Bestuurder nog soek ná fietsryer se dood

Andrew Randall. Foto: Facebook

Huldeblyke stroom in vir die fietsryer wat Vrydag dood is nadat ʼn motor vroegoggend op die R55 in Centurion in ʼn groep fietsryers ingeploeg het.

“Hy sal gemis word,” het Tracy Randall aan Centurion Rekord gesê na die dood van haar man Andrew. Die pa van twee is op die toneel dood verklaar.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het intussen gesê die bestuurder van die motor, wat na die voorval van die toneel gevlug het, is nog nie in hegtenis geneem nie. Moloto het bevestig die identiteit van die bestuurder is aan die polisie bekend en dat die polisie werk daarvan maak om die bestuurder op te spoor.

Annemi Kapp het vroeër met Maroela Media oor die voorval gepraat. “Ek het ’n baie harde slag gehoor, toe iemand wat skree. Ek het die motor teen my been gevoel en toe het ek deur die lug getrek.”

Volgens Kapp het dié groep van sowat 18 fietsryers die oggend om 05:00 in die pad geval om 100 km af te lê. “Ons ry juis altyd daardie pad omdat dit ʼn dubbelpad is en ʼn breë skouer het,” sê sy.

Sy vertel dat die Toyota Tazz van agter gekom het. “Hy het letterlik bo-oor en deur ons gery. Daar is nie ʼn manier dat hy ons nie gesien het nie. Ons was in die geel streep en het almal voor- en agterligte op ons fietse gehad. Ons het soos ʼn Kersboom gelyk.”

Die ongelukstoneel op die R55. (Foto: Verskaf)

Volgens Kapp het die ongeluk om 05:30 gebeur. “Ek weet ek het op my horlosie gekyk toe ek die eerste ambulans gebel het. Dit was 05:35.”

Kapp vertel dat sy alles van die slag kan onthou en dat die bestuurder geensins remme aangeslaan het toe hy die groep fietsryers tref nie. Hy het deur die groep gejaag waarna hy oor twee bane wat in die dieselfde rigting loop, gery het en teen ’n versperring tot stilstand gekom het.

“Daar was die koue stilte. ʼn Stilte voordat almal tot verhaal gekom het.” Kapp het ’n sny aan haar kuit, ’n stamp teen haar kop en ’n gekneusde heup in die voorval opgedoen.

“Andrew het agter gery en die meeste van die impak gevat. My verloofde het saam met hom agter gery. Ek het soontoe gehardloop, ek het gedink dit is my verloofde wat daar lê. Toe ek nader kom, het ek gesien dis Andrew. Hy het nie asemgehaal nie en geen polsslag gehad nie,” vertel sy.

Die motor wat die bestuurder agtergelaat het op die R55. (Foto: Verskaf)

Kapp het Randall goed geken. “Ek sê altyd mense wat nie fietsry nie sal nie verstaan hoe hegte familie ʼn mens raak nie. Andrew het ʼn wonderlike manier gehad om met min woorde baie te sê,” onthou sy. “Hy het baie van ons gered. As dit nie vir hom was nie…”

Sewe beseerdes, onder andere Kapp se verloofde, is na hospitale geneem vir mediese behandeling. Haar verloofde sterk tans in die waakeenheid van ʼn hospitaal aan. Hy het reeds sy bewussyn herwin en sal na verwagting ten volle herstel.

“Ek dink ʼn mens besef eers [die impak] as jy al die ander families in die hospitaal sien. Jy sien dan die hartseer in almal se gesigte. Om net aan jouself te dink, kry jy nie die volle scope van die situasie nie,” sê Kapp.

Maroela Media het vroeër berig ʼn passasier in die motor is ook in die voorval beseer en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

AmY ·

My innige simpatie aan sy familie en vriende.
Hulle behoort seker by nou al te weet wie hy is deur sy regnr?
Dit laat my dink; het hulle al die man opgespoor wat in die gesin ingeploeg, en almal dood gery het?

Hanna Hoekom ·

Ongelukkig nie. Hy is seker ook al lankal oor die grens… Baie hartseer! Daardie jong man wat in Centurion op die hoofweg in 2018 doodgery is, se Ma moes maar self die bestuurder van die voertuig mbv privaat fondse en speurders vang. Sekere mense kom blykbaar met moord weg.

Muffin ·

Weg hardloop is nie n oplossing. Vang sal hulle hom vang en vererger hy net sy probkeme. Pleks hy probeer help.

Publiseer trapper se bakkies ·

Publiseer eenvoudig die kar se eienaar se bakkies en adres, hoe moeilik kan dit wees om n moordenaar vas te trek inkompetent regsisteem?

