’n Bestuurder van ’n vragmotor wat olie vervoer, het ’n noue ontkoming gehad toe die vragmotor aan die brand geslaan het ná hy glo beheer verloor het daaroor.
Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Saterdagaand omstreeks 22:00 op die N3 tussen Nottinghamweg en Mooirivier plaasgevind.
“Die bestuurder, wat in sy veertigs is, het geringe beserings opgedoen ná hy glo beheer verloor het oor die vragmotor wat sonneblomolie vervoer, en dit in ’n veld ingery en tot stilstand gekom het. Dit het daarna aan die brand geslaan,” het Siddall verduidelik.
Volgens Siddall het hulle die man in die veld langs die brandende vragmotor aangetref met ’n brandwond aan sy hand. “Hy het geweier om na ’n hospitaal vervoer te word.”
Die polisie ondersoek die voorval.