyk, daars my kant, jou kant en nou ja…die naakte waarheid…????????????

Cherokee ·

Die sentrumbestuurder het reg opgetree op hom die deur te wys.

Debbie ·

Solank jou liggaam beklee is glo ek nie dit behoort n probleem te wees nie.

Robert ·

Dit is juis omdat sekere dele uitgehang het dat die bestuurder opgetree het.

Yolande ·

Kom EFF waar is julle nou… o wag dit was nie ‘n blanke bestuurder nie.

Yvonne ·

Hierdie was volgens my mening opsetlik gedoen om pravokasie uit te lok

Hennie J ·

Stem 100% met jou saam. Dink net aan die betogings, plundering en klippegooi as dit n blanke sentrumbestuurder was. Partykeer het aa sy bedekte seeninge!

Lola88 ·

Wat het geword van “reg van toegang voorbehou?” Ja, ek stem met die bestuurder, die man was onvanpas geklee om in ‘n winkelsentrum rond te loop. Ek persoonlik sou nie daarvan hou as my kinders blootgestel moes word nie. Ja dis tradisionele klere, maar ook is daar ‘n plek en ‘n tyd vir alles. En die winkelsentrum is nie die plek daarvoor nie.

Misky ·

As ek nou `n nudis is, kan ek mos poedelnakend daar gaan inkopies doen?

Anoniem ·

Stem saam met Misky. Maar indien dit wat uithang nie noemenswaardig is nie, sal die persoon vinnig ‘n plan moet maak om daar weg te kom.

dada ·

En volgende keer loop iemand in ‘n Zulu of Khoisan uitrusting in – sal dit ook okay wees, want dis nog meer kaal? Wonder maar net

Sandra ·

So ek, as nudis maag ook in my Eva’s gewaad die winkel in aar? Dis mos my reg, of hoe?

Jacques ·

Ou oorlede Beau Brummell sou seker sy reg ook wou uitoefen..

Moedeloos ·

Die laaste sin van die berig is die belangrikste deel van die berig. Het die bestuur nie dalk klagtes gekry van ander klante in die sentrum en opgetree nie.

Malan ·

Ai, die fyngevoeligheid van die mense. As ek die deur gewys word omdat ‘n winkel of sentrum nie van my kleredrag hou nie, dan draai ek om en gaan spandeer my geld by iemand wat hou van my kleredrag. Hoekom is die mense so “petty”?

Hoekom ·

Die laaste sin vertel die hele storie.

Maar Redefine moes net kans kry om te praat “In die verlede…blah, blah, blah…”

Gert ·

O wee as die bestuurder blank of lig van kleur was het hulle die plek afgebrand

Jr ·

So nou is dit reg as n swart vrou in die sentrums met kaal borste rondloop. Dis mos hulle tradisie. Ridiculous. This I guarantee you was deliberately done to intimidate Clicks again. Ek dink Clicks is nog eier op juju’s se gesig en hy kan dit nie vat nie.
Aspris gedoen

Jr ·

Nou gaan Clicks onderhandel om studente vrye kondoms te skenk vir 5 jaar

Jr ·

If it was a white mall manager , was die winkel lankal afgebrand en geplunder en ou tannies aangeval. Maar ja wat n sirkus. Ons het vir julle gêse moenie onderhandel met die eff, ing coca cola bottels

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.