AmY ·

Askuus, ek sien nou die man se identiteit is reeds aan die polisie bekende.

willem Botha ·

Nou word daar geondersoek maar ek is seker die verklaring van die getuies is nog nie geneem,die vingerafdrukke op die stuurwiel is nog nie geneem om n goeie saak in die hof te hê, want dit is daar waar die monitering ondersoekers wat hulself polisie noem altyd platval en die skuldiges vrygespreek word.

Tragedie ·

Motor aan die verkeerde kant. Wonder of die bestuurder nie onder die invloed van drank was nie? As dit was, sal ook nie kan bewys word nie.

Eben P ·

Dink die man is lankal terug in Zim Die volgende gaan polisie vra ons moet help soek terwyl hulle paas broodjies eet.

humor ·

Miskien onder invloed van drank of miskien totaal verblind vanwee rassehaat wat spruit uit pollitieke opsweeping tydens vergaderings.

J ·

Innige simpatie met hierdie ongeluk en lewensverlies. Dis tragies dat nog ‘n huis van ‘n pa-figuur beroof is.

Wat ek nou gaan sê is ‘n blote veralgemening en geensins op hierdie artikel gemik nie. Dis net ‘n algemene waarneming:

In hoe ‘n mate neem fiets- en motorfietsryers regtig hulle eie veiligheid in ag voor hulle op ‘n roete besluit? Bv:

Is dit verantwoordelik om voor sonop op ‘n fiets te wees op ‘n vinnige of ‘n nou pad?
Is die skouer van die pad breed genoeg (minstens 1,2m) om fietsryers billik te akkommodeer, en wat is die spoedgrens?

Fiets- en motorfietsryers (en voetslaners) moet van hulle kant af ekstra bedag wees op hulle eie veiligheid juis omdat karre vinniger en groter as ‘n fiets (of ‘n mens) is.

Baie mense het ‘n houding van: “ek het ook ‘n reg om hier te loop/ry en basta: die karre moet maar net uitswaai vir my”.

Dis waar. Maar dis lewensgevaarlik om met ‘n kar te kompeteer.
Natuurlik is karbestuurders ook baie kere onverskillig, en juis daarom moet daar regtig meer bane gebou word wat spesifiek vir fietsryers is waar hulle veilig kan oefen sonder om met karre te kompeteer vir spasie.

Sê net ·

Wil net byvoeg dat nie een van die duur fietse wat op die paaie is aan die minimum reels van padwaardigheid voldoen nie. Ligte reflektors, modderskerms ens. Hier en daar het een ‘n flikkerled of ‘n reflektor op ‘n pedaal, maar sovêr ek weet het die padwaardigheids vereistes op fietse nie verander nie. Help my reg as ek verkeerd is.

Francois ·

Jou kommentaar is onvanpas. Lyk my jy kritiseer eers voor jy lees. As jy daar gelees het sou jy gesien het die berig se hulle groep het soos n kersboom gelyk met al die reflector liggies ens…

anton ·

J…..ek dink nie dat motorfietsryers so lekker inpas by jou storie nie.
Die res, wel moontelik ja.
Feit is dat daar heeltemal te veel onbevoegde motoriste op ons land se paaie is en wat nooit eers n motor moes besit het nie.
Dit gaan ook nie beter word nie.

Alida ·

5 uur soggens op n vakansiedag is die paaie stil. Net n dronk of besete maniak ry aan die verkeerde kant van die pad.

Sirkus ·

Alida, dalk moet jy die berig weer mooi lees. Medelye aan familie en vriende en dink aan die fietsryers wat beseer is.

Helena. ·

Ek het baie simpatie met die fiets ryer se familie en ook die beseerdes..dis n onskuldige wat n duur prys betaal. Kan dit wees dat n minderjarige dalk agter die stuur was omdat die passasier onder die invloed was? Dis vroeg oggend maar dis moontlik. Ek glo dis nie pad woede nie dis onkunde..mag die derduiwel gevang word en baie gou ook.

Eben ·

My simpatie aan mede fietsryers en familie.

Jammer om te sê dat, indien dit ‘n boer was wat ‘n onwettige imigrant is doodgery het, dan was hy lankal van moord aangekla. Die SAPD en Nasionale Vervolgings Gesag het nie lankal nie meer die wil om witmense te beskerm nie. Ek hoop mense stem vir die polutieke party wat minderhede besketm.

Gert van Wierdapark ·

Reeds gister gese – ‘n goeie Beloning sal help om die tref-en-trap moordenaar uit sy wegkruipgat kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.