
In ʼn video van die voorval op sosiale media is dit duidelik hoe die motor teen ʼn hengse spoed deur die grensmuur bars [Foto: Port Elizabeth Traffic Updates. Facebook]
In ʼn video van die voorval op sosiale media is dit duidelik hoe die motor teen ʼn hengse spoed deur die grensmuur bars en die bestuurder uit die voertuig geslinger word en in die swembad beland. Die video wys hoe die motor op sy kant op die rand van die swembad tot stilstand kom. Toetse deur die polisie wys ook die man het nie onder die invloed van drank bestuur nie.
Port Elizabeth Traffic Updates het in ʼn inskrywing op Facebook gesê die huiseienaar het die bestuurder daarna uit die swembad gehelp.

Die bestuurder het nie ernstige beserings opgedoen nie [Foto: Port Elizabeth Traffic Updates, Facebook]
Volgens die inskrywing het die motor op die N2 in Blouwaterbaai gery toe die ongeluk plaasgevind het.
Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig geen saak word ondersoek nie.
“Daar is nie ʼn saak van roekelose of dronkbestuur aanhangig gemaak nie nadat polisielede op die toneel was en die bestuurder vir dronkbestuur getoets het,” het Beetge gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
Ek sou sê as hy met ‘n hengse spoed deur die muur gejaag het, sou dit juis roekelose en/of nalatige bestuur wees. Die huis met die swembad is tog in ‘n woonbuurt?
Natuurlik is dit nalatig en spoedgrens is natuurlik oorskry. Iemand is te lui om hulle werk te doen Kapt. Beetge.
Roekeloos en nalatig sou ek se moet beslis hier ondersoek word, want daardie man het beslis nie stadig gery nie. Iemand weet nou weer duidelik nie HOE om sy/haar werk te doen nie.
Geen roekeloos of nalatig? Sjoe, skrikwekkend as hulle dit goedkeur
Geen saak word ondersoek nie. Die bestuurder is seker van die “regte” ras en die huiseienaar is seker van die “verkeerde” ras. Dis mos maar hoe dit gaan in dié simpel SA met die 2 stelle reëls…