Bestuurder jaag glo weg toe hy tiener doodry

Luke Prinsloo is Maandag deur die minibustaxi getref. (Foto: Rehoboth Playschool/Facebook)

ʼn Minibustaxibestuurder het Dinsdag in die hof verskyn nadat hy glo ʼn tiener doodgery en van die toneel af gevlug het.

Die 30-jarige bestuurder het na bewering Maandag die 14-jarige seun van sy fiets afgery en versuim om by die ongelukstoneel stil te hou.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê Luke Mathew Prinsloo het om 17:15 met sy fiets op die Van der Kempkloof-brug in Stanfordweg, Gqeberha (Port Elizabeth), gery toe ʼn minibustaxi hom getref het.

Luke het weens die impak van die botsing aan sy besering beswyk, terwyl die bestuur weggejaag het.

“ʼn Lid van die publiek het daarin geslaag om die minibustaxi se nommerplaat neer te skryf,” sê Naidu.

Die polisie is na die toneel ontbied en die registrasienommer is aan hulle oorhandig.

“Die eienaar van die minibustaxi is later gekontak en hy het die bestuurder van die spesifieke voertuig aan die polisie oorhandig.”

Beamptes het die man in hegtenis geneem waarna hy Dinsdag op aanklag van strafbare manslag in die Gelvandale-landdroshof verskyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JohanR ·

Dit is nou ‘n lekker gewoonte in Suid Afrika. As hy die jong seun getref het en was gesuip, dan jaag jy weg van die toneel, gaan word nugter waarna jy ‘n paar uur later aan getree is, Selfs word bloed getrek sal die ure na die gebeurtenis niks wys nie.

Mariana ·

Hoeveel mense moet nou nog sterf as gevolg van taxi’s wat soos varke ry? Die kind is 14jaar oud. Simpatie aan sy familie.

marisa ·

Sluit hom toe en gooi die sleutel weg!! ‘n Lewe beteken niks vir hulle nie!!

Genis ·

Taxi’s is n nagmerri orels… I Pretoria veral die Moot, ry hulle in die amkomende verkeer, waat is die Metro… geen sig… veral in die sogenaamde beurt krag…. Hulle ry ook sommer deur die motorhawens en druk orals in…

Harley Davidson ·

Hulle doen net wat mense hulle toelaat om te doen.

Baardman ·

Met opset. Net ons geld is goed genoeg, ons lewens tel niks

Wielspore ·

Die meerderheid taxis word deur invloedryke mense besit en ook onder meer lede van die SAPS. Wette is nie bestuurders gemaak en die eienaars maak planne met die boetes en oortredings, bose kringloop.
Koop vir jou ‘n groot voertuig met ‘n fris bullbar en forseer die verkeers wette af.

FJ ·

Plaaslik was daar so ‘n persoon. Ou Amerikaanse bakkie met linkerhand stuur, dubbel agterwiele. Doelgemaakte staal buffer voor. Die taxies het afgetrek as hy aankom.

Hannelie ·

Taxi’s bly ‘n gevaar op die pad en elkeen maak soos hulle wil. In die verlede was daar niks fout met ons openbare vervoerdienste nie. Hierdie is die regering se skuld a.g.v. van vlak denke wanneer dit kom by die welstand van die gewone burger.

LeanetteS ·

STRAFBARE MANSLAG!!! Gmmfff!!! Dis moord, niks anders!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.