Bestuurder steel glo duisende by Kaapse hotel

Foto: http://hotelverde.co.za/

Foto: http://hotelverde.co.za/

Die bestuurder van ʼn restaurant in ʼn luukse Kaapse hotel het Donderdag in die hof verskyn in verband met aanklagte van diefstal wat duisende rande beloop.

Kavir Maharaj staan tereg op sewe aanklagte van diefstal, waarby altesaam R53 376 betrokke is, wat hy na bewering tussen Januarie en Julie verlede jaar by die Cape Verde hotel in Kaapstad gesteel het. Maharaj het in die spesialishandelsmisdaadhof in Belville voor landdros Sabrina Sonnenberg verskyn.

Hy is glo vasgetrek toe die hotel se sakebestuurder verdagte transaksies op die restaurant se transaksiestelsel opgemerk het, almal aan die einde van die dag wanneer die werknemers skofte geruil het. Beeldmateriaal het glo gewys hoe Maharaj die stelsel manipuleer en dat hy teenwoordig was toe gepeuter is met die papierwerk van die kasregisters.

Adv. Gertrude Magopeni, die staatsaanklaer, het gesê Maharaj het kontantbetalings vir minder as die werklike bedrag op die stelsel aangedui en die res van die kontant vir homself gehou.

Die saak is tot 25 Julie uitgestel, wanneer Maharaj na verwagting gevra sal word om op die aanklagte teen hom te pleit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

nig ·

Dink sulke skelms regtig daar is nie kameras wat hul afneem nie of dat iemand dit nie gaan optel nie?

Eugene ·

Goeie voorbeeld en leerskool wat onse liewe selfverrykende en korrupte “leiers” (lees dalk eerder lyers) daar stel…dus, die man het net die voorbeeld gevolg en homself verryk uit ander se harde werk.

Lekker man…..lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.